Fabriekeienaar vas wat glo onwettige migrante, kinders as arbeiders gebruik

Argieffoto

Die eienaar van ʼn Johannesburgse fabriek is in hegtenis geneem en sy werknemers na ʼn plek van veiligheid geneem nadat die eienaar glo kinders jonger as 15 jaar en onwettige migrante ingespan het om harde arbeid in die fabriek te verrig.

Die departement van arbeid het Donderdag op die fabriek toegeslaan waar die maatskappy Beautiful City die binnekatoen vir beddegoed vervaardig. Die maatskappy het 150 onwettige migrante aangestel van wie net een die nodige dokumentasie het. Die meeste van die werknemers is Malawiese burgers.

Daar word beweer dat die fabriek agter geslote deure bedryf word dat werkers nie eens toegelaat is om die fabriek te verlaat nie.

“Die inligting wat die departement bekom het toon dat die arbeiders dag en nag in ʼn fabriek toegesluit was en dat hierdie Malawiese burgers, indien hulle iets wou koop, dit op ʼn stuk papier moes skryf sodat hul base dit vir hulle kon gaan koop, het die departement in ʼn verklaring gesê.

Luidens die verklaring het die werkers R65 per dag verdien en sewe dae per week gewerk. Hulle is nie oortyd betaal nie en is aansoek om verlof is geweier.

Een van die Malawiese burgers se hand is ook glo deur ʼn masjien by die fabriek afgekap. In plaas daarvan om die werknemer na ʼn hospitaal of kliniek te neem, het die eienaar ʼn Chinese dokter na die fabriek ontbied en geweier dat die werknemer elders mediese behandeling ontvang.

Volgens die departement is 78 werknemers tydens die klopjag op die perseel aangetref. Die werknemers is altesaam ongeveer R6,3 miljoen onderbetaal. Die departement het die werkgewer nou gelas om die werknemers binne 14 dae te betaal.

Die departement se inspekteurs het ook ʼn verbodskennisgewing aan die onderneming uitgereik.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

A Klaassen ·

Daar is waarskynlik meer van die tipe fabrieke in ons land. As die eienaar enigsins is wat ek maar vermoed hy is, is ons liewe regering weereens aanspreeklik. Hulle is mos maar erg oor hulle goeie vriende vanuit China.

Neels ·

So gaan dit op verskeie plekke in die land. As mens nie uitgebuit word nie , word hulle geeksploteer om renosters , leeus en ander beskermde spesies te plunder net vir die oosterse mark. SA is mos maar net n provinsie van China en daardie burgers betaal nie eers btw of enige belasing nie . Is ook vrygedtel vsn enige arbeids wette

Johan du Toit ·

Ons sal graag die nasionaliteit van die werkgewers wil weet!

Chris du preez ·

Ek hoop al daai onwettige immigrante word nou terug gestuur

Dirk ·

Lees nêrens dat die werkgewer in hegtenis geneem is, aangekla is/word of dat die onwettiges terug gestuur gaan word nie… snaaks?!

marous ·

Voorsmakie wat vir wat gaan kom , en dit alles vir ‘n potjie lensie sop .

Nettie ·

@marous – so waar, so waar!!! Hierdie is maar net niks anders as ‘n “Chinese sweatshop” gewees nie; hulle (in China) is gewoond daaraan om kinders te gebruik en mense in die mees onmenslike omstandighede te laat woon en werk. B.t.w., wat soek hierdie Malawiërs in SA as hulle nie die nodige dokumentasie het nie??? Dan is hulle mos onwettig hier – ek hoop hulle word na hulle land terug gepos.

jakes ·

Hierdie skandelike praktyke is volop in SA. Veral sogenaamde Chinese sakelui wat in stegies en systrate fabrieke of winkels bedryf. Meeste bly ook sommer op die perseel en as hulle klere verkoop, dra hulle sommer dieselfde klere en verkoop dit dan aan mense. Selfs in China word hulle werkers uiters swak betaal en hulle moet summier vervolg en toegesluit word.

Judge Dredd ·

Word bedryf soos sweatshop en kry Chinese dokter – dit sal julle idee gee watter nasionaliteit die eienaar is…..

Leon ·

Daar is drie opsies vir werkgewers. Sjinese, Indiërs en Pakistanis. Kies een van hulle. Dit is tipies hoe hulle fabrieke in die drie lande bedryf.
Indië het greeld vuurwerk fabriek wat ontplof weens onder ouderdom en ongeskoolde werkers. Pakistan se werkers word gereeld doodgebrand in toegesluite fabrieke.

Schalla ·

Toe ek in omtrent standerd 8 was, wou ek en ‘n paar vriende een vakansie ekstra geld verdien en het toe ‘n werkie losgeslaan by ‘n fabriek by die destydse KSOK (Klein Sake Ondernemings-Korporasie) in Silverton. Tipiese fabriekswerk – bokse gedra en items verpak en bokse gevou. Ons het ons alies afgewerk maar het aan die einde van die vakansie almal bietjie ekstra spaargeld opgebou. Ons is egter darem nie opgesluit nie en dit was uit ons eie wil.

Uiteraard is kinderarbeid (waar ‘n onderneming misbruik van kinders maak) totaal onaanvaarbaar. Maar ja, om jong kinders ook die geleentheid te gee om in die sweet van hul aansig geld te verdien en ‘n waardering vir harde werk en arbeid adel te kry is ook nie sleg nie – mag dalk help met die jong generasie se entitlement-kompleks en gooi-‘n-vloermoer-tot-jy-jou-sin-kry houding.

Maar ja, uit bg artikel klink dit egter of hierdie ou ‘n slawedrywer was wat uit en uit die kinders misbruik het vir sy eie gewin.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.