Europese parlement ‘geskok’ oor stand van landbou in SA

land-lugfoto-grond-landbou

Foto: Magda Ehlers/Pexels.com

Die Europese Parlement, wat bestaan uit 751 verkose lede van die Europese Unie, is “geskok oor die omstandighede waaronder boere in Suid-Afrika ʼn bestaan moet maak”.

Louis Meintjes, president van TLU SA, het gesê lede van die Europese Parlement, insluitend ʼn politieke adviseur, asook ʼn Italiaanse joernalis, het vandeesweek besoek afgelê aan Suid-Afrika, as gaste van TLU SA. “Die doel van die besoek was om hulle te vergewis oor die stand van plaasaanvalle en -moorde, grondonteiening en die geleenthede vir buitelandse belegging.”

Meintjes het gesê die afvaardiging het twee plase in die Cullinan-distrik besoek waar plaasaanvalle plaasgevind en ʼn egpaar op hulle plaas vermoor is. “Deur die nag het hulle deelgeneem aan ʼn plaaswag-patrollie om te verstaan hoe TLU SA se veiligheidstrukture werk en bydra om boere te beveilig.”

Danilo Lancini, wat die buitelandse afvaardiging gelei het, het sy skok oor die situasie rakende landbou in Suid-Afrika gedeel. “Hy kon kwalik sy ongeloof beteuel oor die Suid-Afrikaanse regering se onvermoë om boere te beskerm, die ekonomie te groei en beleggers te lok. Lancini het sy hoop uitgespreek dat die Europese Parlement na afloop van die Suid-Afrikaanse verkiesing in Mei, druk op die regering sal uitoefen om dringend aandag te skenk aan hierdie kwessies.”

Meintjes het bygevoeg TLU SA is baie tevrede oor die verloop van die ontmoeting. “Met hierdie aksie het ons ons goeie bande met Europa versterk. Dit is deel van ons internasionale veldtog vir steun en druk uit die buiteland om landbou en boere in Suid-Afrika te beskerm. TLU SA is reeds die afgelope dekade doenig met hierdie veldtog.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

49 Kommentare

Andreas ·

Ons kan nie geskok wees nie, die krag is af!!!!!!!!!!!!!!!!

Koos de Meyer. ·

Madam Sisulu sal dit maar weer net afmaak as ‘n rasse storie soos wat hulle elke keer vir die wêreld lieg.

Rina van Vuuren ·

En tot hiertoe is daar nog niks gedoen van buiteland om ons te hulp te kom. Elke dag word gaan moorde, verwoesting enkorrupsie voort.?

Linda ·

Dankie aan TLU SA wat die moeite gedoen het om die Europeërs te bring. Elke bietjie om die aandag op ons situasie te vestig, help.

Andrea van Vuren ·

Nog ‘n vraag: Hoekom het Dan Kriek se AgriSA skielik omgeswaai en die Trump gesant gespreek oor toestande van ons land en grondhervorming? Waar was hy tydens die samesprekings? iewers is iets nie reg nie.

Misousa ·

Ek is baie bly dat hulle geskok is!!
Moet net nie vergeet dat dit nie net die boere is wat hel het… elke wit Suid-Afrikaner… Ons moet teen SEB baklei.. moorde, kwotas…
Bly vir Boere…??
Maak my bitter bekommerd as al die lande ons boere wil vat…(wat word DAN van ons)??????
Vat ons almal saam!!!! Oud en jonk… kyk na die ou SA… ons KAN werk!!! Ons kan sukses maak van wat ons ookal aanpak!!!??
As ons nie hier kan uit…. DOEN iets!!!
Destyds kon swartmense van die ‘regime’ vlug. Wit linkses van UK en VSA het hulle aan huis geneem….vir hulle opvoeding betaal… wat nou??? Waarheen kan ons???? Ons het nie eens meer ‘n lugredery waarin ons kan wegvlieg nie????✈️
Die probleem is soveel groter as net die boere!!!!???….?

MyTweeSent ·

Misousa, ek voel presies soos jy. Watse toekoms hou hierdie land vir my twee seuns? Ek kan nie vir hul geleenthede buite hierdie land beskikbaar stel nie en is ons dus hier vasgevang…skuldig bevind aan oortredings wat voor selfs my geboorte plaasgevind het en gevonnis om tot die einde van dae daarvoor te vergoed. Intussen val die land uitmekaar en dit wat wel nog regop bly word kaal gestroop. Ek werk elke dag my bas af, tenkoste van aandag aan my kinders, en kan einde van die maand nie eers die noodsaaklike bekostig nie. Ek probeer verantwoordelik optree en sit 20% van my salaris maandeliks weg in die hoop dat ek darem nie op my oudag ‘n addisionele las vir my kinders sal wees nie, maar nou word selfs hierdie spaargeld bedryg deur dié wat my gevonnis en gevange hou in my geboorteland.

Karolis ·

Daar sal hopelik iets positief vanuit hierdie storie voortspruit.

Carl ·

Ek sal beslis nie my hoop op die globalistiese EU Parlement van Brussels sit nie. Hulle dryf n onderduimse agenda en het duistere interaksie met sinistere groepe en bewegings en ek vermoed “ons boere” se belange is nie juis op hulle agenda nie.

Alida ·

Mooi so! Wys vir hulle die fotos van die verminkte blankes en laat hulle die stories hoor by die gebroke families. CR het klaar vir die wereld gelieg. Sien is glo.

GP ·

Ag die alewige negatiewes. Daar sal niks van kom nie, ag arme ons. Nou wat se julle moet niemand iets dien nie? Dankie TLU SA. vir hierdie groot poging. Ek is seker daar gaan baie positiewe dinge hieruit kom.

Zombie ·

@GP, soos wat se “baie positiewe dinge” is jy van mening sal voortspruit uit genoemde besoek? As jy miskien net ‘n voorbeeld of twee kan verskaf, verduidelik hoe dit prakties sal uitspeel en kan aandui wanneer jy glo die “baie positiewe dinge” sal gebeur. Dit kan moraal help bou.

Andreas ·

Kom ons boikot alle nuus en lewer geen kommentare to op stemdag!

Jo B ·

Jammer daar is mense soos die van die vorige boodskappe. Hoekom so negatief? Dis hoekom ons is waar ons is….. as gevolg van mense wat positiewe waardes afkraak. Bly eerder uit die gesprek as jy ‘n negatiewe standpunt het. TLU SA probeer darm nog, so, my grootste dank aan hulle…. en ek is nie eers ‘n boer nie.

Lana ·

Dankie, Jo B (nie eers ‘n boer nie).
Ons het positiewe mense soos jy nodig, want onder “ons boere” kletter dit maar om almal positief te hou!!!

George in Bloem ·

Kwansuis geskok oor omstandighede nadat hulle groot maats,die ANC, die land vir die afgelope 25 jaar in die grond in regeer en hulle kon toe eerstehands hulle handewerk aanskou na hulle ons so maklik uitverkoop het? Rerig? Hulle het hard saamgewerk om die spul kommunistiese narre aan bewind te kry en nou’s hulle geskok? En wat gaan hulle daaraan doen die klomp liberale idiote? Absoluut bokkerol want in Afrika vandag is Europa se invloed op die laagste vlak ooit en Afrika state leun eerder Rusland en China se kant toe,in so ‘n dat dat Europa so te se irrelevant begin raak het. Dis nou te laat. Die koeel is deur die kerk…

Andre Stander ·

Toemaar, Sisulu sal julle net weer oor die kole haal omrede julle nie “die korrekte kanale van kommunikasie” gebruik het om hierdie situasie te opper nie.

Dan kom daar weer dadels van, want kritiek teen die huidige perfekte regering sal nie geduld word nie. Niks wat skeef loop is immers hulle fout nie, dit is as gevolg van die “legacy” wat hulle ge-erf het.

Siener van Melbourne ·

Europa is nou n Unie. Hulle staan vir niks beduidend nie en verteenwoordig almal en alles. Hulle erken nie die individuele volke of rasse nie en is liberaal vêr links. Hulle gee nie n dooie duit om vir Suid Afrikaners nie. Als net “window dressing “. Met die koms van vliegtuie en internet is Suid Afrika geografies onbelangrik, veral vir Europa.

Karin ·

Heeltemal reg. SA het bitter min om die wêreld te bied, behalwe miskien steenkool. Swart en wit is op hul eie. Wit plakkerkampe sal nie eers ‘n traan laat loop nie. Ons is op ons eie en moet planne maak om te oorleef.

Bosvark ·

Hulle is agter allis, will SA as hulle broodmandjie he. Nou se hulle hulle voel vir die boere. nadat Engeland se premier gese het dat hulle ons boer vroue en kinders in konsentrasie kampe gesit het vir hulle eie veiligheid en dat hulle seker wou maak dat hulle nie honger ly nie. Hulle wil nou weer die wereld laat dink dat hulle net wil help. Wat de hell, kan ons nie sien wat opad is nie.

Hartseer ·

Geskok? En die mat is seker so ‘n bietjie onder hulle alies uitgeruk. Ons moet elke dag met afgryse die een skokkende ervaring op die ander beleef en sin daaruit probeer maak. Daagliks word ons gebombardeer met die een of ander onthulling of skande of krisis of betoging of brandstigting, asook eerstehands ‘n knellende ekonomie beleef – en sin daaruit probeer maak. Ek ervaar dat ons mense afgestomp begin raak, want dit is hoe ons probeer oorleef. Ja, ek is ook ‘n gelowige en glo opreg soos die Groot Boek ons leer. Dit beteken egter nie dat ons Suid-Afrikaners nie moet begin kyk na ons emosionele gesondheid en die effek wat daaglikse skokkende gebeure op ons psige het nie. Dus, wees “goed” vir jou psige – kry ondersteuning, praat gereeld met iemand wat jou kan help om die “skok” uit jou gestel te kry. En laastens, wees goed (“be kind”) vir mekaar as mede-“strugglers” – want hierdie is die ware “struggle” wat ons tans ervaar. Begin sommer deur mekaar nie so op MM aan te val nie.

Anneli ·

Hartseer, baie dankie vir jou sinvolle kommentaar. Ek voel ook soos jy. Mens voel sommer vuisvoos sommige dae. Ons is ‘n twisgierige groep mense en dit is ons groot swakheid. Ons moet meer sagkens werk met mekaar en saamstaan. As ons dit nie kan doen nie, gaan ons verseker verswelg word.

Stephan de S ·

Dankie TLU SA…..dis n noodsaaklike inisiatief. Dis klein emmertjies water wat n tenk volmaak. Rome is nie in een dag gebou nie

Fanie ·

Lekker! Nou kan die mense in ander lande sien dat sie ANC niks anders is as ‘n wolf in skaapsklere. TLU met meer sulke toere reël. En ja, nooi vir Dr. Frans Cronje en Steve ook saam met op die toer groep.

John ·

Die ogies blink altyd wanneer hul in Afrika kom… die geleenthede wink… Kyk hoe mooi is die Kaap en hier by ons is dit vaal en koud… Ons sal kom help… Ons weet net hoe… Ons sal belè as ons ‘n plasie kan kry… teen ‘n appel en ‘n ei.

CallieL ·

Wil saam met Nick stem. Weereens kry TLU kritiek van Suid Afrikaners. Dit terwyl hulle goed doen. Die negatiewe kommentaar sal ek waarborg kom van die af wat self te ruggraatloos is om iets te doen. Magtig, begin n slag saamstaan dat ons kan begin terug veg.

lvdh ·

Ek is meer geskok oor die feit dat hulle geskok is. Die noodkreet gaan dan al vir jare oor die wêreld. Nou…..hoeveel lewens verder

Waarheid ·

George jy is so reg.
Europa sit nou met n groot probleem
Die wiel het gedraai.
Jip ons is op ons eie maar ons gaan dit maak.
Nie nou al nie eers later want dit gaan nog baie slegter gaan voordat dit beter word.
Die smeltkroes moet nog eers gebeur waar die kaf van die koring geskei gaan word.

Christo ·

Net soos gedurende die Boere oorlog en konsentrasiekampe sal die Europa net lippediens doen oor die situasie en níks anders nie. ‘n Vrugtelose oefening.

Dankie ·

Dankie, maak die wereld bewus sodat hulle n kans het om massamoorde teen ons te voorkom. As hulle nie voorkom4nde stappe neem nie moet hulle nie agterna geskok wees nie.

Attie. ·

Verwag enigeen die EU gaan ons kom red? Toe dit erg gegaan het in Zimbabwe het die wereld net sanksies ingestel. Ons is dankbaar oor wat die TLU gedoen het maar almal moet verstaan dat daar nie in die Westerse wereld het ‘n gebrek aan kos is nie. Sou ons olie gehad het was Trump en drie vliegdekskepe hier om toesig te hou oor die verloop van die verkiesing. Ons redding kom van God af en dis waar ons hoop en geloof moet wees.

Attie. ·

In 1990 het ‘n kennis teruggekeer Zim toe met die idee dat dit eers slegter sal gaan voor dit beter sal word, en dis nou amper drie dekades gelede. Dankie vir wat TLU en Afriforum vir wt julle vir ons doen. Julle moet net vir Steve leer om sy bek te hou en nooit politieke stellings te maak nie. Hy verwoes met een sin alles wat deur ander opgebou word.

Phillipae van Tonder ·

Not everyone is an idiot, not everyone believes what is dished up to be the truth. Sooner or later the whole truth will come out. BUT….. what are they willing to do about the truth? Empty promises means nothing, actions speak loudly. Will anyone be brave enough to take action, that is the question!!!!

Johan ·

Ek dink so tussen die misdaad situasie, slegte paaie, onderwys, elektrisiteitsvoorsiening probleme, plaasaanvalle, korrupsie, onbevoegdheid, onteiening sonder vervoeding, geen beleggersvertroue, probleme by transnet en SAA ens ens ens… kom die afvaardiging uit Europa hopelik net tot een gevolgtrekking: “O, is dit waarom die Afrikaner vir 40 jaar verkies het om oor hom self te regeer ! Oooh ! Hy behoort daardie reg weer te he ” !

desmond ·

Die klomp wat sulke negatiewe opmerkings skryf moet liewers hulle agterente lig en iets probeer en nie net sit en opmerkings maak en afkraak nie. Hulee moet in hulle opmerkings se wat hulle doen om alles reg te ruk.

waarheid ·

Desmond, ongelukkig gaan die land eers vou voordat ons dit kan regruk.
Dit moet heeltemal tot niet gaan – want eers dan kan jy weer iets opbou – met ‘n nuwe regering wat nie korrup is nie. Ons gaan alles van vooraf moet opbou met die regte mense met kennis. Dan is die skoen aan die ander voet.
Intussen wag ons dat dit gebeur en dit is goed oppad. Ons gaan nie te lank wag nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.