Eugene de Kock hoor Donderdag oor parool

Eugene de Kock

Eugene de Kock

Michael Masutha, minister van korrektiewe dienste, sal Donderdag bekend maak of Eugene de Kock op parool vrygelaat gaan word.

Die minister sal na verwagting die aankondiging in Pretoria maak.

De Kock, die voormalige Vlakplaas-bevelvoerder, het hom in Mei tot die hooggeregshof in Pretoria gewend om Masutha te dwing om ʼn besluit oor sy parool te neem.

Regter Thokozile Masipa het op 28 Mei beveel dat die minister 30 dae het om te besluit of De Kock op parool vrygelaat moet word. Die 30 dae het nie vakansiedae of naweke ingesluit nie.

Die nasionale raad vir korrektiewe dienste het glo in November verlede jaar al ‘n besluit geneem oor De Kock se parool. Die aanbeveling is aan Sbu Ndebele, die vorige minister van korrektiewe dienste, gestuur vir oorweging.

Hy het egter nooit ‘n besluit geneem nie en De Kock moes gevolglik vroeër vanjaar die hof nader om hom te dwing om dit te doen.

Die saak is as afgehandel beskou nadat Ndebele se regsverteenwoordigers aangedui het dat hy teen 12 Mei ‘n besluit sou neem. Weer is geen besluit geneem nie en nadat Ndebele sy pos ná die verkiesing verloor het, het De Kock weer die hof genader.

De Kock het hom weens dade in die apartheidstyd die bynaam Prime Evil op die hals gehaal. Hy was ʼn polisiebeampte onder die apartheidsregering.

Hy is ʼn week voor Nelson Mandela se inhuldiging as president in 1994, in hegtenis geneem vir die afsterwe van talle anti-apartheidsaktiviste. Hy is in 1996 tot 212 jaar tronkstraf gevonnis. – Sapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Frikkie ·

Hy het bevele uitgevoer wat vir hom gegee is ek sien nie een van die mense wat die opdragte gegee agter tralies nie.Ons land was in n oorlog gewees hy het alles gedoen om jou veilig in jou bedjie te kon laat slaap.Hy het nie bomme in Wimpys geplant en mense in Kerke aangeval nie.Sy werk was om die vyhand te keer.As hy in die tronk sit vir dit moet almal wat diensplig gedoen het agter tralies sit want hulle het ook die vyhand gedood.Ons het almal ons land gedoen in daardie tyd.So voor jy iets vir iemand toewens gaan lees eers jou land se geskiedenis.

Anoniem ·

Ek dink Jan moet bietjie “nugter dink” voor hy net uitspraak wil gee. De kock het sy boete betaal in die gevangenes. Hy het slegs opdragte uit gevoer van vorige regering. Waar is Shaik en Selebi? Hulle maak ‘n grap van tronkstraf uitdien. Sit lekker by die huis en lag oor hulle vonnis van tronkstraf. Besin eers en wees seker van jou feite voor jy jou mond oopmaak.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.