Facebook-slenter lei tot moorde, verkragtings

Argieffoto (Foto: Simon, Pixabay)

Twee verdagtes sal Maandag in die Mthatha-landdroshof verskyn ná hulle tussen Vrydag 16:00 en Saterdag 07:00 vasgetrek is in verband met ʼn Facebook-slenter wat tot die moord op minstens drie mense en die verkragting van vier vroue gelei het.

Kapt. Khaya Tonjeni, woordvoerder van die polisie, het gesê ʼn 28-jarige man en sy 21-jarige vriendin is onderskeidelik in die Ncameni-nedersetting en die Ngcothi-nedersetting in hegtenis geneem.

Die man het glo op Facebook vriendskapversoeke met ʼn vervalste profielfoto en profiel aan vroue gestuur. “Hy sou dan reël om sy slagoffers in Qumbu te ontmoet en het vir hulle geld vir vervoer deur middel van die Money Market-diens gestuur,” het Tonjeni verduidelik.

Sodra die slagoffers in Qumbu aangekom het, het die verdagte sy slagoffers laat weet dat hy kamstig met iemand anders sal reël om hulle te gaan haal omdat hy besig is. “Die verdagte sal dan self opdaag en maak of hy iemand anders is. Hy het dan die slagoffers na velde in Ngcalukeni gelok waar hy hulle verkrag en soms vermoor het,” het Tonjeni gesê.

Die vroue is glo met vislyn verwurg en van hul klere gestroop.

Sewe aanklagte, drie van moord en vier van verkragting, is by die Qumbu-polisie aanhangig gemaak.

Volgens Tonjeni is selfone, sakke en klere wat aan die slagoffers behoort by die verdagte se vriendin se huis aangetref. Die geraamde waarde van al die goedere is R50 000.

Die man staan tereg op aanklagte van moord en verkragting en sy vriendin op aanklagte van die besit van vermoedelik gesteelde goedere.

Lt.genl. Liziwe Ntshinga, provinsiale polisiekommissaris, het gemeenskappe gemaan om saam met die polisie te werk om die vlaag van geslagsgebaseerde geweld stop te sit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

CHRISTA ·

Hoekom moet die gemeenskap NOU kamma help? As gemeenskappe kla en uit desperasie OPTOGTE hou is hulle rassisties!! MOORD, VERKRAGTING EN ROOF word uurliks in ons land uitgeoefen asof dit ons land se NASIONALE SPORT IS!!

Jakalas ·

In al die politiek en rasse probleme in Suid Afrika, kan mens vergeet dat sulke siek mense under ons in die land lewe. Hoop hierdie mense kry hulle verdiende loon. Alhoewel ek dink die gemeenskap sou wou hulle in die hande gekry het.

Tammy ·

As jy jouself op sosiale media adverteer moet jy die gevolge dra. Ek het nog nooit van die idee van facebook gehou nie en het geen simpatie met die mense wat al skade gely het as gevolg van hulle aandadigheid aan facebook nie. So kry vir julle!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.