EWN vra om verskoning vir ‘poeph*ls’-spotprent

Die spotprent wat EWN op Twitter gelaai het

Die spotprent wat EWN op Twitter gelaai het

Eyewitness News (EWN) het om verskoning gevra nadat hy gister ‘n spotprent genaamd “A Congress of Clowns” gepubliseer het waarin daar na kiesers as “poeph*ls” verwys word.

Die spotprent is wyd op sosiale media versprei en het baie mense warm onder die kraag. Sommige sosiale media-gebruikers meen die spotprent is rassisties terwyl ander meen dit is onaanvaarbaar om na kiesers as “poeph*ls” en “narre” te verwys.

EWN het in ‘n verklaring op sy webtuiste gesê dat hy baie terugvoer oor die spotprent ontvang het en dat dit ter harte geneem word. “Ons is bewus daarvan dat ‘n politieke spotprent oop is vir individuele interpretasie. Ons aanvaar dat die kommentaar in die spotprent, hoewel onbedoeld, vir sommige van ons gewaardeerde luisteraars en lesers aanstoot gegee het en ons by EWN vra om verskoning.”

EWN sê hy het die terugvoer aan die spotprenttekenaar gestuur vir verdere bespreking en oorweging. “Ons by EWN sal voortgaan om vryheid van spraak en redaksionele onafhanklikheid na te streef.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Maryna ·

Hy het seker maar bedoel “we the peoples”… New SA English, sien.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.