Eugene de Kock glo steeds in aanhouding

Eugene de Kock Foto: OFM

Eugene de Kock Foto: OFM

Eugene de Kock (66) is uit die gevangenis vrygelaat, maar glo in die geheim aan veiligheidsmagte oorgegee vir aanhouding teen sy sin, het The Star Vrydag berig.

Volgens die berig gaan De Kock se regsverteenwoordiger ʼn habeus corpus-aansoek bring om te bepaal of sy voortgesette aanhouding wettig is. Indien só ’n aansoek slaag, sal ʼn hofbevel uitgereik word waarvolgens die owerheid De Kock hof toe moet bring.

Die departement van justisie en korrektiewe dienste, die Staatsveiligheidsagentskap (SAA) en die polisie wou nie kommentaar lewer nie.

Julian Knight, De Kock se regsverteenwoordiger, het gesê hy weet nie waar De Kock is nie, maar het aanwysings van hom ontvang waarin hy hulp versoek en gemeld het dat hy teen sy sin aangehou word. Volgens Knight is daar dokumente wat daarop dui dat De Kock in die polisie se sorg is.

Volgens The Star word De Kock in ʼn huis aangehou weens ʼn ongeïdentifiseerde bedreiging teen hom.

Michael Masutha, minister van justisie en korrektiewe dienste, het in Januarie aangekondig dat De Kock op parool vrygelaat gaan word.

De Kock is al langer as twee dekades agter tralies nadat hy in 1994 in hegtenis geneem is en twee jaar later in die hooggeregshof in Pretoria gevonnis is. Hy dien twee keer lewenslange tronkstraf uit nadat hy skuldig bevind is aan ses moorde, asook 212 jaar tronkstraf vir ander misdade.

Klik hier vir alle vorige berigte oor Eugene de Kock op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Manie ·

Tipiese Lae gemene lafhartige optrede deur uit op ‘n posisie van onverdiende mag die tipe van optrede te probeer regverdig
Los die man nou uit!!

jjobson ·

Manie, die Noodlot(Masutha) het i fout begaan, 66jaar- laat die misdaad ikoon nog 4jaar sit, dan is sy 70geleende jare op die aarde volmaak.

scalla ·

Prof/Dr Kopdoek het dan bevestig hy weet waar de kock hom bevind, alles in orde is, hoe werk dit nou.

cnrell ·

Kan nie glo hy sit al so lank nie. Kan ek jul iets vra ek die nuus elkedag kry om te lees. ASB

ladybug ·

Wat prober julle bewys? Dat julle steeds in beheer is van sy lewe? Laat hom vry, hy het die prys betaal van ander in wie se opdrag hy opgetree het!

david ras ·

Die hele besigheid bring mens onvermydelik by Clive Derby Lewis uit. Darem vreemd, hy het nie ens die sneller getrek nie, en was nie binne 50 kilometre vanaf die moordtoneel nie, en boonop is ‘n ernstig siek ! Ek dink Eugene de Kock gaan nie Vryheid sien nie

Die hele besigheid bring mens net weer by Clive Derby Lewis. Dit maak doodeenvoudig nie saak watter versagtende omstandigdhede voorgele word nie, hy moet sit ! Laat mens ook wonder of de Kock ooit werklik Vryheid sal ervaar !

Shannon ·

David Ras jy het `n punt beet. Die teenstrydigheid en dubbel standaarde nê ?
Vir my lê die verskil tussen Derby Lewis en De Kock in die onsigbare dade en gefluisterde gesprekke. Sien De Kock hou nog so paar ander voëltjies se voete vas in sy hand. Sy opdragde, nes die van Wouter Basson, was nie uitgevoer sonder enige medewete van die gesag hoër op nie. Ek het so `n vermoede dat dit juis hierdie voet wassers en g..t soeners is wie nou `n belang het in Eugene se vryheid – en sy gevolglike stilte.
Oom Clive het niks. Selfs sy kolegas in die eertydse KP is nou almal getransformeerde Vrede Vronters met baie plusse.

Shannon ·

Sou goed wees om `n bietjie te hoor van Eugene se ex kolegas … spesifiek sy ondergeskiktes.
Het hulle `n goeie verhouding gehad met die edel man ? Was hy die soort van siel wie agter sy manne gekyk het ? hulle belange en vyligheid op die hart gedra het .. of het hy die onvermybare gaping tussen minister en koverte operasies goed uitgebyt en sy ondergeskiktes soos waghonde beteel ? Ek dink De Kock het maar al te gereeld die beste wapen gebruik to enige iemand se beskikking in die mag – hy’t rang getrek.

Kom nou Eugene ! begin sing man. Ons wil almal hoor van al daardie medepligtigheid van al die groot kokkedore wie hulle self deesdae knus binne die ANC bevind.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.