Etzebeth-sage: SA Rugby sal ‘gepaste stappe’ doen

Eben Etzebeth. Foto: Twitter

SA Rugby het onderneem om sy volle samewerking te gee in die ondersoek na Springbok Eben Etzebeth.

Hy was glo deel van ʼn groep mans wat betrokke was by ʼn bakleiery buite ʼn kroeg in Langebaan aan die Weskus in die vroeë oggendure van 25 Augustus. ʼn Man beweer hy is deur ʼn groep mans aangerand en rassistiese aanmerkings toegesnou.

Die saak word deur die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) en die Menseregtekommissie (MRK) hanteer.

“Ons vertrou en glo dat hulle dit deeglik sal ondersoek. Sodra hul bevindings bekend is, sal ons hou by wat besluit word,” het SA Rugby in ʼn kort verklaring gesê.

“Ons staan by ons vroeëre opmerkings dat ons nie dade van geweld of rassemishandeling sal duld nie. SA Rugby sal die gepaste stappe doen sodra die ondersoek en proses afgehandel is.”

Etzebeth het die dag voor die Springbokke vir die Wêreldbeker na Japan vertrek het met verteenwoordigers van die MRK vergader.

Die polisie, in Langebaan en provinsiaal, het intussen aan Maroela Media gesê daar is geen nuwe inligting wat in verband met die ondersoek bekend gemaak kan word nie.

Die polisie het vroeër bevestig ʼn klag van aanranding is aanhangig gemaak in verband met die voorval.

Rassie Erasmus, Springbok-afrigter, het ook voor die Springbokke se vertrek na Japan gesê hulle het intussen nog niks verder van die polisie gehoor oor die voorval nie.

“Ek moet glo wat die speler my vertel, want ons het ʼn verhouding. Ons kan slegs optree wanneer die teendeel bewys word.”

Etzebeth het ʼn dag na die beweerde voorval op sy Facebook-blad op die bewerings gereageer.

“Dit is heeltemal onwaar en ongegrond om te beweer dat ek iemand in Langebaan fisies of rassisties mishandel het, soos op sosiale media berig word. Verskeie getuies kan dit bevestig,” het Etzebeth gesê.

“Ek is en sal altyd daarna streef om ’n ware ambassadeur te wees vir hierdie pragtige reënboognasie en die sport wat ek liefhet.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

85 Kommentare

Boesman ·

Ek glo self in sy onskuld. Wat my vies maak is dat Snorre de Villiers nou vreeslike bohaai hieroor maak, die vent. Hulle (julle weet van wie ek praat) wil altyd baie gou die rassekaart ophaal. Dit het mos niks met Div. uit te waai nie. Jy is wie jy is en so sal dit bly.

Jaco ·

P divvie soek net aandag dis hoekom hy sy mond uitwas. Hoe useless as n coach moet jy wees as selfs Zimbabwe jou Fire. Kan maar net vir hom lag, hy moet stand up comedy probeer

Johan Kruger ·

Veronderstel Eben is skuldig, waarom die res van die span verwerp? Dis mos nou nie nasie bou nie? Hy soek na rede om sy eie onbevoegdheid te regverdig. Ai!

Swartwolf ·

Stem saam as die bok kaptein voorbeeld is van kwota kaptein is snorre voorbeeld van kwota coach. Albei moet Zim toe hulle sal sterre daar wees…..o nee snorre reeds gefire vir underperformance. True to kwota style half day work demand full day pay.

Frank ·

Man, Snorre speel sommer regter ook! Hy moet liewer teruggaan en weer netbal gaan afrig. Hoekom lui sy naam so vaagweg ‘n klokkie, hy het mos netbal afgerig, nie waar nie??

Swartwolf ·

lana geen kwaadstokery inteendeel 100% openlik op die forum gese. Baie beter spelers wat natuurlik leiers is wat kaptein moes wees. Jy weet wat ek bedoel?

Danie ·

Wel persoonlik dink ek as hy dit gedoen het wonder ek of die persoon nog lewe want ons amal weet daai ding se hande is so groot soos ñ piesang tros krag soos ñ stoetbul hel bang niks en niemand nie maar ñ nederige mens van die sport veld af ek glo in sy onskuld ….

Erika ·

Wonder of Etsebeth nie uitgelok is aspris sodat hy nie wereld beker toekan gaan. Winder wie sit daaragter????

Rina Kotze ·

Ai tog.

Los nou die storie totdat dit ordentlik ondersoek is.

Hoe sê die reg? Elkeen is onskuldig totdat skuldig bewys word.

En regtig? Ek vat die storie van wie dit af kom, met ‘n knippie sout.

Die waarheid sal uitkom. Ek wonder net, sou dit wys dat Eben onskuldig was, of die betrokke persoon die ordentlikheid gaan hê om Eben in die openbaar om verskoning te vra, asook die land?

Sulke mense saai net onnmin en trek skouers op, hulle dink nie aan die nagevolge vir hulleself nie!

Nettie ·

Rina – ek stem. Jy kry sommiges wat BAAAAIE vinnig die raskaart uitpluk as hulle nie hul sin kry nie of gedwarsboom of bevraagteken word in hul aksies. Of VERAL as hulle op hul FOUTE gewys word. Ek is sommer baie vinnig om vir diesulkes te sê hulle moet hul plejeber maniere op ‘n ander plek gaan uithaal en ophou om die skuld vir alles wat in hul lewens verkeerdloop of tekort kom, op Apartheid en rassisme te plak. Dis tyd dat ‘n sekere gedeelte van ons gemeenskappe landwyd “‘n bruggie bou en daaroor kom”.

Ig ·

Ou Pieter Hasbeen De Villiers het klaar besluit Eben is skuldig want hy kan nie verniet Japan toe gaan nie

Ellisras ·

Snorre het klaar besluit wat gebeur het. Hy is mos slim, weet alles.

Michael P ·

Jong is hier dan nie groter probleme in ons land wat aandag nodig het nie. Nou sukkel die NVG met snert soos dit.

Lindtjies ·

En Pieter de Villiers sê hy gaan oor Eben Etzebeth nie die bokke ondersteun tydens die wêreld beker nie. Nou wie het hom nou nodig. Onthou altyd ‘n wors het 2 punte.

Martie ·

Ek wonder was dit nie dalk die blou trein wat die beweerde aanrandign gedoen het nie

Pieter ·

Was Ashwin Willemse dalk deel van die groep mans wat aan die ontvangkant was? Met Piet Snorre om hom te back? Dan weet ons wat om van die aanklag te dink.
Enigste krisis nou is dat Snorre nie meer sy steun vir die Bokke gee n.a.v. hierdie voorval nie! KRISIS! KRISIS! KRISIS!
Hoe gaan die Bokke die wa nou deur die drif trek sonder ou Snorre se ondersteuning!

Lou ·

Waar is die dae toe die plaaslike Polisie sommer sulke dronk baklei sakies gou afgehandel het en bietjie lyfstraf uitgedeel het as dit nodig was. Nou moet die NVG en MRK betrokke wees. Sal nie verbaas wees as hulle Interpol of die Japannese FBI kry om hom daar in hegtenis te neem en te deporteer terug SA toe nie. Moord en verkragting is nie so erg nie maar moet net nie iemand die k of h woord noem nie.

Hans ·

Dit lyk of die p-woord nou ook onwettig is. Een van die dae gaan ons woordeskat heeltemal moet verdwyn

JR ·

Julle het gehoor wat Peter de Villiers gesê het hy ondersteun nie die bokke nie omdat Eben in die span ingesluit is seker suur druiwe maar ek wonder wie is die meeste rassisties want ek beskou plaas moorde op blankes as rassisties

Swartwolf ·

Jy kan sekere ouens uit province haal maar nie die province uit sekere ouens nie.

Pieter ·

Was Ashwin Willemse dalk deel van die groep mans wat aan die ontvangkant was? Met Piet Snorre om hom te back? Dan weet ons wat om van die aanklag te dink.
Enigste krisis nou is dat Snorre nie meer sy steun vir die Bokke gee n.a.v. hierdie voorval nie! KRISIS! KRISIS! KRISIS!
Hoe gaan die Bokke die wa nou deur die drif trek sonder ou Snorre se ondersteuning!

Snip ·

Nee wat, na `n opname wat ek geluister het op facebook, glo ek nie wat hulle Eben van beskuldig nie. Die ou het met baie respek van hom gepraat. Iemand wil weer net kwaad stook. Sterkte Eben.

Ore ·

Snorre? Snorre wie? O daai Snorre…………….so asof sy ondersteuning ‘n maak of breek situasie vir die bokke is.Rustig meneer,lekker slaap.

Hanna Hoekom ·

Vreemd hoe vinnig die MRK op die rasse-wa spring sodra die “slagoffer” enige kleur behalwe blank is. Ek is bevrees die gemeenskap van Langebaan, Piet Helium en die MRK het arme Eben reeds skuldig bevind… Een kyk na die beweerde slagoffer se bakkies en jy sal besef die knaap word gereeld gefoeter! “Pak op jou goedjies, verkoop jou bootjie… en sE maar so-long Bokke…” Hoop hy gaan speel nou oorsee!

PK ·

Onthou net wie is histories ondersteuners van die ALL Blacks. Vra maar vir die mense in die Saron omgewing

James ·

Snorre en Ashwin Willemse is seker groot pelle!
Albei has been’s .
Al wat vir hulle oorbly is die rassekaart en dit is al so so afgesaag
Minderwaardigheids komplek galore!
Sjym

Rinkhals ·

Altwee kwotas wat net die requirement volgemaak het. Die vleuel het laagste driee tot wedstryde ratio ever en die coach is deur die spelers “gecoach” tot ‘n tri nations oorwinning.

kolla ·

Ek het Willemse se toetsrekord sommer gou met ‘n ou soos Pieter Hendriks vergelyk. Willemse – 19 toetse, 5 drieë. Hendriks – 14 toetse, 2 drieë. Willemse se strike rate baie hoër.

JP ·

Ja nee, dit is voor die hand liggend dat iemand nie van jou hou nie, Eben

Poot ·

@kolla
Ag liewe hemel ou kolletjies. Is dit al wat jy kan kwyt raak?!

Poot ·

Kolla……. 5 driëe in 14 toetse is ook maar “pretty pathetic”.

kolla ·

Chester – 14 drieë in 27 toetse. Genade, maar Hendriks was useless. Ook net gekies omdat hy wit was. LOL

kolla ·

Hendrik was beslis ‘n wit kwota. Genade, ek sou skaam wees met so ‘n rekord en eerder my Bok baadjie teruggee.

Swartwolf ·

Gelukkig het jou kwota held seergekry voor die toernooi sodat Hendriks om Campese kon hardloop en die ’95 meriete bokke die toe wereld kampioene kon klop in die eerste wedstryd van die toernooi. Wanneer dit saakmaak kry ‘n duusman on die job te doen ou kolla. Maak nie saak hoeveel driee hy na dit gebruik het nie dis die drie wat almal onthou.

kolla ·

Chester druk in sy eerste wedstryd na ‘n besering tweekeer meer drieë as wat Hendriks in sy hele toetsloopbaan druk. Nee wat, jy kan nie klas koop nie.

Swartwolf ·

Ja kolla teen western samoa….ha ha decrepit eiland nasie…..hulle vleuels was nie Campese nie…..ha ha wat ‘n grap.

kolla ·

Ha, ha kwarteindstryd van wereldbeker, kon nie te sleg gewees het nie. 4 drieë ouboet, 4 drieë verseker ‘n Bok rekord. So terloops – Campese was teen 1995 reeds oor die muur, oud en stadig. Jy is nou besig om die onverdedigde te verdedig en jou naam heeltemal weg te gooi. Met so ‘n rekord moes Hendriks LANKAL gedrop gewees het. Genade maar dis ‘n patetiese rekord, maak my skaam as mede-duusman.

Johhnie ·

NEVER ARGUE WITH/OVER A FOOL BYSTANDERS WILL NOT KLNOW THE DIFFERENCE MARK TWAIN

Gatiep ·

Johhnie. Ditto. Argue with a fool then you become the fool.

JohanR ·

Is daar nog plek vir wit spelers in SA rugby spanne? Hulle begin sommer land uit deesdae net na matriek geskryf is. Soek nie rande (R14+ vir een $) maar ponde, dollars, euro’s en yens vir hulle talent. Dink nie in 2023 sal mens veel wit gesigte in die Springbokke sien nie. Maar soos dinge in die land nou gaan, sal SA nog in 2023 bestaan?

Antjies ·

Eben was my buurman in my vakansieghuis in Langebaan. Hy is altyd vriendelik en hulpvaardig teenoor alle rasse. Ek het persoonlik gesien hoe hy gestremdes, bejaardes en kinders van alle rasse en kulture afgehelp het strand toe . By die Wimpy deel hy handtekeninge uit, gesels en glimlag breed saam met talle aanhangers sonder om te kla. Geen koerantopskrifte. Hy soos vele ander word geteiken oor die kleur van sy vel. Hou op met jou snert SA

Betower ·

En Eben watsebed is sooon soet engeltjie en los tog willemse uit get a life!

Koos ·

Ek dink daai Langebaan kêrel met die Old Brown Sjerrie gesig moet aangekla word van rassehaat en elke Saaterag-naaamirrag vir dronk oppi straat en vi babas bangmaak met darie ga-vriet

Landvaneensydigheid ·

Wat is die man se naam? Ek wil ook sy rassistiese bakkies beskou! Snaaks hoe die MRK spring as dit ‘n nie-blanke is, maar kraai niks as dit anders om is soos in die geval van Julius en die konstabel nie…

Hans ·

Dit klink amper soos n Ashwin Willemse storie….. Terloops waar is hy nou?

Jan ·

Ja jy dink seker dis, n klomp ouens as Eben jou klap , veral as jy gesuip is van die wyn .

Erika ·

Wonder of Etsebeth nie uitgelok is aspris nie, sodat hy nie wereld beker toe kan gaan nie. Wonder wie sit daaragter????
Gelukkig is dit soos daglig!!

Kolskoot ·

Vaalwyn kan n snaakse uitwerking hê n groot vebeelding met vermeendervuldige oë Snorre jys n has been met White se osse geploeg kan nie eens n ordentlike n onderhoud voer nie

Werner ·

Eben, verhuur jou 2 strandhuise in Langebaan en gaan speel oorsee waar jy vrede kan geniet.

Lourens ·

Een van die berigte wat ek die week na die bakleiery gelees het, het gesê dat dit ‘n ander groep mans was wat met die ou baklei het.
Eben was net in die restaurant en glad nie daar waar die struweling was nie.
Maar ja, sy “size” en gesig sal meer in die vonkelbrein vas steek. Hoop regtig dat die ware waarheid sal uitkom.

Swartwolf ·

Exactly, soos die grootste rassiste gewoonlik doen. Gelukkig is snorre deur Zim gefire anders was dit ook rassisme. Jy moet weet as Zim jou fire vir underperformance….

Johann ·

Ag wat. Dis n bedekte seening as Div nie die Bokke support nie. As hy gaan “support” soos hy ” afgerig” het kan dit net tot die Bokke se voordeel wees as hy boggerall met hulle uit te waai het. Hopelik support hy dan die All Blacks.LOL…maar ek dink New Zealand sal hom fire as supporter sodra hulle dit moet hoor!

alwyn burger ·

Snorre wil maar net parlement toe. Die parlementslede leef soos konings.

Swartwolf ·

Mense soos snorre en ashwin moet hul invloed gebruik om misdaad, tik misbruik en gangster kultuur in hul eie gemeenskappe aan te spreek ipv rassis skree vir elke situasie wat hul nie pas nie.

Dries Moolman ·

Dis VERSTOMMEND hoe die NVG soos BLITS kan spring op ‘n saak soos die en reg staan om te ondersoek en te vervolg, maar JARE se bewyse van korrupsie het hulle nie genoodsaak om ‘n vinger te roer teen die korrupte rowers wat die land ‘regeer’ nie.

Lana ·

Laat my lag (of liewer huil) – die feit dat ‘n klein handjie vol blankes met baie minder slegte en verkeerde dade tussen hulle altyd die massas met hulle landsvernietigende dade op hol jaag.
No need to go figure, Steve.
Die antwoord is voor die hand liggend!!

Poot ·

@Lana
Dis hoekom hulle na ons verwys as “white supremists”.

Lana ·

Mag so wees, Poot en Swartwolf, maar ek verkies steeds om nie te daal tot op ‘n onaanvaarbare vlak vir my; sodat mense wat op daardie vlak is my moet aanvaar nie.
Elkeen se eie keuse.

Buffel ·

Dis hoekom daar kwotas in sport en ee in die werkplek is om 50 m te beskerm teen die 5 m WS.

kolla ·

Rassiste is ‘n beter woord, daar’s niks supreme aan hulle nie behalwe in hul eie koppe.

Lana ·

kolla, dit bly maar ‘n moeilike konsep om te verstaan. Veral vir die wat dit nie wil verstaan nie.

Rassisme is nou al so Holrug gery. ·

‘n Sekere deel van SA se samelewing is meer geneig tot substans-afhanklikheid en ‘gangsterism’. Blote feite as jy na misdaadstatistieke en ontplooiing van die weermag in sekere gebiede in die Wes-Kaap kyk. Misdaad is ‘n enorme probleem in Delft, Phllippi East, Mitchell’s Plain, Bonteheuwel, en Hanover Park. Sou dit nie beter wees vir hierdie deel van die samelewing om te konsentreer om hand in eie boesem te steek en te red wat te redde is nie. Groot leiers soos de Villiers en Willemse moet ‘n rol speel in die proses en ook versoenend wees. As hulle met soveel passie en energie een of twee wittes se (beweerde) rassisme bloot wil lê, dink net wat kan hulle doen vir die opheffing van dwelmverslaafdes en die stopsit van bendegeweld. Los eerder die 3 of 4 wit ‘rassiste’, hulle doen baie minder skade aan die samelewing; daar is groter behoeftes onder die bruin gemeenskap, en wie beter om die leiding te neem as hulle eie mense?

Lana ·

kolla, dit bly maar ‘n moeilike konsep om te verstaan. Veral vir die wat dit nie wil verstaan nie.

Swartwolf ·

Dit begin tussen die ore. Daarom die beskerming van 50 m. Go figure.

Poot ·

Lana.
Ek hoor wat jy sê van tot op n vlak daal. Dis presies wat ek bedoel. Maak nie saak hoe ons onderdeuk word nie… ons styg uit bo die omstandighede. Het n kwota sisteem nodig om iets te bereik nie.

All Black ·

Hoekom die Bokke ondersteun as ons elke dag plaasmoorde, verwoesting van eiendom en misdaad moet beleef in hierdie land waar die witman net verdra word, maar nie welkom is nie?

Johann ·

Hoekom die Bokke ondersteun? My Liewe “All black”…….want dis nie daai 23 ouens se skuld dat daar plaasmoorde en als anders is wat jy noem nie. Met alle respek, jy maak nou nes die regering en betrek politiek by sport. Net by the way, as jy vir die All Blacks skree dan moet jy dalk net ook New Zealand se geskiedenis en huidige politieke situasie rondom rasse en kulture ook verstaan. N.Z, net soos ons, het maar ook rasse spanning, moorde ens. Politiek en sport kan nie meng nie want as jy jou support wil gee, of nie gee nie, a.g.v. daai land se politieke stand dan kan jy geen span die RWC support nie. Jou keuse wie jy support maar doen dit dan vir d8e regte redes.

kolla ·

Die eintlike rede hoekom hy nie die Bokke ondersteun nie is omdat daar swart spelers in die span is, nog te meer omdat daar ‘n swart kaptein is. Dis ‘n moeilike kopskuif vir sommiges om te maak.

Swartwolf ·

Baie min het probleem met spelers of kaptein van kleur wat op meriete en agv van hul spelpeil as die beste in hul posisies aangewys word. Die kaptein moet ‘n ware leier wees, fisies en intellektueel goed toegerus om die span te lei en nie in een van die twee departemente afsteek by ander spanne se kapteine nie. Tipe leiers soos Pienaar, Smit, McCaw, Wynn-Jones, Johnson, ens.

Swartwolf ·

Dis ‘n hogere level daai. Dink die son is beter daar is so agony antie daar wat kan raad gee vir WS.

kolla ·

Sekere boere weer te veel gevat gisteraand. Kan nie spel nie en sulke onsamehangende kommentare wat ek dink hulself nie weet wat hulle geskryf het nie. Maak weer duusmanne se name heeltemal likkewaan. Stadiger met daai klippies en coke ouboete, ons mede-duusmanne raak skaam vir julle part.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.