Facebook hoop om probleme binnekort uit te stryk

‘n Skermgreep vanaf Twitter.

Sosialemediagebruikers van WhatsApp, Facebook en Instagram is op hol nadat al drie die platforms Woensdagmiddag wêreldwyd – ook in Suid-Afrika – groot probleme begin ondervind het.

Die probleme hou meestal verband met foto’s, video’s en lêers wat nie op- of afgelaai kan word nie.

Al drie die toepassings behoort aan Facebook.

Twitter was minstens nog beskikbaar en gebruikers het hulle tot dié platform gewend om hulle frustrasie met die situasie te kenne te gee.

Facebook het ook op Twitter om verskoning gevra.

“Ons vra om verskoning vir die ongerief en werk daaraan om die situasie so gou as moontlik na normaal te laat terugkeer,” het die maatskappy in ʼn kort boodskap gesê.

Die probleme het intussen gelei tot ʼn stortvloed aanlyn grappe oor gefrustreerde gebruikers wat nie die toepassings kon gebruik nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Ma ·

SjN, dit is nou nie mooi van jou af nie. My kinders woon baie ver en dis heerlik om elke dag ń stemboodskap of foto te kry. As jy nie hiervan gebruik wil maak nie, gee jou foon weg of delete di app. Ag nee man.

François Jouself ·

Stem saam. Ek het my FB profiel verwyder en maak nou net van whatsapp gebruik. Facebook must fall!

Chris ·

n Bietjie selfsugtig sou ek sê. Vir baie mense is dit hulle enigste bekostigbare vorm van kommunikasie met hulle familie oorsee.

Freud ·

@Francois-Jouself
Net ter inligting, WhatsApp is deel van Facebook, so as jy Facebook wil delete omdat jy wil hê “facebook must fall”, weet dan net dat jou WhatsApp saam daarmee gaan val want WhatsApp en Instagram behoort almal aan Facebook.
Versigtig waarvoor jy wens. Party mense verlaat hulle op WhatsApp en Facebook om in verbinding te bly met familie reg oor die wêreld.

Shannon ·

Die grootste probleem wat aandag geniet by FB is die sensitiewe A.I. wat benodig word om alle konserwatiewe uitlatings uit te wis sonder om Donald Trumpet se rekening per ongeluk vrek te maak.

Koos ·

Dit is kommerwekkend hoe mense afhanklik geraak het van die applikasies. As tegnologie faal kan mense lyk dit my nie meer normaal funksioneer nie

marco polo ·

Probeer gerus Wechat. Dis baie meer stabiel en is soos whatsapp en facebook in een. Ek doen daagliks video oproepe daarmee regoor die wereld.

Pieter ·

Ek vind dat die toep genaamd Signal ‘n baie veiliger opsie is as WhatsApp. Video en oproep kwaliteit is beter en hulle is ernstig oor gebruikers se privaatheid.

Anon ·

Een van die min kere wat ek foto wil deel op FB en dan wys dit nie. LOL

EO ·

Sjoe, maar die mense raak goor met hulle snedige opmerkings.
Gelukkig hoef julle dit nie gebruik as julle wil nie. Ander mense wil dit gebruik. Hou julle kommentaar vir julle self.

Bossie ·

Ag my aarde tog! Ek kommunikeer ook baie lekker met my kinders via w.app. Ek het nie facebook nie maar ek het absoluut niks daarteen nie. Indien jy nie van een van die twee hou nie is dit ook jou keuse maar moet tog nie in elke liewe situasie die negatiewe voortbring en dit nog publiek ook maak nie. Ag nee wat man!

StarShipTrooper ·

Gelukkig gebruik ek bitter min whatsapp maar fysboek gereeld so ja anyways…. life goes on niemand is dood nie en ‘n bietjie tyd weg van die platforms sal niemand skade doen nie.

JoeseF ·

Ja nee kyk, tiepies Saffa, kan mekaar niks gun nie, nie eens Facebook of Instagram nie. en vir die van julle wat so Facebook must fall en dit haat, jul ondersteun hul nogsteeds, Whatsapp is deel van Facebook.

Gerda ·

Hahahahaha…..toe voel baie mense weer hoe dit voel om by die aand ete tafel met mekaar te praat.

Juanita ·

Hahaha, kan jy nou meer, Facebook en Kie is van die lug af vir n paar uur en mense wil hul broeke natmaak. Ag nee regtig.

Ek stem volkome saam met sommige kommentaar: mense het HOPELOOS te afhanklik geraak van hierdie dinge. Dit is besig om ons kommunikasie-vermoë te negatief te beïnvloed.

Niks teen die dienste, ek gebruik hul self. Maar sit tog maar so af en toe die foon neer en gaan GESELS mense pleks daarvan om so vasgeplak te wees vir die klein skerm. Dit verrig wondere vir die siel.

Nel ·

Woorde en prentjies is nie genoeg nie. Die lewe moet geleef word. So maak van die geleentheid gebruik en maak jou voordeur oop…

JohnG ·

Ek het gewonder hoekom soveel mense aansienlik beter bestuur het. Baie minder van die mense met die lang ooglede soos hulle die pad en die foon gelyk probeer dophou.

Wonder altyd ·

Ek is op whatsapp en telegram. Was nog nooit op facebook. Nou kom asb mense, kan enige iemand my kom vertel wat mis ek als omdat ek nie deel van facebook is nie.?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.