Eugene de Kock moet parool kry, sê slagoffer se dogter

Eugene de Kock

Eugene de Kock

Die dogter van een van Eugene de Kock se slagoffers het gesê die voormalige Vlakplaas-bevelvoerder moet op parool vrygelaat word, het Beeld Dinsdag berig.

Candice Mama (23) was agt maande oud toe haar pa, Gelnak Masilo Mama, en die res van die sogenaamde “Nelspruit-vyf” in 1992 vermoor is. Mama se gesin het De Kock glo verlede week in die tronk besoek.

“Ek het in my grootwordjare ʼn gesig en konteks vir my pa se moordenaar gehad,” het Mama gesê. “Eugene was in die tronk en het sy tyd uitgedien. My familie het hom voor die ontmoeting reeds vergewe.” Volgens haar het De Kock ware berou getoon. “Sy verskoning het uit sy siel gekom.”
Mama het gesê De Kock was ook ʼn slagoffer van apartheid en dat hy van ʼn jong ouderdom af gebreinspoel is om te glo dit wat hy doen is reg. “Dit was ʼn verligting om te sien hy is nie boos nie.”

Michael Masutha, minister van justisie en korrektiewe dienste, het in Julie aangekondig dat De Kock nog ʼn jaar moet wag voor hy weer om parool kan aansoek doen sodat die families van die slagoffers geraadpleeg kan word.

De Kock het hom weens dade in die apartheidstyd die bynaam Prime Evil op die hals gehaal. Hy was ʼn polisiebeampte onder die apartheidsregering. Hy is in 1994 in hegtenis geneem en in 1996 in die hooggeregshof in Pretoria skuldig bevind en gevonnis. Hy is tot twee keer lewenslange tronkstraf gevonnis sowel as ʼn bykomende 212 jaar tronkstraf.

Kliek hier om vorige berigte oor Eugene de Kock te lees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Drieks ·

Candice, jy is reg. Ons sukkel al 20 jaar om te versoen. Dis die omgewing om jou wat bepaal wie jy is. Kyk wat gaan in ons land aan en die versoening is nog ver. Ek bewonder mense wat jou familie se moordenaars vergewe.

VENESA ·

ag asseblief hulle moet eers die families van die slagoffers geraadpleeg word.Word ons geraadpleeg oor moordenaars wat uit op parool is NNNNNEEEEE nou vir wat moet hulle geraadpleeg word

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.