FAK vra dat regering afstand doen van ‘Die Stem’ se outeursregte

Die Stem

Die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) gaan die regering vra om die outeursregte van die voormalige volkslied, “Die Stem”, aan die FAK terug te gee.

Dr. Danie Langner, uitvoerende hoof van die FAK, het die aankondiging Donderdagaand tydens die NP van Wyk Louw-gedenklesing in Bloemfontein gedoen.

Volgens Langner roep pres. Cyril Ramaphosa se stelling in die parlement op 24 Mei, dat “Die Stem” nie ’n simbool van Afrikaneridentiteit is nie, maar ’n “simbool van diskriminasie, verdrukking en ellende”, om ’n antwoord.

“Met die eerste oogopslag staan die president se stelling in skrille kontras met die staatsmanskap van pres. Nelson Mandela wat in die voorwoord van die Nasionale Simbole van Suid-Afrika skryf dat ‘Die Stem’, ‘Nkosi Sikelel’ iAfrika’, die landsvlag en landswapen die manifestasie is van ’n begeerte om nasionale konsensus te bereik,” het Langner uitgewys.

Volgens hom kan dit nie ontken word dat die bodem waaruit “Die Stem” ontstaan het Afrikaners se identiteit gevorm het nie. Met “Die Stem” het Langenhoven bevestig Afrikaners hoort in en is van Afrika.

“Die vraag aan pres. Ramaphosa is nie of ‘Die Stem’ tot vergetelheid verban moet word nie, maar hoe Suid-Afrikaners op ’n verantwoordelike wyse anderkant die engtes van die politieke debat mekaar se kulturele identiteit en kultuurhistoriese erfenis kan huisves,” het Langner gesê.

dr-danie-langner-fak

Dr. Danie Langner van die FAK. Foto: Fak.org.za

“In antwoord hierop is die FAK se versoek aan hom eenvoudig: Meneer die president, gee asseblief ons ‘Stem’ terug.”

Die FAK se versoek is gesetel in die geskiedenis. Tot 11 Junie 1957 het die outeursreg van “Die Stem” van Suid-Afrika aan die FAK as koördinerende kultuurorganisasie behoort. Daarna is die outeursreg oorgedra aan die Suid-Afrikaanse regering.

Deur die outeursreg van die volledige “Die Stem” aan die FAK terug te skenk, kan die regering volgens Langner op ’n simboliese wyse die status van “Die Stem” as ’n Afrikaner-kultuurlied bevestig.

“Op dié wyse lig ons ‘Die Stem’ uit die politieke bokskryt, sodat dit as ’n kultuurlied soos ander Afrikanerkultuurliedere in die FAK-Sangbundels gekoester, gesing en bewaar kan word,” het Langner verduidelik, en daaraan toegevoeg  dat dit geen invloed op die kopiereg van die Nasionale Lied of die plek van “Die Stem” se paar reëls daarin sal hê nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Liberaal ·

Nee, liberaal demokratiese regte bepaal dat jy nie mag sing en se wat jy wil nie. Die regering sal via die populere massamedia sal vir jou se watse liedjies jy mag geniet.

Casper Labuschagne ·

Ek stem 100% saam met jou. Maar ek sing hoegenaamd nie Die Stem omdat ek enigeen wil verneder, te na kom, of verkleineer of selfs haat nie. Ek sing Die Stem uit trots waar Zuma “Umishimi Wami” sing en Malema “Kill the Boer” sing uit haat en ‘n drang na vergelding. Dit is hoekom ek my kop kan hoog hou en verklaar: “Ek sing Die Stem!”

C J Langenhoven ·

Jip Vat Ons Stem terug – dit is Afrikana. Dit behoort nie aan hierdie Goddelose regering met sy korupsie nie.
Dit behoort ook nie aan plaasaanvallers nie- dit behoort aan ons.
CJ Langenhoven het dit nie vir krimminele geskryf nie.

Anoniem ·

Wil minister Ramaphosa nou beweer dat die Afrikaner nog al die jare identiteitloos was. ?Hoekom was Die Stem dan vir die Blanke bevolking deur C J Langenhoven geskryf. ? Was ons al die jare op ‘n dwaalspoor.? Jammer maar as die geleentheid hom voordoen SAL ek Die Stem sing.

Elsabe ·

Dit gee my sommer weer nuwe hoop vir my land en my taal wat so onderdruk word

4Kleur ·

So “kill the boer” , “1 bullet 1 settler” en en en is 100% fine, maar dat ons nou die Stem sing, dans dit verkeerd, nee wat broer, ek sal Die Stem sing wanneer ek wil, waar ek wil. Dít is my “struggle” liedjie.

White Land First ·

Ek Stem ook saam met Die Stem en White Rhino en 4 Kleur.

bgj van der westhuizen ·

ek sing die stem en die wat daar van hou nie kan na die hel toe gaan

Anti enige regering ·

Fout nommer een was om in die eerste plek Die Stem aan die vorige regering oor te dra. Jy gee NIKS maar NIKS vir n regering nie. Selfs al bly jy in n volkstaat, gee jy nog steeds NIKS vir daai regering nie.

Chris ·

Die Wet op outeursreg bepaal dat die tydperk waarvolgens die beskerming voor geldig is gedefinieer as 50 jaar na die eerste bekendstelling aan die publiek of 50 jaar na die afsterwe van die outeur indien die werk nie tydens die outeur se leeftyd gepubliseer is nie.

Daardie 50 jaar is lankal verby. Dit beteken dat alle werk van Langenhoven wat tydens sy lewe gepubliseer is – insluitend Die Stem – reeds deel van die publieke domein is. Met ander woorde: die staat besit geen outeursregte op die Stem meer nie, dis nou almal s’n en almal mag met Die Stem doen wat hy of sy wil.

Flip ·

Ek wil net hier n ding sê …ek kan onthou toe ek std 9/10 was het ons flag parade gehad…
dit was trotse oomblike in my lewe gewees om daai Vlag te huis en met oorgawe die stem te sing….n trose nasie op die stem….die betekenis van die stem….rugby wedstryde
veral….man daai dreuning wat weergalm….TROTS SUID AFRIKAANS….hoe speel daai tyd nou voor my af ek was in die weermag wat n LIED….as jy nie daarmee groot geword het nie sal jy nie so lekker verstaan nie Die stem sal by my vir altyd wees ….tot die dag wat ek my kop neerle…..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.