Etzebeth vra hof om MRK-besluit te hersien

Eben Etzebeth. Foto: Twitter

Eben Etzebeth se regsverteenwoordiger het Maandagoggend ʼn aansoek in die hooggeregshof gebring om die Menseregtekommissie (MRK) se besluit om teen hom op te tree, tersyde te stel.

Die MRK het Maandagmiddag bevestig dat hy Etzebeth se aansoek ontvang het. In die aansoek vra hy die hooggeregshof om die MRK se besluit om hom by die gelykheidshof aan te kla, te hersien en ter syde te stel.

In sy beëdigde verklaring verskaf Etzebeth sy weergawe van die gebeure buite ‘n kroeg in Langebaan en spreek ook skerp kritiek uit op die MRK wat volgens Etzebeth sy eie prosesse geminag en partydig opgetree het.

“Die MRK is besig om deur die dokumente te werk en sal dan besluit hoe om daarop te reageer,” het die kommissie Maandagmiddag in ʼn verklaring gesê.

Die saak spruit uit ʼn beweerde voorval in Langebaan aan die Weskus waar Etzebeth en/of vriende van hom na bewering rassisties opgetree het. Etzebeth, wat tans in Japan aan die Wêreldbeker-rugbytoernooi deelneem, ontken die bewerings ten sterkste.

Die MRK is onlangs in omstredenheid gedompel toe die hoof van regsdienste, adv. Buang Jones, volgens mediaberigte in die openbaar gesê het Etzebeth “het met moord weggekom” en dat die MRK “ʼn voorbeeld van Etzebeth gaan maak”. Die MRK het intussen aangekondig dat daar dringend ondersoek ingestel gaan word na Jones se geskiktheid om die saak te ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

Vintcent ·

MRK sal die dag geloofwaardigheid hê as sekere politici tronk-toe gestuur word vir hul opruiende tirades. Die feit dat daar dadels van kom en dat ander chronies oortree, is net ‘n aanduiding dat die MRK selektief funsioneer.

Gallie ·

Sterkte Eben. Ek dink Bang Jonas het bietjie vroegtydig opgetree, Waarom hy nie Eben se getuies se be- eedidge verklarings ingedien het , wat deur Eben se prokuteur aan hom oorhandig was, dui daarop dat Bang Jonas bevooroordeels is.

Wesley ·

Daarsy Eben, hier kom n ding, wat Jones vergeet is dat daar twee kante van n storie is en het sy onpartydige skoene by die deur vergeet. Die MRK moet seker die vet in wees vir sy uitlatings, dit het moontlik hul saak in die vuur gaan staan en gooi.

Schalk ·

MRK swart politieke arm met geen bestaansreg.Geen mens met inbors en opregtheid sal uutvoering gee aan korrupte een sydige benadering nie.Net so korrup soos ANC regering van polisiehoof tot staats president tot ministers klomp bedrog spul.

Hermien ·

Onthou net…die MRK is nie ingesteld op regverdigheid nie. Hul primêre doel is om blankes aan die pen te laat ry en die onskuld van swart oortreders te propageer.

Afrikaan ·

M.a.w. Hermien, dis die M.R.K. wat blatant rassisties optree deur ‘n wit persoon te veroordeel voordat hulle die feite het. Witmense is al klaar skuldig en moet hulle onskuld bewys, terwyl die omgekeerde geld vir die res.

Hartseer ·

Dis hartseer dat die MRK nie onpartydig kan optree nie. Ek is moeg vir al die voorbeoordeelde aksies slegs teen blankes en dat oortredings van ander rasse beskerm word. Kan ons land niks meer reg doen nie? Hoop Eben wen hierdie saak. Ek dink die ou wat die saak teen hom gemaal het, kan nie die gebeure van die aand mooi onthou nie. Was seker hoog getoor.

Waarheid ·

Reg so!
Die klomp wou vinnig geld maak !
Hoop die hele spul word aangekla!!!
Korrupte lot asems.

Jannie ·

Die MRK is deel van die ANC se propoganda masjinerie om toe te sien dat die witman gehaat moet word deur hul stemmers sodat die ANC mag kan behou.

Bekommerd ·

Blankes en veral Afrikaners moet net aanhou om die regte dinge te doen. Draai jul rug op enige iets wat jou in die moeilikheid kan bring, mens weet nooit wie sit agter sekere optredes nie. Draai om en stap weg. Sterkte Eben.

SAMPIE ·

Ek verstaan nie. 2 groepe , heelwaarskynlik half besope , 1 beskuldigde , geen amptelike klaer wat geïdentifiseer is nie. Klink of die polisie eerder die hele lot vir openbare rusverstoring moes toesluit

Grobler Steyn ·

Wat sê ondersoek na Jones se geskiktheid,???hy is bevooroordeeld haat blankes met n passie is totaal onbevoeg het sy kwalifikasies heel waarskynlik vervals het die régte Kader agtergrond, dit maak hom mos meer as geskik vir dié pos op die nuwe swarte ommegang

Christa steyn ·

Wat se ondersoek na sy geskikheid hy haat blankes is onbevoeg het sy kwakifikasies vervals het die regte kader aagtergrond so mnr jones is meer as geskik vir die pos

EQV ·

Soos ek gister in die nuus afgelei het,,is daar blykbaar 4 onskuldige siele wat kamstig aangerand is deur Eben en sy bende..en nou eis die 4 n bedrag van R1 miljoen tussen die 4 van hulle,,so dit gaan mos nou eintlik weer dat hulle die united handtjies bakhand hou vir n geldtjie…pateties!!!

Poot ·

@EQV
Kyk die siel wat aangerand is kry tien teen een elke naweek so pakslae. Daaraan is hy gewoond….. maar o wee die dat Eben hom die “h” woord genoem het is VERSKRIKLIK.

Gollie ·

Almal se kommentaar verskil,kom ons kyk almal na die uitkoms van die saak,want elkeen sê net sy sê en voel dis reg.

Hanlie ·

Mooi so Eben. Die klomp weet Eben het geld en daarom hom die skuldige maak. ‘n Quick buck, maar hulle het nie rekening gehou met wie hulle hier te doen het nie. Bang Jonas jou doppie is ook geklink. As hy nie ‘n voorbeeld van rassisme is nie, is my naam donkie.

Lindtjies ·

Ek dink iemand wil vining geld maak uit die storie uit. Eis nogal 1 miljoen rand van Eben Etsebeth. Belaglik. Ek hoop Eben en sy regspan ry vir hulle tot by oom Daantjie en sy kalwer hok. Hulle het seker gehoop vir bietjie roem ook maar ek sou sê hulle is nou eerder berug.

Al ·

Buang Jones moet sommer hof toe gesleep vir naamskending.
Hy het Etzebeth verneder op nasionale tv, die gemeenskap opgesweep, onregverdig uitlatings gemaak, voordat Etzebeth homself daarteen verdedig en Etzebeth se loopbaan asook sy beeld skade berokken.
Kortom ‘hooggeleerde mnr Jones” moet aan dissiplinêre stappe onderwerp word, en gefire word.

lanie ·

Eben dit is om die minste te se net n geld maak foefie. Moet jou nie daaraan steur nie. Dis al wat hulle ken, want hulle is mos die agtergeblewendes. Sterkte ou Maat.

Henry ·

Eben jy moet die MRK vir R 50 mil vat omdat jou naam groot skade gelei het. Die onbevoegde Claassen moet jy sommer met n plathand bykom. Wonder wat sou Hottie Louw se……

Penelope ·

Sterkte Eben, moenie gaan le nie. Dit gebeur nou meer dikwels dat bekendes en ook blankes uitgetart word deur ‘n klom narre en dan skree hulle ” wolf”. Mens moet maar probeer om nie in daardie strik te trap nie. Hulle sien dan hoe word die blankes vervolg…. kyk na die “lykskis” manne…. hulle het nie eers iemand gemartel of doodgemaak nie. Dis hoekom ons nie moet vra dat die doodstraf terugkom nie, want dit gaan selektiewe teregstellings veroorsaak….

Staan saam ·

Ja, stem saam. Alle wette is slegs teen die blankes toegepas.

SjN ·

Etsebeth in court, No your honor, he misheard. I asked if I’m Hot or Not?

Jeremia ·

Wanneer word sekere politici vervolg? Wag in spanning vir daardie aanhoudende veroordelings (vooraf) in die media. En wag ook in spanning dat daar sommer as ‘groep’ ‘n yslike som geëis word vir AL die skade wat deur die aanhitsing veroorsaak word.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.