Fabriekswerker ernstig beseer toe band ontplof

Argieffoto

ʼn Man is in ʼn kritieke toestand nadat ʼn vragmotor se band in sy gesig ontplof het in ʼn fabriek in Spartan, Kemptonpark. Die vragmotor se band het in die fabriekswerker se gesig ontplof terwyl hy besig was om dit met lug te vul.

Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911, het gesê paramedici is Maandagmiddag omstreeks 16:59 ontbied na berigte van ʼn industriële ongeluk.

Die fabriekswerker het ernstige beserings aan sy gesig, nek en ruggraat opgedoen. Hy het ook ernstige brandwonde opgedoen.

Herbst vertel paramedici het die man op die toneel behandel en probeer stabiliseer. As gevolg van sy kritieke toestand is hy met die Netcare 7-helikopterambulans na ʼn hospitaal geneem vir verdere mediese behandeling.

Die man is steeds in ʼn kritieke toestand in die intensiewe sorgeenheid.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

bekommerd ·

simpatie met werker
was die band aan die voertuig of was dit af, indien af moes dit in sy staalhok gewees het om juis sulke voorvalle te keer, band aan voertuig moes die werker ten minste 2 meter daarvan weg gewees het , INDUSTRIEELE wette

Wondernet ·

Hy het brandwonde opgedoen? Het hy dalk die metode gebruik waar brandstof in die rim gegooi word, dan aan die brand gesteek word sodat die band terugspring op die rim weens vinnige uitsetting van lug binne die band – indien wel wees bewus dis ‘n baie gevaarlike metode en net ‘n kundige persoon behoort dit te doen.

Voorkomend ·

So tragies onnodige én voorkomende ongelukke gebeur, omdat daai sterre vir veiligheids gegradering op borde voor ingang van mpy nie meer tel NET BEE, kwotas ens is vér bo veiligheids gradering vandag.

Fanie du Preez ·

Dit is wat gebeur as jy nie jou personeel wat vir jou werk oplei nie. . . hulle raak cowboys . . .weet sommer beter…hy het n paar veiligheids-wette oortree…so leer ons maar…met stampe en stote.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.