EU dwing SA maatskappy om medisynepryse te sny

Die Europese Kommissie het Woensdag gesê hy het die Suid-Afrikaanse medikasiereus Aspen gedwing om pryse te sny op ses kankermedikasies nadat daar bevind is die maatskappy misbruik sy markdominansie.

Die maatskappy het ingestem om die pryse met sowat 73% binne die EU te sny van die medikasie wat vir die behandeling van sommige bloedkankers, insluitend leukemie, gebruik word ná die jare lange ondersoek.

“Aspen se toewyding sal Europese gesondheidsorgstelsels miljoene euros spaar en seker maak dat dié noodsaaklike medikasie beskikbaar bly,” het Margrethe Vestager, hoof van mededinging by die Europese Kommissie, gesê. “Vandag se besluit stuur ʼn sterk boodskap aan ander dominante farmaseutiese maatskappye om nie aan pryspraktyke deel te neem wat ons gesondheidsorgstelsels uitbuit nie.”

Die Europese Kommissie, die EU se uitvoerende arm, het in 2017 met ʼn ondersoek begin ná Aspen die pryse met ʼn paar honderd persent verhoog het van sommige van sy medikasies. Die saak was die Kommissie se eerste ondersoek oor bewerings van prys-uitbuitingspraktyke in die farmaseutiese bedryf.

Die Kommissie het gesê hy het “verskeie ernstige besware gevind dat Aspen se gedrag die EU se mededingingsreëls verbreek” ná “geen regmatige redes” verskaf kon word vir die maatskappy se hoë winsgrens nie.

“Aspen kon dié verhogings instel, omdat pasiënte en dokters hoofsaaklik geen alternatiewe gehad het as om dié betrokke medikasie te gebruik nie. Toe nasionale owerhede probeer het om Aspen se versoeke vir die prysverhogings teen te staan, het Aspen gedreig om die medikasie van die nasionale lys van terugbetaalbare medikasies te verwyder en was in sommige gevalle selfs gereed om die normale voorraad uit die mark te onttrek.”

Vestager het gesê die prys van die medikasie, wat deur duisende pasiënte gebruik word, insluitend jong kinders, sal nou gewysig word na die voor-2012-vlakke voor die verhogings ingestel is. Die verlaagde pryse sal vir minstens 10 jaar van krag bly en die maatskappy het homself daartoe verbind om steeds die medikasie te verskaf, het die Kommissie bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

ElizeK ·

Ondersoek hulle hier ook ASSEBLIEF. Mense sonder mediese spaarplanne kan nie meer medikasie bekostig nie!!!!

Vlooitjie ·

Siek mense word uitgebuit om deur hul nekke te betaal sodat die firmas kan geld maak, nie net teen “, ‘n wins nie maar met meer as 100%. Dis ‘n skande!

Anoniem ·

Hulle maak baie meer as 100% wins, hoekom sal hulle die prys 73% verlaag?

Piet ·

Net nog ‘n rede hoekom ek vir die NGV is. Al hoe mens kan saam staan teen Big Pharma

Pieter ·

Ek weet nie of ek heeltemal saam stem nie… ja beheer/ bestuur is belangrik en kan verskil maak, maar in vandag se tyd, in hierdie land, met hierdie regering…. Neeeeeeee!
En kyk wat in Amerika bv gebeur. Daar is dit ‘n geval van BigPharma vs Govt en steeds dieselfde probleme…
Die probleem is GELD en dat MENSE nie meer waardes het nie… It’s all Business and not personal… Geen enkele regering sal dit kan fix nie, dis ‘n Wereld probleem.

Rupert Ashford ·

Ek hoor wat jy se oor die regering, Pieter. As dit goed bestuur word, kan dit baie goed werk. Maar dan moet die befondsing sowel as die voorsiening kant, so die regering wat die belastingbetaler geld voorsien, sowel as die prysbeheer kant bestuur word. Om te maak soos met Obamacare waar jy die geld voorsien maar niks aan die pryse doen nie, is dit belaglik. As jy net geld voorsien sal die manne se pryse net dienooreenkomstig styg om die geld te “oes”. Trump het die pryse probeer beheer en toe het Big Pharma met hulle maatjies in die Demokrate Party saamgesweer en deel geword van die “koalisie” om Trump te ontsetel, en siedaar een van die eerste EOs van Biden se tafel af was om die prysbeheer van medikasie tot niet te maak. En Big Pharma het baie diep sakke – dit is geen maklike geveg om te wen nie.

Hendrik ·

Stem saam, hulle moet ook in Suid Afrika ondersoek word. Die pryse van medikasie is gans te hoog – onbeskosterbaar!!!

Pieter ·

So gaan dit orals. Gaan kyk maar wat maak hulle in Amerika met hulle eie mense. 73% is maar min as jy kyk na hulle…. Vir die wat Netflix het, gaan kyk gerus na Dirty Money Series: Episode 3 “Drug Short”.
En ja, daar is maar min wat gedoen word daaraan. En dit is nie net medikasie nie maar die hele proses. Van geboorte tot begrawe, almal wat ‘n spesialis is gooi die pryse…

Pieter ·

Ek weet hierdie medikasie kan lewens red en is anders. Maar as ons hierdie vergelyk met Olie, Diamante, Stroop en selfs Koffie. Dit kan baie goedkoper wees, maar die mark word beheer, dus bly pryse hoog… Dis hoe alles werk en nog altyd het… Vraag vs aanbod… Die wereld is GELD behep en lewens beteken regtig niks meer as GELD nie.

Hennie J ·

Sies, ek sal my doodskaam as dit my maatskappy moet oorkom. Is dit nie ook die klomp wat die nuwe Johnson & Johnson entstowwe gaan verskaf nie. O wee, wat gaan dan oorbly vir die kaders om weg te dra?
N.S Gehoor van die kader wat die bestelling moes plaas en toe nie die verskil tussen J & J en I & J verstaan het nie.

Pieter J ·

Veral kankerpasiente word uitgebuit. Baie meer van hulle kan oorleef of baie langer leef as die behandeling daarvoor goedkoper was. Alle regerings behoort hierby in te gryp.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.