Europese satelliet help landbou in SA

Argieffoto

Argieffoto

‘n Europese satelliet, die Soil Moisture and Ocean Salinity-satelliet (SMOS), het goeie terugvoer uit Suid-Afrika gekry oor die bydrae wat dit kan lewer om oesskattings te doen, en ook betyds te bepaal waar voedselhulp weens mislukte oeste nodig gaan wees.

Die data word deur die Amerikaanse departement van landbou verwerk en bedryf.

SMOS is aanvanklik ontwerp om ‘n beter begrip oor die aarde se watersiklus te vorm, maar sy veelsydigheid word nou gebruik om droogtes te voorspel en oeste in kwesbare areas te verbeter.

Die satelliet meet onder meer die vogtigheid van grond. Dit word tradisioneel deur mense op aarde gedoen, maar in areas waar daar nie ‘n hoë gehalte van waarnemings is nie, werk dit nie. Suidelike Afrika is as so ‘n gebied geïdentifiseer, en die satelliet word ingespan om die nodige data te bekom.

Goeie terugvoer is van analiste in Suidelike Afrika bekom. Dié nuwe produk kan op die webwerf Crop Explorer bekyk word.

Die volledige artikel van die Europese Ruimte-agentskap kan hier gelees word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.