Evander-goudmyn gaan grootste deel van arbeidsmag aflê

Argieffoto

Die National Union of Mineworkers (NUM) is in kennis gestel dat die Evander-goudmyn in Mpumalanga glo die grootse deel van sy werkersmag gaan aflê.

Tshilidzi Mathavha, streeksekretaris van NUM, het gesê die unie is geskok en hartseer oor Evander se voorneme om 1 722 werkers af te dank.

Volgens Mathavha het dié myn, ʼn filiaal van Pan African Resources, ʼn totale arbeidsmag van 1 812.

“Die maatskappy het NUM ingelig die afleggings is as gevolg van ʼn ou myn met infrastruktuur wat onvoldoende is en agteruitgaan, hoë operasionele koste soos elektrisiteit, arbeidskoste en ʼn lae goudprys.”

NUM is teen die aflegging gekant omdat elke mynwerker volgens die unie gemiddeld tien ander mense finansieel ondersteun. “Dit beteken talle mense sal negatief geraak word deur die afleggings.”

NUM het gesê hy is bekommerd dat wanneer mynmaatskappye afdeling 189 van die Wet op Arbeidsverhoudinge gebruik hulle dit nie in ooreenstemming met die Wet op die Ontwikkeling van Minerale en Petroleumhulpbronne doen nie.

Dié wet dui aan dat die eienaar van ʼn mynreg na oorlegpleging met geregistreerde vakbonde of geaffekteerde werknemers of hul genomineerde verteenwoordigers waar daar nie so ʼn vakbond is nie, die minister op die voorgeskrewe wyse in kennis moet stel: Eerstens wanneer daar heersende ekonomiese toestande is wat veroorsaak dat die wins tot inkomsteverhouding minder as 6% gemiddeld vir ʼn aaneenlopende tydperk van 12 maande is, tweedens wanneer ʼn mynaanleg verminder of afgesluit word met die moontlike effek dat 10% of meer van die arbeidsmag of meer as 500 werknemers, wat ook al die minste is, waarskynlik in enige 12 maande-tydperk afgelê gaan word.

Volgens Mathavha is daar ʼn behoefte aan transformasie in die mynbedryf wat die klem op menslike ontwikkeling en nie net die winsoogmerk plaas nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Kobus ·

Dis van te veel transformasie dis hoekom ons myne toemaak.as wil hulle he.maar kan die myn nie bestuur nie.seker mense het dit en ander is net goed vir n graaf

KP ·

En wie moet ons bedank, Jacob Zuma en die korrupte ANC……. Kom stemdag dan stem almal weer ANC……. Kry vir julle….

Peet Schabort ·

Prospekteerwerk het in alle erns gedurende1948 (Union Corporation Limited) in aanvang geneem in die Evandergebied alhoewel reeds in 1903 daar vir die eerste keer geboor was. Eerste goudstaaf word gegiet in 1958, dus vanjaar 60 jaar gelede. Daarom is ek nie verbaas dat hierdie myne weens ouderdom (uitgewerk en nie meer betalend) haas aan die einde gekom het. ‘Evander Township’ en ‘Winkelhaak Mines’ word op ‘n teël (in my besit) van 1955 herdenk met die woorde ‘Commemorating The Formation on the 7th December 1955 of . . . WINKELHAAK MINES and EVANDER TOWNSHIP’. Met boorgat UC 65 (naby die gholfbaan) is die goudrif ontdek. Evander is vernoem na Evelyn Anderson eggenote van een van UCL se destydse direkteure. Sover ek weet is daar op geen stadium herdenkings gehou op enige tydstip gedurende die dorp se bestaan wat ‘n jammerte is.
Die einde van die goudmyne is ‘n werklikheid in daardie gebied maar ek glo dat Evander sal voortbestaan.

m.d.r ·

Stem volkome met jou saam Peet. Ek het daardie myne leer ken tydens die Gencor dae–na die samesmelting van Union Corp en General Mining. Vandaar die “cor” in Gencor–General Mining-Union Corporation.
Ek meen dat die meeste Goudmyne in SA in elk geval op geleende tyd bestaan–die goudprys is nie hoog genoeg nie, die myne is te diep en te koste–veral arbeid en elektrisiteit is te hoog.
Die unies moet hulle maar voorberei om nog meer sulke situasies.
Soos die spreekwoord lui–jy kan nie bloed uit ‘n klip tap nie. net so min kan jy goud uit ‘n klip grawe waar daar nie meer goud is nie….

Casper Labuschagne ·

Dit is so, die produktief ontginbare goudrif is sekerlik uitgewerk. Maar hier is ‘n kwessie wat bitter min aandag kry, en dit is dat die dag sal kom dat SA grootliks ‘n uitgewerkte dop is waar wat ekonomies ontginbaar is, reeds ontgin is. En in al die jare wat wins uit die minerale geskep word, word bitter min gedoen om alternatiewe bedrywe daar te stel wat die gemeenskappe sal onderhou na die sluiting van die myn. Dit het in die Vrystaatse Goudvelde ook gebeur, en die ellende sak soos ‘n skielike swart wolk op die gemeenskap neer, en dit behoort nie so te wees nie, so ‘n sluiting is tog voorspelbaar.

Gemaskerde Sopbeen ·

Boerseun! Net so. Maar nie “GEE” hom aan die vakbonde nie. VERKOOP hom aan die vakbonde en wetskrywers….dan kan hulle ons wys hoe dit gedoen moet word. Ek het lank terug ‘n piep klein een-man-besigheid aan die werkers “geskenk” na hulle al hulle “demands” gemaak het. Was nie twee weke nie, toe wil hulle my TERUG hê om die gemors te kom opruim.

Johanna Botha ·

Ja laat die vakbond dan verder myn met sy eie mense …wat n uitsteekende plan ! GO FOR IT OUENS ….JULLE KAN MOS MAN ! ;)

Pieter ·

Hul kan dan maar al die myne in Arora myne omskep….
Stroop als en los die werkers met niks.

Johannes van Staden ·

Ja NUM wys ons nou hoe dit gedoen word asb ! Daar het julle dit nou vir julle staakings en gedaans. En die anc kyk net en daar gaan al die werksgeleenthede ! Die anc se goeie storie maar ons stem nogsteeds anc en leer nie !

Werner ·

Is die Aurora myn nie ‘n goeie voorbeeld van ‘n getransformeerde myn nie? Is dít wat die vakbond wil hê?

Nic ·

“Die infrastruktuur is verouderd….” met ander woorde dit raak gevaarlik om die myn te bedryf vir die min inkomste wat dit oplewer. En sou daar ‘n rots storting of ongeluk plaasvind, is dit die bestuur se skuld! Nie die treurende vakbond of onbeholpe werkers nie!

ZAMA ZAMA ·

GEE die myn vir die OPKOMENDE agtergeblewe myners … as hulle kan BOER, kan hulle mos MYN ook … dan skep julle NOG werk, en elkeen kan ‘n aandeel in die myn he . dit is nou Swart Ekonomiese Bemagtiging ..

Tokkie ·

Daar moet geleer word hit lande soos Dubai hulle het reeds besef dat hulle oliereserwes nie verewig gaan hou nie – hulle het reuse planne beraam en begin konsentreer op n wêreldklas toerisme bestemmi g en massiewe beleggings in vooruitgang op die aandelebeurs en ander gebiede !

Anoniem ·

Dit is die unies wat die werkgewers dwing om mense af te sit. Die unies smeer stroop om mense se monde en sweep hulle op met stakings en wanneer die mense staak dan is hulle nie daar om vir die mense te sorg nie. Mense wat aan unies behoort se oe moet oopgaan en besef om al hoe meer verhogings in salarisse en voordele te kry druk die werkgewers om met minder mense klaar te kom.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.