Eugene de Kock nie op parool vrygelaat

Eugene de Kock

Eugene de Kock

Michael Masutha, minister van korrektiewe dienste, het aangekondig dat Eugene de Kock nie op parool vrygelaat gaan word nie.

Masutha het tydens ‘n mediakonferensie in Pretoria sy besluit bekend gemaak. Masutha sê die families van De Kock se slagoffers is nie geraadpleeg oor sy moontlike vrylating op parool nie. Hy sê volgens wet moet die families geraadpleeg word.

Masutha het egter gesê daar moet in die volgende 12 maande ‘n nuwe paroolverslag en profiel vir De Kock opgestel en aan hom verskaf word. Die wet vereis dat dit in ‘n tydperk van twee jaar moet gebeur. Masutha het ook toegegee dat De Kock vordering gemaak het in rehabilitasie.

“Ek het die saak oorweeg en het kennis geneem van die verskeie positiewe verslae wat saamgestel is. Ek het kennis geneem van die vordering wat hy glo gemaak het.” Masutha sê egter hy kan nie De Kock se profiel bespreek nie.

De Kock is voor die aankondiging oor die minister se besluit ingelig.

De Kock, die voormalige Vlakplaas-bevelvoerder, het hom in Mei tot die hooggeregshof in Pretoria gewend om Masutha te dwing om ʼn besluit oor sy parool te neem.

Regter Thokozile Masipa het op 28 Mei beveel dat die minister 30 dae het om te besluit of De Kock op parool vrygelaat moet word. Die 30 dae het nie vakansiedae of naweke ingesluit nie.

Die nasionale raad vir korrektiewe dienste het glo in November verlede jaar al ‘n besluit geneem oor De Kock se parool. Die aanbeveling is aan Sbu Ndebele, die vorige minister van korrektiewe dienste, gestuur vir oorweging.

Hy het egter nooit ‘n besluit geneem nie en De Kock moes gevolglik vroeër vanjaar die hof nader om hom te dwing om dit te doen.

Die saak is as afgehandel beskou nadat Ndebele se regsverteenwoordigers aangedui het dat hy teen 12 Mei ‘n besluit sou neem. Weer is geen besluit geneem nie en nadat Ndebele sy pos ná die verkiesing verloor het, het De Kock weer die hof genader.

De Kock het hom weens dade in die apartheidstyd die bynaam Prime Evil op die hals gehaal. Hy was ʼn polisiebeampte onder die apartheidsregering.

Hy is ʼn week voor Nelson Mandela se inhuldiging as president in 1994, in hegtenis geneem vir die afsterwe van talle anti-apartheidsaktiviste. Hy is in 1996 tot 212 jaar tronkstraf gevonnis. – Sapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Eugene Steyn ·

Regtig,dit is niks meer as wraak en onversoening vanaf die swartes se kant nie. Hulle volg met opset nie prosesse nie!!! Is daar al ooit wit slagoffers geraadpleeg as al hierdie swart moordenaars na ‘n paar jaar op parool vrygelaat word? Daar sit ook dan geen van hulle kaders wat bomme geplant het by die Wimpy’s in die tronk nie, inteendeel is hulle in baie hoë posisies vandag.

Ek is diep teleurgesteld in die regering en in die nuwe Suid Afrika. Ek dink nie dit is waarvoor my ouers ‘JA’ gestem het nie…

Theresa ·

Lekker word daar vir tyd gespeel. Daar was meer as genoeg tyd om die sogenaamde families in te lig. Dis snert man!!

Theresa ·

Kom jy nou eers agter dat daar omgekeerde-rassisme in Suid-Afrika is……..?????

lorayne ·

Ek het vrede gemaak en berus my daarby dat Eugene De Kock, net soos Clive Derby Lewis NOOIT weer vryheid sal smaak nie! In elk geval nie met die huidige regering nie.
So much for the Rainbow nation. . . ‘n sprekende voorbeeld van rassisme en haat!

Grassie ·

Hierdie besluit is weer ‘n klinkklare bewys – die regering sal nooit, maar nooit, enige redelikheid of bllikheid teenoor die witmens in Suid-Afrika betoon nie. Die besluit gaan nie oor De Kock self of meriete nie – dit is blatante weersin (ek wens ek kon die korrekte woord gebruik) teenoor die blankes. Dit gaan ook nie hier ophou nie. Intussen bid ek maar vir oom Clive maar ek het ook nie veel hoop nie.

Trippie ·

Ek hoor jou, maar ons gaan nie, en ons kan nie ophou bid vir Oom Clive nie !
(Tussen ons, hy verjaar die 14de deser).

Sunè ·

My hart gaan natuurlik die meeste uit na klein Johan Nel. Weet enigiemand hoe dit met hom gaan?

Jammer Eugene. Ek het so gehoop die uitslag sal anders wees.

Soekie ·

Hoekom is ek nie verbaas nie!!! Dis maar weer net omdat daar nou weer ‘n punt gemaak wil word omdat hy wit is. Dan praat ons nie eens van ons land se “regeerders” wat almal tronkvoels was nie …. en hulle sit in parlement. Net omdat Eugene blanke is en uit die favourite “apartheidsjare” kom, SAL hulle mos daai besluit neem – tipies!!! Daar sal nooit maar nooit versoening in hierdie land plaasvind nie. Ons kan regtig maar se die land is totaal en al Zimbabwe nr 2. Gelukig het ons ons mooi herinneringe van toe alles nog gewerk het in die land.

Toemaar mense, daai wiel draai, stadig maar seker en wanneer daar nie meer blanke intelligensie in die land is nie en als wat nog nie in sak en as verval het nie, verkrummel, sal hulle gou genoeg die blanke brainpower inroep om hulle alies te red want hulle gaan opeindig met niks wat enige waarde bring in die land nie en as ons blankes nie meer ons belasting betaal en hulle onderhou nie wil ek sien wat hulle gaan doen. Ons moet saamstaan, dis al!!

Estelle ·

Hy het opdragte uitgevoer vanaf iemand hoer as hy! Dit was nog ‘n polisiemag in sy dae, nou is dit ‘n sirkus! Hy dien alreeds 20jaar van sy vonnis uit, parool aansoek beslis nie toegestaan omdat hy blank is!

Leoni ·

Dankie Estelle dis presies wat gebeur het en waar is die wat die opdragte gegee het nou? Waarom moet net hy boet??

Elize Schutte ·

Mandela was ook vir jare in die tronk gehou en toe hy uitkom is hy president! Lets hope history will repeat itself. Om in die tronk te wees is mos deesdae ‘n vereiste om president te word!

veronica ·

Bewys maar net weereens: daar is twee stelle rëels en wette in hierdie “Nuwe Suid-Afrika”!! Een stel vir witmense en een stel vir swartes! Verder hoef ek nie te verduidelik hoe dit werk nie, ne? Kan nie glo “hulle” doen dit so oop en bloot en blatant nie!!!! Oe!!!!!!!!!! Ek wil oorkook! Dis ‘n skreinde skande!!

elli meyer ·

Weet julle wat-ons Here weet wat plaasgevind het voor 1994 en dit is normale verloop om terroriste te ontbloot en dood te skiet, alvorens hulle skade aanrig, soos bv die Kerkstraatbom, die Landrosskantore in Johannesburg ens, ens. As Eugene, Clive en ander nog in die heksejag van anc is, is dit die lot oor hulle, al wil ons graag hulle vry hê, sodat hulle by hulle families kan aansluit en rustig lewe. Mag hulle wat in die gevangnis sit, GOD se groot genade sien en berusting daarin vind. anc ,weet ons almal is vergelding alles en versoening niks. Laat ons liewer ons geliefdes ondersteun waar hulle is en elkeen moet bid vir hulle siele vir die Kongkryk van Christus Jesus.

deon ·

Het dit verwag ,vel kleur nie reg nie.Al die Apla& nkonto se terroriste is vrygelaat .Die hof uitspraak toe Eugene gevonnis is is da nie gesê hul moet eers die families kontak nie so di minister se uitspraak is onwettig.

Stefan Du Preez ·

Het die terroris Robert McBride ook die families geraadpleeg van die slagoffers toe hy bomme geplant het? En hy is deel van die Regering!

jACOBA iSABELLA O'NEIL ·

Regtig waar ek dink dit is bitter onregverdig Eugene te Kock het sy straf uitgedien soos ons almal weet hoekom. daar loop erger kriminele buite rond. Nee wat dit was nie regverdige parool nie. Laat los die Man sover ek weet was hy net ‘n voorbeeldige gevangene en hom nie bemoei met nonsens nie.
Hy het gestudeer.Laat hom vry !!!!!!!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.