Facebook verander sy naam

(Foto: Chris DELMAS/AFP)

Facebook het sy moedermaatskappy se naam na Meta verander in ’n poging deur die tegnologiereus om na sy virtuele werklikheidsvisie te beweeg te midde van talle skandale.

Die nuwe naam kom terwyl die maatskappy sukkel om een van sy ergste krisisse nog af te weer en te beweeg na ’n sogenaamde meta-heelal, wat die lyne tussen die fisieke wêreld en die digitale een sal vervaag.

Facebook, Instagram en WhatsApp, wat deur miljarde mense reg oor die wêreld gebruik word, sal hul name onder die nuwe handelsnaam behou. Kritici het die naamsverandering bestempel as ’n poging om die aandag van die platform se probleme af te lei.

“Ons het baie geleer deur met sosiale kwessies te sukkel en onder geslote platforms te leef, en nou is dit tyd om alles wat ons geleer het te vat en te help bou aan die volgende hoofstuk,” het Mark Zuckerberg, uitvoerende hoof, tydens ’n jaarlikse ontwikkelaarskonferensie gesê.

“Ek is trots om aan te kondig dat ons maatskappy van vandag af Meta heet. Ons missie bly dieselfde, en dit is steeds om mense bymekaar te bring en nie ons toepassings en hul handelsmerke verander nie,” het hy bygevoeg.

Die sosialemediareus beleef een van sy grootste krisisse nog nadat ’n voormalige werknemer, Frances Haugen, ’n reeks interne studies uitgelek het wat toon dat die bestuur geweet het watter potensiële skade sy platforms kan aanrig, en dit het in Amerika tot hernude druk gelei vir regulering van die platforms.

Mark Zuckerberg (Foto: MANDEL NGAN/AFP)

Amerikaanse media beskuldig Zuckerberg daarvan dat sy platform voor staatsensors geswig het en dat woede aangewakker is in ’n poging om gebruikers betrokke te hou.

“Kritiek in goeie trou help ons om beter te word, maar my siening is dat wat ons tans sien ’n gekoördineerde poging is om uitgelekte dokumente selektief te gebruik om ’n valse prentjie van ons maatskappy te skets,” het Zuckerberg vroeër die week gesê.

Zuckerberg het egter tydens Donderdag se aankondiging van die nuwe naam gesê die maatskappy se virtuele werklikheidsvisie is die toekoms.

“Binne die volgende dekade sal meta-heelal ’n miljard mense bereik, honderde miljarde dollar se digitale handel tot gevolg hê en werksgeleenthede vir miljoene ontwikkelaars steun,” het hy gesê.

Die maatskappy wil as Meta verby 2D-skerms beweeg na meeslepende ervarings soos uitgebreide en virtuele realiteit om aan die volgende evolusie in sosiale tegnologie te help bou.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Rupert Ashford ·

Die Engelse se “putting lipstick on a pig”. Dit is nogsteeds ‘n varkie…

AW ·

As die mens maar net Werklik weet, en sal besef, hoe hul gemonitor word , deur sulke platvorms….

En dis reg met my, die leser kan maar lag en hul kop skud !!

Snowball ·

‘Meta’ vir jou aan almal se spoggerige plastic posts om jou. Uitbuiters van die mens se hubris en afguns. Minder tyd op dié nonsens en jy kom dalk agter jy kan iets sinvol doen.

katerinadiekat ·

Ag ek het ook altyd gedink FB is so pateties maar ek het vroeg vanjaar aangesluit en regtig as jy versigtig is kan jy n paar oulike vriende maak, bietjie lag vir die snaakse goed wat mense opsit, daar is oulike groepe vir mense se spesiale belangstellings, in my geval militere helikopters en spring-spinnekoppies. Dis maar wat jy self daarvan maak.

Pieter ·

Dis gepas want Facebook is helemal anders as die ding wat hulle nou het…

Aai ·

Wens hulle will facebook stop dat ‘n mens privaatheid kan he ‘n mens kan nerens gaan sonder dat mense weet waar jy is of klaar alles weet van jou oor mense jou op facebook sit.

Jeffrey ·

Ek het juis nie facebook nie want ek hou van my privaatheid, ongelukkig word ek nou deur my werk geforseer om whatsapp te gebruik, maar na ure en naweke gooi ek die werksfoon afgeskakel erens in n laai en het ek dan nie n saak met die wêreld nie.

Robert ·

Jou werk moet wegdoen met WA… daar is mos e-pos en SMS wat baie meer secure is.

Danie ·

A jy nie op FB is nie en nie jou lewe daar deel nie, het jy niks om oor bekommerd te wees nie

Hoekom ·

Jou slimfoon doen dit klaar, al het jy nie facebook nie…

My voorstel is, gebruik ‘n VPN of “proxychains”

JohanR ·

Moes die Afrikaanse word “Riool” gebruik het soos in “ek gaan net gou op Riool sien hoeveel nuwe vriende ek vandag het!”

katerinadiekat ·

Soos ek nounet vir iemand anders gese het: FB is wat jy daarvan maak. Ek het maar op dit gegaan om te sien of ek geld uit my kunsbladsy kan maak. Dit het nie gebeur nie maar ek het nou n handjievol oulike vriende en die groepe vir spesifieke belangstellings of stokperdjies is baie aangenaam en interressant. Het my al soveel keer dik gelag vir die grappige goed wat mense opsit. Het my sommige dae sommer beter laat voel as ek depressief was. Dis soos enige plek in die lewe, dis wat jyself daarvan maak.

Heinrich ·

Mens kan nie veel positief van die ANC en EFF sê nie, maar ons leer baie. In hierdie lig maak dit nie saak wat Facebook hulle naam na toe verander nie, net soos as die ANC of EFF hulle name sou verander beteken nie dat hulle nou ewe skielik engeltjies geword het nie; hulle gaan nou net verder aanjaag onder ‘n nuwe naam; dis in die genetika van die organisasies.

Oomniklaassevriend ·

Facebook moes lankal eerder hul gesindheid as hul naam verander het.

Danie ·

Facebook is wat jy daarvan maak. Jy hoef nie jou lewe daar te deel as jy nie wil nie. Ander verkies dit so want dis n maklike manier om op een slag mooi storie en fotos met familie en vriende reg oor die hele wereld te deel. As jy jou ophou met die negatiewe daarvan gaan dit jou inhaal. As jy nie van Facebook hou nie, moet dan nie daar wees nie.

George ·

Nee, Faceboek se houer maatskappy verander sy naam. Faceboek as besigheid bly FB…

Pietertjie ·

A rotse by any other name still smells like a rose – WS.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.