‘Faf de Kleefbroek’: Vlag-broekie ’n blitsverkoper

Faf, die beker en die swembroek. Foto: Springbokke se Twitter-rekening.

Elke verdwaalde skop en elke tikkie ontevredenheid met jou skoptaktiek word summier vergewe as jy skitterend in die eindstryd vertoon én in jou Reënboogvlag-swembroekie vir Prins Harry ’n bier ná die tyd in die kleedkamer aanbied.

Dan is jy sommer terstond Suid-Afrikaanse blou bloed!

Dit was nie net Faf de Klerk se goeie eindstryd-spel wat opslae gemaak het nie, ook sy mode-stelling het oornag van hom ’n internetsensasie gemaak.

Dié blonde buksie het vrolik vonkelwyn uit die William Webb Ellis-trofee in sy SA vlag-swembroekie gedrink, terwyl hy die toonbeeld van selfvertroue was om vir prins Harry ’n goue koue in die einste stukkie landstrots aan te bied.

“Sedert die Wêreldbeker-eindstryd is die vraag na hierdie broekies iets ongeloofliks,” het Kurt Schmelzer van BeanBagTheBrand in ’n radio-onderhoud op The Money Show gesê.

“Dit is sommer op dag van die Wêreldbeker-eindstryd uitverkoop en toe die foto’s van Faf saam met prins Harry die ronde op die internet gedoen het, was dinge wilder as die wildtuin!”

Volgens Schmelzer het Siya Kolisi, saam met wie hy by Grey High in die Oos-Kaap was, hom vóór die begin van die Wêreldbeker gelukgewens met die sukses van sy klerereeks.

’n Hele paar van dié “bean bag-broeke” het dus hul pad na Japan en die Bokkamp gevind.

“Ons het so 50 paar  vir die hele span gestuur en Faf het onmiddellik die een met die Suid-Afrikaanse vlag gegryp.”

Vergeet maar van die baadjie, takseer gerus voortaan iemand op sy patriotiese swembroek!

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

33 Kommentare

Anel ·

Sou nooit, ooit dit met die oranje, blanje, blou gedoen het nie. Wys net die respek vir die bont afêre.

Martie ·

Mense wat nie kan sing nie, slaan gewoonlik kitare op die verhoog stukkend of steek die klavier aan die brand om aandag te trek..

Brent ·

Ek stem. ‘n Nar wat eerder deur Reinach vervang moes wees. Want Reinach kán skop…

Annoniem ·

Ha ha ha ha ha
Ek het nog nooit van ons vlag gehou nie, maar het nou mooi gekyk. Tot inge”zoom”. Dankie ou FAF. Jy kan maar weer skop hoor!

Laat hy vlag waar hy wil ·

Laat my dink aan die fliek waar Paul Slabolepszy in sy vlag onderbroek staan, homself so strategies tik en sê : “I support my country and my country supports me.”

Griet ·

VAT HOM FAFFIE! Los ons dapper Jack Russell uit, hys oulik verby!!! Met… of sonder sy swembroek!

Adel ·

Dit was vir my net so oulik!! Dit is darem immers ñ kleedkamer, en dit was ook baie ‘nice’ van Prins Harry om hulle geluk te kom wens daar!!

Matts ·

Ek stem Adel, drie hoera’s vir Faf, die prins en sy gade!

Neels ·

Aag los tog vir die besige bytjie uit. Wat is of wie is die prins nou anders as n mens en by dit alles is Faf of enige ander persoon in die land nie n Britse onderdaan nie

Judge Dredd ·

Nee, die ander bokke het chastity belts aan, want as Faf ‘n bal sien – dan skop hy hom…..

#beanbagthebrand Swembroek aanhangers!!! ·

Ekt nog nooit die swembroek so sexy gesien nie en voor FAF dit gespog het, het ek geding a speedo is dan so lelik. maar daai vlaggie speedo is so SEXY verby dat ek vir my man ook ene georder het… en dit is out of stock en ek wag nou tot end van die maand om myne te kry… sien so uit om te kry en my man is opgewonde om dit te dra (hy het in die begin gese NO WAY!!! maar het nou opgewonde geraak!)

FAF!!! jy maak alles pragtig!!! SKOPIT FAF!!! jy het die SAFFA BRIEFS SKOPIT!!!

Penelope ·

Ag ou Faffie, jy is so dierbaar!! Dit is lekker om bietjie iets positiefs te sien en die Bokke verdien die geluk. Prins Harry is ook ‘n mense mens en ek weet hy het ‘n groot liefde vir SA, ek glo hy het die geselsie in die kleedkamer geniet.

TLC ·

Glad nie sleg op die oog nie maaaaaaar ek het gedog ons vlag is bietjie groter as dit
Vat hom flaffie

Joe Olivier ·

As hulle nou ” baba sagte” papier rolletjies in daardie kleure sal druk, dan ssl ek dit ook koop.

Frans C ·

Dankie tog die Bokke het gewen anders het daai vlaggie halfmas gewapper.

Lol ·

Springbokke het Engeland letterlik met ‘n slap riem gevang!!

Leon ·

Nog altyd gesê dit is nie ‘n vlag nie, maar ‘n tafeldoek. Hy pas beter om van klere te maak as om hom aan ‘n paal te hang en ‘n vlag te noem.

Gert@Midstream Centurion ·

Ou “kleefbroek” nou het jy die mense wakker gemaak. Enige voertuig neem jou van punt A na B. Gehalte speel ‘n rol. Verneem prins Harry se boodskap aan jou gaan oor ‘n bosvakansie in SA. Sit skop in jou !!!!!!!!!

Tina du Toit ·

Frans C, lekker lag ek darem nou. Vat hom Flaffie. LOL

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.