Fakkelmonument na veilige bewaring geskuif

Werk om die Fakkelmonument in Vereeniging se hoofstraat skop af. (Foto: FAK)

Die Fakkelmonument in die hoofstraat van Vereeniging is Sondag deur lede van die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) wettig verskuif en na veilige bewaring geneem.

Die monument, wat sowat 3 ton weeg, het in Voortrekkerstraat in Vereeniging se middestad gestaan, en simboliseer volgens die FAK ʼn trotse en betekenisvolle tyd in die Afrikaner se geskiedenis.

Die organisasie sê tydens die 1938-fakkelloop het die Kaapse en Natalse feesfakkels mekaar op 14 Desember 1938 in Vereeniging ontmoet. ’n Skare van 10 000 mense het die fakkels ingewag. Volgens koerantberigte was net vyftig polisiebeamptes nodig om die opgewonde skare in bedwang te hou. Die Heidelberg Voortrekkers het die Natal-fakkel, waarmee Die Voortrekkers vanaf Dingaanstat gehardloop het, na Vereeniging gebring.

Op pad na veilige bewaring. (Foto: FAK)

Die Kaap-fakkel, wat vanaf Tafelberg gedra is, is deur die Vrystaatse provinsiesekretaris oor die Vaalrivier gedra om aan Die Voortrekkers in Vereeniging te oorhandig. Van Vereeniging af sou die twee feesfakkels reguit noordwaarts tot by Monumentkoppie gedra word vir die hoeksteenlegging op 16 Desember 1938.

Volgens die FAK het die Voortrekkers se Fakkelmonument die afgelope dekades egter in vergetelheid by die algemene publiek verval en is dit die afgelope tyd deur vandale geteiken of bloot as kennisgewingbord vir advertensies gebruik.

Die Voortrekkers se fakkelmonument in Vereeniging het onder vandale deurgeloop of is as advertensiebord gebruik.

Dr. Danie Langner, besturende direkteur van die FAK, sê Afrikaners het die verantwoordelikheid om voorkomend en proaktief op te tree.

“Ons tyd vra ’n nuwe erfenisstrategie, anderkant vasgeloopte idees en uitgediende planne. Die dae is verby waar ons ons eie verantwoordelikheid op die staat kan afskuif. ’n Erfenisstrategie is nodig waar Afrikanerorganisasies saam met besighede en gemeenskappe verantwoordelikheid neem om voorkomend ons erfenis in beskerming te neem en te versorg. Ons moet saamwerk.”

Busisiwe Modisakeng, burgemeester van die Sedibeng-distriksmunisipaliteit, het – nadat ʼn mosie twee jaar gelede by die raad ingedien is – verlede maand toestemming gegee dat dié monument na die Vredesmonument op die dorp vir veilige bewaring verskuif mag word.

Onder leiding van die FAK se Vaaldriehoek-Kultuurnetwerk is die Fakkelmonument in samewerking met Die Voortrekkers, Suikerbosrand Geloftekomitee, Genealogiese Genootskap van Suid-Afrika (GGSA) Vaal, Vaaldriehoek se Weermagveterane en die VF Plus Sondagoggend vroeg na sy nuwe tuiste verskuif.

Die Fakkelmonument veilig by sy nuwe tuiste. (Foto: FAK)

Die Vredesmonument is Saterdag ter voorbereiding skoongemaak en die palissadeheining wat dié monument omring, is afgeskuur en geverf.

“Die FAK-Vaaldriehoek-Kultuurnetwerk is dankbaar dat die Fakkelmonument na veiligheid geskuif kon word en is opgewonde om ’n gemeenskap se betrokkenheid by hierdie optrede te sien. Die gemeenskap het saamgestaan met insette en bydraes om die monument te help verskuif en die perseel by die Vredesmonument skoon te maak,” het Marianda Schlebusch, koördineerder van die FAK-Kultuurnetwerk in Gauteng, gesê.

“Dit was ’n gemeenskapsinisiatief. Ockie Jooste van die Suid-Afrikaanse Weermagveterane se Kiewiet-tak het ’n reuse-aandeel gehad in die skoonmaakoperasie by die Vredesmonument en vervoerreëlings om die Fakkelmonument te verskuif.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Strandloper ·

Wens so ons kon die parlement skuif….heel weg skuif…

My siening ·

Maar moet dit tog ni aan anc doem nie. Ja dan sê hulle ons moet praat, met wie??

Adam Adriaan ·

Ja neem dit weg want die ANC/EFF kan tot ‘n Aambeeld(Anvil) breek.

Genis ·

Plaas hulle die bomplanter by die parlement se beeld verwyder

Johan ·

Sedert die ANC oorgeneem het, het ‘n stortvloed “dokters en professors” vanaf die buiteland ons land oorstroom. Hierdie “geleerdes” kan aborsies goedkoop en veilig doen, sekere goed lengte gee en jou die Lotto laat wen! Ongelooflike talentvolle mense………intussen het ons stede en monumente in ‘n piesang-republiek verval.

Nogal een van die “papier-op-plakkers” nou die dag in die hande gekry. Hy’t seker nooit ooit kon dink dat ‘n Boer hom so hardhandig kon behandel nie en sal nooit weer in ons buurt durf waag om een van sy “dokters” se papiere te plak nie!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.