Facebook-blad om Gordhan te ondersteun

Pravin Gordhan Foto: Hands Off Pravin Gordhan, Facebook

Pravin Gordhan Foto: Hands Off Pravin Gordhan, Facebook

ʼn Facebook-blad, Hands Off Pravin Gordhan, is opgerig ter ondersteuning van die minister van finansies, Pravin Gordhan.

“Elemente binne die staat bedreig Pravin Gordhan,” lui die beskrywing van die blad. “Hy was ʼn leier tydens die struggle, maar nou is hy nie meer veilig nie. Die mense moet hom verdedig.”

Volgens die Facebook-blad is dit opgerig ter verdediging van “ʼn man wat teen korrupsie is, ʼn kabinetminister wat die land voor die party plaas”.

Dit is nie duidelik wie vir die bladsy verantwoordelik is nie. Bykans 7 000 mense het reeds die blad ge”like”.

Gordhan het self vroeër vandeesmaand ʼn verklaring uitgereik waarin hy noem dat berigte oor sy inhegtenisneming – of dit binnekort op hande is of nie – uiters ontstellend is vir hom en sy gesin. “Ek kan nie glo dat ek ondersoek word en moontlik aangekla kan word van iets waaroor ek totaal onskuldig is nie,” het hy gesê. “Ek het die vrae beantwoord wat die Valke gevra het, en het nog nie weer iets van hulle af gehoor nie.”

Gordhan het gesê die kwaadwillige gerugte en beskuldigings oor “spioenasieaktiwiteite” is vals en met bybedoelings versin.

Die Valke en die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) het intussen vandeesweek die mediaberigte, dat Gordhan vervolg kan word, ontken.

Die Sunday Times het vroeër berig Gordhan kan moontlik saam met agt ander mense vervolg word vir hul beweerde betrokkenheid by ʼn sogenaamde “rogue”-eenheid in die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID). Volgens die koerant het “betroubare bronne” bevestig die Valke het ʼn dossier aan die NVG oorhandig waarin die minister se betrokkenheid by die eenheid uiteengesit word.

Ander mense wie se name ook glo in die dossier genoem word, is staatsaanklaer Gerrie Nel en voormalige SAID-hoof Johann van Loggerenberg.

Die sogenaamde rogue-eenheid is glo op die been gebring terwyl Gordhan SAID-kommissaris was, om na bewering op belastingbetalers te spioeneer. Gordhan het vroeër, in antwoord op vrae van die Valke oor die geheime eenheid, gesê die eenheid is volgens sy kennis wetlik op die been gebring en binne die grense van die wet bedryf.

Alex Mashilo, die SAKP se woordvoerder, het gesê Gordhan en sy adjunk, Mcebisi Jonas – wat die fluitjieblasers was van die Guptas se gekonkel – het die volle ondersteuning van dié party om openbare hulpbronne te beskerm.

Gordhan was ook uitgesproke oor die feit dat “geen enkele familie die lot van 55 miljoen Suid-Afrikaners moet beheer nie”, klaarblyklik in verwysing na die Guptas se beweerde inmengery met die regering.

Pres. Jacob Zuma het Gordhan in Desember weer as die minister van finansies aangestel, ná David van Rooyen, na slegs vier dae in die amp, herroep is. Zuma het wyd kritiek ontlok nadat hy die vorige minister van finansies, Nhlanhla Nene, onverwags in die pad gesteek en die onbekende Van Rooyen aangestel het.

Bewerings het daarna aan die lig gekom dat die Guptas persone genader en ministersposte vir hulle aangebied het.

Die Sunday Times het berig Atul Gupta en Zuma se seun, Duduzane, het glo die pos van minister van finansies aanvanklik eers aan Mcebisi Jonas, die huidige adjunkminister, aangebied. Volgens die gerugte het Jonas egter die pos van die hand gewys, waarna David van Rooyen aangestel is.

Die Guptas het intussen vermoedelik Suid-Afrika permanent verlaat en’n huis van R445 miljoen in Dubai gekoop.

Lees alle vorige berigte oor Pravin Gordhan op Maroela Media.
Lees alle vorige berigte oor die Guptas op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Lance ·

Volgens my kan die man maar gerus die president word ….hy bou op waar sy baas lyk my alles wil breek en die massas stem nogsteeds vir hom …just dont get it !!

Cherokee ·

So begin julle bietjie bietjie die ANC ondersteun. Jy probeer al selfs Engels praat!

Cherokee ·

So begin julle een vir een die ANC ondersteun. Jy praat selfs al paar woorde Engels!

lynette ·

As Gupta’s so onskuldig is aan al die bewerings soos Zuma beweer, hoekom het hulle so vinnig padgegee?

Hennie Theart ·

Kyk maar net hoe vinnig Zuma pad vat as hy uit geskop word. Ek glo hy sal ook al ‘n huis in Dubai he.

Ander Koos ·

Verstaan ek reg? Moet die apartheidsondaars en rassiste hom nou teen sy struggle buddies beskerm? Ek dog hulle noem mekaar comrades

Leon ·

Dit is duidelik dat mnr, Gordhan oor gereedskap beskik wat ‘n GROOT blik wurms kan oopmaak waaroor sommige mense en hulle trawante baie bekommerd is. Ons moet die saak beslis steun, anders gaan die string van “boeties” net te lank raak vir Suid-Afrika se ekonomie en sy belastingbetalers.

Thuunda ·

Nee wat, ek ondersteun geen ANC lid nie. Kry vir julle, eet mekaar op maar, ek sal kyk hoe julle dit doen en my ding doen aan die kant om weg te kom van julle klomp skurke!

Chrisjan ·

Gordon die kommunis? Kan hy nou op water loop?
Soms lyk my volk baie dom.

johann cb ·

Ek ondersteun die veldtog, maar is beslis nie ANC nie. Eenvoudig: ons kan nie bekostig dat JZ sy voet nóg verder in die deur kry nie. Hoeveel ekonomiese terugslae kan ons land en sy ekonomie nog bekostig? Dit sal ‘n ramp wees as die minister arresteer word. Die grootste deel van ons bevolking is “die gewone man op straat”! Sal die heel rykes ook saam met ons val?

Cherokee ·

Ek dink dat ons anders sal moet begin redeneer. Miskien behoort ons te hoop Zuma bly waar hy is want as die ANC uitgeskop word sal dit wees ten gunste van die EFF. Natuurlik is Zuma nie die ANC nie al dink hy so maar ‘n sp-verandering sal nie noodwendig ‘n verbetering wees nie.

Joss ·

Ons moet almal saam staan om minister Gordhan by te staan want dit is net ons mense wat nog meer gaan swaarkry as hy bedank. Dit sal een groot gemors en verarming bring.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.