‘Faith Muthambi moet gedagvaar word’

Faith Muthambi. Foto: GCIS

LP’s van die portefeuljekomitee oor staatsdiens en administrasie het besluit om minister Faith Muthambi te dagvaar, nadat sy Dinsdag nie by ʼn parlementêre vergadering opgedaag het nie.

Makhosi Khoza, voorsitter van die komitee, het gesê Muthambi het ingestem om mondelings te reageer oor bewerings in die Sunday Times dat sy familie en vriende aangestel het en ʼn buitensporige getal persone afgevlieg het vir haar begrotingstoespraak in Mei.

Die minister, haar direkteur-generaal, verskeie beamptes en vyf ANC-LP’s het egter besluit om nie die vergadering by te woon nie.

Vyf ANC-LP’s het ʼn brief aan die party se hoofsweep, Jackson Mthembu, gestuur en dit het ook op sosiale media die ronde gedoen. Volgens die brief teken die vyf ANC-LP’s, Sizani Dlamini-Dubazana, Madala Ntombela, Mervyn Dirks, Wilma Newhoudt-Druchen en Regima Lesoma “ernstig beswaar aan” teen dr. Makhosi Khoza as die voorsitter van die portefeuljekomitee en lid van die studiegroep.

Die LP’s verwys na klousule 25.5 van die ANC-grondwet en verwys na Khoza se “onbetaamlike gedrag”.

Dit is nie duidelik waarna die LP’s verwys nie, maar Khoza was een van die ANC-LP’s wat geweier het om te voldoen aan ʼn opdrag om teen die mosie van wantroue in president Jacob Zuma te stem. Sy was baie uitgesproke oor die probleme in die regerende party en het ʼn verandering in leierskap bevorder.

Khoza het gesê nie die vyf ANC-LP’s óf Muthambi het verskoning aangebied vir hul afwesigheid nie.

Sy het gesê Muthambi, saam met wie sy vroeër in die dag ʼn vergadering bygewoon het, het ingestem om voor die portefeuljekomitee te verskyn en aan LP’s terugvoer te gee oor bewerings in die media dat sy vriende en familie in haar persoonlike kantoor aangestel het, insluitend dat sy 27 persone aangestel het – baie meer as die 10 wat die ministeriële handboek aanbeveel.

DA-LP Mike Waters het gesê Muthambi se afwesigheid is gelykstaande daaraan om die parlement te minag. Hy het gesê Muthambi moet gedagvaar word om voor die komitee te verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Edward ·

Kom nou . Sy kom nou n langtyd weg met dit. JZ se mense. Niks ga gebeir nie.

Hanna ·

Lyk my dis nou die nuwe trend: wanneer jy weet die water raak te warm, daag jy doodeenvoudig net nie op nie… Dis nou nadat jy gewoonlik die rasse- en/of kolonialekaart gespeel het net oor jy geen argument het nie. Die probleem is dat hierdie mense gewoonlik daarmee wegkom. Daag hulle wel op, mor hulle dat hulle “siek” is en die hele sirkus word uitgestel. Banana Republic!

Elmarie Hager ·

Wat my verstand te bowe gaan is hoe Muthambi se manewales goedgekeur was?? Waar is die mense wat vlugte ens moet afteken en goedkeur? Dit sê net een van 2 dimge: hulle doen nie hulle werk nie of hulle is saam skelm. Straf moet ordentlik plaasvind!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.