Faerie Glen-moord: Naam van slagoffer bekend gemaak

Argieffoto: Kent Williamson

Argieffoto: Kent Williamson

Die 47-jarige man van Faerie Glen in die ooste van Pretoria, wat Donderdagaand by sy huis doodgeskiet is toe hy sy gesin teen ʼn groep rowers beskerm het, se naam is bekend gemaak.

Kapt. Ilze Jones, polisiewoordvoerder, het aan Maroela Media bevestig die oorledene is Ian Rossouw.

Rossouw en sy gesin is Donderdagaan omstreeks 22:30 deur vier gewapende mans in hul huis oorval. Hulle het Rossouw se vrou in die sitkamer oorweldig. Sy het om hulp geroep en Rossouw het haar van die boonste verdieping van die huis te hulp gesnel in ʼn poging om haar en hul kinders te beskerm.

Volgens Jones het Rossouw die verdagtes verjaag sonder dat hulle iets kon roof. Een van die verdagtes het twee skote op Rossouw gevuur toe hulle op die vlug geslaan het en hom noodlottig gewond. Hy is buite die huis in die erf dood verklaar.

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie, maar die soektog na die verdagtes duur voort.

Die polisie ondersoek ʼn saak van moord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Drakensberger ·

Die vakansie vir die moordbendes is ook nou verby! Hoeveelste aanval en moord op blankes hierdie week alleen? Dorpenaars wees julle ook op julle hoede, dit is nie net ons op die plase wat geteiken word nie! Maar volgens ‘n sekere met die naam Brighton Khoza, is F**** whites maar net ‘vryheid van spraak’! Ek dink nie so nie!

Netekke ·

Maar het jy nie geweet nie, dis vir hulle vryheid van spraak…… Maar laat ons iets sê is dit rassisme….. Of hoe?

Moegepraat ·

Ek stem saam met Netekke en Drakensberger, as Piet van der Plaas ‘n kunswerk uitstal met F*ck the Blacks, F*ck the Indians, F*ck the coloureds is hy more agter op ‘n bakkie in ‘n hok oppad tronk toe. Hierdie moorde, huisrowe en barbaarsheid het ons as oud onluste polisiemanne elke dag in die lokasies gesien en dit uit die woonbuurte gehou.. dis niks nuuts nie, dis net nou oral met ‘n korrupte mag wat hulle dryf. Dit alles gesê is ek nog steeds trots om ‘n Suid-Afrikaner te wees en bid dat God ons land sal seën.

Deon ·

Het jy gesien hoe lyk die kustenaar van daardie werk? Lelie wit, ek kan net nie mooi uitmaak of dit ‘n man of ‘n vrou is nie!!

Kaspaas ·

Volksmoord gaan voort maar die rassistiese regering sal weer net se dis diefstal

Annie ·

Ek word gewalg as ek hoe word die blanke volk uitgemoor … dit gaan lankal nie meer ooe roof vir oorlewing nie. Hoekom bou hulle nie net gas chambers nie

Annie ·

Ek word gewalg as ek hoe word die blanke volk uitgemoor … dit gaan lankal nie meer oor roof vir oorlewing nie. Hoekom bou hulle nie net gas chambers nie

Zachrys ·

In die lig van bogenoemde en al die soortgelyke gevalle op plase, besighede en ons huise en namens al die wetsgehoorsame burgers van ons land, doen ek ń beroep op burgerregte organisasies soos Afriforum om die castle wet in ons wet boeke in ge skryf te kry!!! Sodat ons oortreders op ons eiendom met die ergste geweld mag stop!! Los dit aan die regering oor om te bewys die oortreder was onskuldig. As iemand drade knip oor ń muur klim of enigeiets dergelyks is hy nie daar met goeie bedoelings nie!!!Die polisie het gefaal!! Die regering se mandaat om ons te beskerm het gefaal!!! Asseblief man verdomp!!!

Zachrys ·

Alles word reaktief gedoen, nadat iemand doodgemaak is. ‘Castle law’ soos in Amerika op verskillende grade toegepas deur burgers is pro-aktief!!! Dit gaan die land miljoene aan ondersoeke spaar vermeende booswigte 2 keer laat dink voor hulle eiendom betree, en ja van hulle sal sterf in die proses!

Rob ·

En nou Helen Zille? – Is jy nie ook beswaard oor die moord op die Blanke Ian Rossouw nie. Of is die vervoer van ‘n swart vrou agter op ‘n bakkie ‘n groter misdaad.

Liza ·

Stem staam Zachrys…..
Hulle het gese hulle gaan ons wittes uitmoor…….

Linda ·

Dit is verskriklik, watter deel van Faerie Glen het hierdie aanval gebeur?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.