Etzebeth-saak: MRK reageer nog vóór klaers verklaring aflê

Adv. Buang Jones, hoof van die MRK se regsafdeling. (Foto: Twitter)

Adv. Buang Jones, hoof van die Menseregtekommissie (MRK) se regsafdeling, het bitter min inligting oor die Eben Etzebeth-saak gehad toe hy sy omstrede uitlatings op Langebaan gemaak het nie. Dit is omdat die klaers eers ʼn dag later beëdigde verklarings by die MRK afgelê het.

Maroela Media het die beëdigde verklaring van Enver Wilsnach onder oë gehad. Wilsnach beweer Etzebeth het hom in Augustus buite ʼn restaurant op Langebaan die h-woord toegesnou. Die verklaring is eers op 4 Oktober op Langebaan onderteken. Die aand voor dit, op 3 Oktober, het Jones tydens ʼn gemeenskapsvergadering op Langebaan gesê die MRK wil van Etzebeth “ʼn voorbeeld maak”. Jones het sy uitlatings op inligting in bogenoemde beëdigde verklarings baseer.

“Ons gee nie om oor iemand se prominensie in die samelewing of hul agtergrond nie. Die feite voor ons in die verklarings wat ons tot dusver afgeneem het, wys daar is ’n saak vir Etzebeth om op te antwoord,” het Jones dié aand gesê.

Nou blyk dit dat Jones inderdaad nié al die feite gehad het toe hy hierdie uitspraak gemaak het nie en dat geen verklarings voor 4 Oktober ingedien is nie. Volgens die verklaring eis Wilsnach dat die Bok-slot hom R350 000 se skadevergoeding betaal en dat Etzebeth hom in die openbaar om verskoning vra.

werner-human-solidariteit-adjunkbestuurshoof

Werner Human, Solidariteit se adjunkbestuurshoof. Foto: Verskaf.

“Dit wil voorkom of die MRK haastig was om inligting oor die saak in die openbare oog te kry en in dié gejaagdheid foute gemaak het,” sê Werner Human, adjunkbestuurshoof van Solidariteit. “Hierdie uitlatings wys duidelik dat Jones bevooroordeeld was in die saak, veral aangesien hy nog nie die verklarings gehad het nie,” sê Human. Human sê die tydsverloop in die saak is ook problematies. “Die voorval het al in Augustus plaasgevind. Die MRK het dus eers sewe weke later aangedui dat hulle die saak ondersoek. Die kommissie is heeltemal binne magte om dit te doen, maar dit is nie ideaal vir die akkuraatheid van getuienis wanneer soveel tyd verloop het nie,” sê Human.

Solidariteit eis dat die MRK hul aan die saak onttrek, omdat hulle duidelik bevooroordeeld was. “Dit maak nie saak wat daardie aand gebeur het tussen Eben en sy vriende en die klaers nie, wat saak maak is dat die MRK se beeld en objektiwiteit ten opsigte van die saak nou geskend is,” sê Human. In ʼn brief aan die MRK eis Solidariteit dat die status van die ondersoek na Jones bekendgemaak word en dat die MRK bevestig dat Jones die nodige magtiging gehad het om namens die kommissie teen Etzebeth op te tree, sou hulle dan besluit om nié aan die saak te onttrek nie. Die MRK het nog nie op Solidariteit se skrywe gereageer nie.

Eben Etzebeth het die span in Siya Kolisi se afwesigheid gelei. Foto: GB Jordaan.

Die MRK het vroeër die maand aangedui dat hulle Jones se uitlatings afkeur en het ʼn ondersoek na sy uitlatings van stapel gestuur. Die kommissie het egter nog geen woord oor dié ondersoek gerep nie.

In ʼn verklaring Dinsdag het die Afrikanerbond ook gekla dat hulle geen terugvoer kry vanaf die MRK oor ʼn klag wat húlle teen Jones gelê het nie. “Dit is nou meer as drie weke sedert ons die klag teen Jones gelê het. Ons is van mening dat die MRK meer as genoeg tyd gehad het om die klag te ondersoek en ʼn bevinding te maak,” lui die verklaring. Die MRK is van mening dat Jones die uitsprake gemaak het ten einde sy kanse te verbeter om as adjunk‑ openbare beskermer gekies te word. Maroela Media het verlede week berig dat Jones op die kortlys is vir dié posisie.

Dit is ook nog nie duidelik of die MRK Etzebeth se hofaansoek, om die MRK se klag in die gelykheidshof tersyde te stel, gaan teenstaan nie.

Gushwell Brooks, die MRK se woordvoerder, het Dinsdagmiddag, ongeveer ʼn week nadat herhaaldelike navrae oor bogenoemde bewerings aan die MRK gestuur is, gereageer. Volgens Gushwell is die navraag aan die uitvoerende hoof van die MRK gestuur om te beantwoord, en sou hy laat weet sodra hy terugvoer ontvang. Maroela Media sal hierdie terugvoer publiseer sodra dit vanaf die MRK ontvang word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

53 Kommentare

Genieve ·

Haastige hond verbrand sy mond Jones ken jy dan nie die gesegde nie.

Anton ·

Mnr Eben Etzebet kan n teen eis vir naamskending le.
Waar kom die uitdrukking geregtiglikheid
Vandaan.? Hierdie saak is n dood gebore Vendetta!

fish ·

Gaan Mnr Jones Eben se skade aan sy mustang betaal. Sover ek verstaan het hulle sy mustang gegooi met ‘n klip toe spat die gemors. Vir elke reaksie is daar gelyke teenoor reaksie.

HESTER ·

So daar was nog nie eens verklarings afgelê toe Jones sy uitlatings gemaak het nie, en hy is op die kortlys vir adjunk openbare beskermer, wat sê dit vir ons . Hy is bevooroordeeld. Na 3 weke het die MRK nog nie op die Solidariteit se brief geantwiortd nie, hy in nie opgewasse vir die pos nie. Nou is Jones tjoepstil. Hoekom?

Robert ·

Hy is bevooroordeeld , maar noem hom sommer ń rassis……

lh ·

Sy mond is te groot vir sy gesig. . .
Vader behoed ons as hy die pos by die OB ook nog moet kry!

KrokodilBotha ·

Jones is so haastig, hy kyk nie uit vir die piesang skil nie.

JohanDdT ·

Interessant nogal. Wanneer is die foto van die perd wat na bewering aangerand was geneem?

Anerbruinou ·

Bryun ou, Wat verstaan jy nie as ons probeer verduidelik dat dit nooit gebeur het nie, dit is n vals aanklag, verstaan jy nou?

Piet ·

Hier bly ons in ‘n land van los kanonne.
Mr Mphithi
Mr Jones
Mr Lesufie
Almal praat voor hulle breine in rat is.

legens ·

ek glo stellig die datum is verkeerd aangeteken deur die polisiebeampte . dit gebeur gereeld .

Estie ·

Dit lyk vir my eerder asof dit oor die geld gaan as oor enige iets anders. Wie wil nou werk as jy sommer so R350 000 kan maak. Dis ‘n sirkus en met daardie das van hom lyk hy baie naby aan ‘n hanswors!

JohanR ·

En die ou Buang Jones se naam is nou op die kort lys vir Adjunk Nasionale Direkteur van Openbare Vervolging. Dog met die nuwe hoof van die NVG gaan dit darem bietjie vorentoe, en dan is die ou op ‘n kortlys as haar adjunk!

Ig ·

Ek dink hy is op die kortlys vir Adjunk Openbare Beskermer. Hy en Mbekwane saam sal vir groot sports sorg.

eugene ·

Ek nou net gelees dat die finaal op SAUK gewys gaan word 11 uur Saterdag. So ook die 3de uitspeel wedstyd.

Budgie ·

En ek het gelees oor droogte in die noorde van die land. Ek dog ons praat oor die MRK? Lekker dag.

Leser ·

Vra vir Lusifi om spot the vlag te speel!!!!

Hierdie mrk ouens gaan sleg tweede kom.
Waar is hulle breins? Het dit seker weggegee of verkoop.

Dries ·

Hulle het n rukkie terug in die sondag rapport n prent in gehad van die klomp engelse menisters wat in die parlement sit dit was vi my nogal baie snaaks ek het dit gebere

Ivana ·

Ja en so het die 4tjies toe n hele nag gehad om te besluit wat hulle in hul verklarings gaan sê, dis hoekom dit so mooi ooreenstem. In so geval moet die saak uitgegooi word. Hulle met mekaar 10 teen 1 self so dik getik

Jakes ·

Soos alreeds n paar keer oor Jones berig blyk dit dat hy nes Mkwebane onbevoeg is om as enige lid van n organisasie te dien en dat hy eerder die rassis in die verhaal is. As die MRK hom kritiseer dan moet hy regtig n baie swak beeld skep. Hoe van hierdie mense as advokate kan praktiseer los my sprakeloos.

JohanR ·

Jakes…..ek dink jy laat maar net vir jou ‘n naam bord laat maak wat se ADVOKAAT, en plak hom aan ‘n deur, en siedaar, kil jou hier, en kul jou daar!!!

Vintcent ·

MRK is ook ‘n rede waarom howe in SA ‘n klug geword het. Dwing geen respek en eerbaarheid af nie.

Nico ·

Maak van Buang Jones ‘n voorbeeld. Selfs al was die verklarings nog nie beëdig nie, maak jy nie afleidings daaruit nie. Selfs ‘n jong regstudent behoort dit te weet. Ondersoek sy bevoedgheid om in sy posisie te dien.

nnn ·

Ek wil net se as die verklaring nie afgeneem was nie, hoe weet hy van die saak? Kry hy dalk so n ietsie van dir R350

JohanL ·

MM sal nie reaksie uit MRK kry nie. Al die beamptes daar “pass the buck” en sal reageer dat iemand anders sal reageer! Ek het dit eerstehands ondervind nadat ek al 4 keer direk navraag gedoen het by die MRK oor hul ondersoek en uitslag van Mev Barkhuizen se “oortreding”. Die “volledigste” reaksie was dat die MRK besig is met die ondersoek en dat dit binnekort afgehandel sal wees. Daarna het hul reaksie al swakker geword tot ek geen reaksie meer gekry het nie. Nee wat – ‘n spul onbevoegde amptenare daardie.

Willehond ·

Baie mense hier praat van breins ter sprake. Van watter breins praat julle? Ek sien niks behalwe iemand met n koloniale pakkie en hemp aan! En absoluut NIKS verder nie!

Jakes ·

So nousluitende baadjie, pikant. Weerspellend klein man klein brein sindroom. Plus MRK grootste rasse wig.

SêMaarNet ·

As almal maar net die saak ‘n kans wil gee, dan sal daar ‘n balans wees. Wag tot Eben terugkom, sit al die inligting op die tafel, en maak dan ‘n uitspraak.

@se maar net..joke. ·

Dit is juis die problem hul Onbevoegde en rassistiese Buang Jones is so vinnig uit die blokke om alweer die whiteman te bash…feite or the not..you get it ? You understand yet?Dit gaan juis oor hul nie kans gee nie..witman is skuldig nog voor die verhoor…dieselfde ou storie..

humor ·

Jones en Willemse is voels van eenderse vere. Ook sal van hierdie saak niks kom nie. Al het hy hom ook hoe onbevoeglik en as rassis openbaar is hy vir die regering die ediale persoon vir nog n stewige pos, want hy praat en dink soos wat hy dit behoort te doen.

Buang-Buang (shoot from the hip). ·

Net so uitgesproke as wittes betrokke is. Andersom bly hulle doodstil.

SA Liefde ·

Hierdie openlike groot liefde gebare teenoor die wittes is lankal chronies in die hool. So bly ons gesin is nie meer deel daarvan nie.

W ·

Klomp clouns. As n witman n klagte lê, word daar niks gedoen nie soos teen SAPS n klomp.gat gabbas.

aj ·

Verplig hulle om die “lêer” van Elana oop te stel deur die wet m.b.t. “Access of information!”

Ek is bevrees hulle “BERG het aan ‘n muis geboorte geskenk”!

Christa ·

Natuurlik is Hy n rassis Al is Hy n regsgeleerde. Die ANC wemel van rassiste.

Bossie ·

Ek dink die saak gaan maar net so gelos word want die All Blacks “feature”mos nou nie meer nie??

Harry ·

Net ou Snorre sal in hierdie stadium nog die MRK en Jones ondersteun, want hy het duidelik baie skuldig gevoel oor die berugte woord wat glo gespreek is. Wonder of hy die wedstryd hierdie naweek gaan kyk, want miskien herinner Etsebet hom weer aan daardie woord?

Adam ·

Dit is uiters moeilik om tot enige ander gevolgtrekking te kom as dat Etzebeth uitgesonder word bloot agv die feit dat die “slagoffers” dink dat hy baie geld het. Totale belaglike storie waarop daar werklikwaar nie nog staatsgeld verkwis kan word nie.

Belasting ·

Waarom betaal ons belasting om so heeltyd vervolg te word? Is dit nie ons eie skuld dat ons dit toelaat nie?

danie ·

Nou kan enige iemand nou vir my `n rede gee hoekom ek al die ander kleuriges wat in instansies aangestel word om ons witmense te veroordeel te vertrou. Die mense hou nie van ons nie en sal altyd hul eie idiologiese en rasse oordeel eerste stel. Ons sal maar moet begin opstaan en baklei vir ons regte. Hierdie mense neem geen waarheid in ag wanneer hulle ons so onderdrul nie. Dit is duidelik.

Maljan ·

Die mrk moet n voorbeeld van hang mines maak en hom en sy pakkies en vrolike dassie ontslaan. Die belasbetaal mos sy salaris

Maljan ·

Die mrk moet n voorbeeld van buang mines maak en hom en sy pakkies en vrolike dassie ontslaan. Die belasbetaal mos sy salaris

Pieter Schoombee ·

Eis ‘n openbare verskoning en R1 miljoen aan skadevergoeding van Buang Jones. Ook van die MRK.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.