Facebook se gesigherkenning voortaan outomaties af

(Foto: Facebook)

Facebook het bekend gemaak dat sy beleid om gesigherkenningsagteware te gebruik om mense te identifiseer wat in opgelaaide foto’s te verskyn – en die voorstel om hulle daarin te merk – voortaan by verstek afgeskakel is.

Facebook vervang dié kenmerk, genaamd “tag suggestions”, met ʼn breër gesigherkenningsverstelling. Dit identifiseer gesigte in foto’s vir verskillende gebruike, nie net om iemand in ʼn foto te merk nie.

Vanaf Dinsdag kry diegene wat nuut by Facebook aansluit, of gebruikers wie se merk-opsie aangeskakel was, die gesigherkenningsverstelling. ʼn Gebruiker kan dan self besluit of hy dit wil aan- of afskakel.

Diegene wie se verstelling vir die merk-opsie vantevore afgeskakel was, gaan ʼn kennisgewing oor gesigherkenning ontvang, asook ʼn knoppie sien met ʼn keuse om dit aan te hou, of af te skakel.

Facebook sê sy gesigherkenningstegnologie laat ook steeds nie toe dat vreemdelinge jou identifiseer nie.

Facebook is vroeër in Illinois in die VSA hof toe gesleep oor die merkvoorstelverstelling. ʼn Federale appèlhof het in die aansoekers se guns beslis en bevind die hofsaak mag voortgaan.

Die aansoekers voer aan Facebook se gesigherkenningstegnologie kom neer op die onwettige versameling en berging van biometriese data, ingevolge Illinois-wetgewing.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.