Etzebeth ontken enige oortreding tydens bakleiery buite kroeg

Eben Etzebeth. Foto: Twitter

Die Springbok Eben Etzebeth ontken dat hy enigiemand aangerand of rassistiese aanmerkings toegesnou het tydens ʼn bakleiery buite ʼn kroeg in Langebaan aan die Weskus.

Die polisie het bevestig hy ondersoek die voorval wat Saterdagaand plaasgevind het.

“ʼn Klag van aanranding is aanhangig gemaak in verband met die voorval,” het sers. Noloyiso Rwexana, woordvoerder van die polisie, bevestig.

“Daar word beweer dat ʼn argument tussen twee groepe ontstaan het. Daar is mense wat beseer is en na ʼn hospitaal geneem is behandeling.”

Volgens Rwexana is die ondersoekbeampte besig om verklarings van die betrokke partye te kry en is niemand nog in hegtenis geneem in verband met die voorval nie.

Op sosiale media het nuus oor die bakleiery soos ʼn veldbrand versprei met ʼn vrou wat beweer het dat haar vriend deur ʼn groep mans aangerand en rassistiese aanmerkings toegesnou is.

Volgens die vrou het die mans glo gesê hulle is “hotnotte”. ʼn Video met kru-taalgebruik word intussen ook op sosiale media gedeel. Etzebeth word in plasings op sosiale media gekritiseer dat hy glo niks gedoen het om die bakleiery stop te sit nie al was hy glo nie self daarby betrokke nie.

Etzebeth het intussen op sy Facebook-blad op die bewerings gereageer.

“Dit is heeltemal onwaar en ongegrond om te beweer dat ek iemand in Langebaan fisies of rassisties mishandel het, soos op sosiale media berig word. Verskeie getuies kan dit bevestig,” het Etzebeth gesê.

“Ek is en sal altyd daarna streef om ’n ware ambassadeur te wees vir hierdie pragtige reënboognasie en die sport wat ek liefhet.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

38 Kommentare

Erick ·

Hoekom moes Eben nou tussen beide tree om ‘n groep dronk mense uit mekaar se hare te hou. Menige wat dit gewaag het is al noodlottig beseer.

Ai tog ·

Ai tog hoekom moes Eben Etzebeth nou tussenbeide getree het? As hy het sou dit ook nie goed gewees het nie, dit is tog waarom daar uitsmyters by ‘n kuierplek is. Klink of hy net betrek word omdat hy ‘n bekende sportman is.

wilma ·

Dit klink vir my asof kuierplekke deesdae in oorlogsones verander.

Johan ·

Die sogenaamde “slagoffers” is nie altyd so onskuldig nie. Deur ‘n bekende Springbok te betrek weet die “slagoffer” dat hy maksimale mediadekking gaan kry…. Miskien gee die ANC sommer vir hom ‘n huis ook!

Andre ·

Mooi so……bly weg van sulke goed…..anders spat dit op jou.

Helene ·

Heksejag!! Dit sal nooit end kry nie. En hoekom moes hy nou tussenbeide tree! Dit raak nou absurd!

Corrien ·

Eben is ‘n ambassadeur vir die reenboognasie, pragtig waar het dit ons gebring? Die uitkomste lyk nie goed nie. Maar wat soek hulle in die kroeg?

Werner ·

Weet nie op watter planeet hy bly nie niks is pragtig aan hierdie gemors wat mense n reenboog nasie noem nie

Ursula ·

Wel ons weet verseker hy was nie betrokke nie anders sou hulle veel erger af gekom het. En om betrokke te raak met so iets ly net tot moeilikheid.

David Potgieter ·

Nou verstaan ek nie? Hoekom moes Eben inmeng om die bakleiery stop te sit? Sou hy dit doen, raak hy betrokke en dan maak hyhomself skuldig. Eben is ‘n rugby speler en ‘n goeie ambassadeur vir die Bokke. Hy is nie ‘n vredesbeampte nie. Die wat dink hy moes inmeng om die bakleiery te stop moet wakker word. Welgedaan, Eben, dat jy jou “COOL” gedra het.

Stefan ·

Die polisie tree nie eers tussenbeide met onluste nie.Hul neem net waar.Hoekom moet hy dan inmeng

Niklaas ·

Ek is verbaas dat die minister van sport nog nie enigiets gesê of gedoen het nie. Dis mos een wonderlike geleentheid vir publisiteit. Bekende figure in sport , vermaaklikswereld , politiek moet nie betrokke raak in sulke voorvalle. Die media sal dit aangryp want dis nuus en die media is kragtig en kan jou ophef , maar net so maklik vir jou breek. Dit gebeur maandeliks.

Penelope ·

Oh my word, arme Eben…. Dit klink so of dit weer ‘n “cry wolf” storie is met rassisme. Dit is heel waarskynlik iemand wat probeer kwaadstook sodat Eben sy plek in die Springbokspan verloor. Dit is die polisie se werk om sulke situasies te hanteer, hoekom vir Eben kritiseer omdat hy sy eie ding gedoen het, Die ou storie raak afgesaag…..

anoniem ·

Al wat ek weet die mense wat betrokke was,was van sy familie.

André ·

Langebaan lyk na’n resep vir konfrontasie. Daar gebeur net te veel dinge daar. Geld koop nie noodwendig styl nie. Te veel mense, te min ruimte en te min respek. PS. Etsebeth was dalk aanwesig, maar om hom te blameer vir ander se gedrag is absurd. Party mense stel hul bloot aan vervolging.

TJK ·

Meng jou met semels, dan vreet die varke jou!
Eben het reg opgetree.

Karl ·

Eben hoef NIKS te doen om n bakleiery tussen 2 gesuipte groepe te stop nie, dan word hy beseer en kan nie RWC toe gaan nie? Snaaks hoe die “rassistiese” aanmerkings nooit op video is nie. Die H woord is darm nog nie onwettig nie.

Ursula ·

Louw, dis rugby, dis rof. Jy sal nie verstaan jy is net sterk op jou keybord

Dries ·

Dit maak my siek hierdie veroordeling van Eben. Maklik om sensasie daar te stel waar ‘n Springbok sogenaamd betrokke was. Hoekom sal n ou sy deelname aan die WB in gevaar stel net om n paar vuishoue in te kry? Hy weet mos hoe streng hulle is op goeie gedrag. Dis net weer mense wat nou genot daaruit put om n bekende speler se naam in gedrang te bring.

Se maar net ·

As ek Eben was het ek jou aangekla vir naamskendinding. Wie gee jou die reg om so van iemand te praat as jy hom nie ken nie.

Vyf sent ·

Wel, ek is nie ‘n rugby kenner nie (GLAD NIE) maar het al van Eben se humeur en gedrag op TV gesien en gehoor. Soooo, ‘n saak het altyd twee kante. My persoonlike opinie, as ek my lewe in die kollig gehad het, het ek my nie betrek by ander se onderonsies nie. Jy plaas dan juis die kollig nog sterker op jou.

A ·

Al gehoor van die familie se humere.2 uur oggend. Hang hom op da is genoeg slotte

Patch ·

@Ursula, goeie antwoord aan Louw. Ek nou breed geglimlag oor daardie een. Wonder of Louw al ooit rugby gespeel het…

Frans uys ·

Niemand weet of Eben iets gese het of gedoen het nie, nou kry ons mense wat hom klaar oordeel oor hulle persoonlike gevoelens oor hom, kommaan mense, hy is van die beste slotte wat ons al gehaad het. Los julle persoonlike gevoelens bietjie uit die storie, wees bietjie die mindere, en hoop en ondersteun hom

DS ·

Welgedaan Eben dat jy nie betrokke geraak het nie. Om rugby te speel gee jou ‘n totaal ander persoonlikheid op die veld en af van die veld het jy gewys jou testosteroon vlakke is normaal en nie soos ander rugbyspelers net reg vir’ n fight af van die veld nie. Ek skreeu nie vir jou of jou span nie maar ek is trots op jou dat jy nie betrokke geraak het nie. En al was dit jou familie wat baklei het wat maak dit saak – JOU naam is skoon – ongelukkig kan ons nie ons familie kies nie ;)

Andre ·

Wel gedaan Eben, moet jou nie met die semels meng nie, jou kritici sou so graag wou he dat jy betrokke moes raak.

Buffel ·

Met waste mense vereenselwig hy hom terwyl hy eintlik op pad is WC toe ? Kon maklik anders uitgedraai het. Lyk my die WP spelers is maar van ‘n tipe af. Scarra is ongeskik met baljoggies nou die insident.

Bekommerd ·

As Eben vir die BB gespeel het sou Rassie hom lankal gepos hetvoor die werklike uitslag bekend is.

Rinkhals ·

Daar was ‘n bakleiery hy het iemand geslaan en rassistiese aanmerkings gemaak. Dit gaan uitkom en hy gaan bly. Watch this space. Dronk ouens het sy kar(Mustang, wat anders?) met ‘n baksteen gegooi voor ‘n kroeg half drie die oggend toe boks hulle bietjie. Een van sy vriende wat te dronk was om te loop is met ‘n mes gesteek en moes hospitaal toe.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.