Faksies praat ná skietery by kerk

Ses voertuie het deurgeloop tydens die skietery in Zuurbekom. Foto: Facebook

Niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die wilde skietery Donderdagoggend by ʼn kerk in Zuurbekom in die suide van Gauteng nie.

Kapt. Mavela Masondo, Gautengse polisiewoordvoerder, sê die skietery was die gevolg van tweestryd in die kerk wat reeds geruime tyd aanwesig is. In vanoggend se voorval het twee groepe lidmate van die kerk op mekaar geskiet. Een man is gewond terwyl nog twee beseer is toe hul motors met klippe bestook is.

Later Donderdag het leiers van die twee faksies met mekaar begin gesels, maar Masondo het laatmiddag gesê dit was nog nie duidelik of die gesprek op ʼn vredesooreenkoms sou uitloop nie.

Hy het bygevoeg daar was nooit sprake daarvan dat enigiemand as gyselaar aangehou is nie, soos vroeër berig is. Die een faksie was wel binne-in die kerk in die nedersetting naby Soweto toe die ander groep daar opgedaag het.

Al drie die mans wat beseer is, is per private ambulans na ʼn hospitaal geneem.

Die polisie se lugvleuel asook spesialispolisie-eenhede is op die toneel ontplooi, maar teen Donderdagmiddag was die situasie onder beheer.

EWN het getwiet minstens ses voertuie is vol gate geskiet in die geveg tussen twee strydende groepe.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Antoinette ·

Watter ordentlike kerkmense gooi mekaar met klippe en skiet op mekaar. OMW

Johann ·

Is dit nie opvallend hoe sisteme soos kerke van die KOLONiseerders selfs die AFRIKA kultuur van geweld huisves nie? Moor mekaar uit waar hulle bymekaar kom. Barbaars…

NG ·

Ag genade tog. As hulle maar net NG was dan kon hulle afgestig het eerder as afgeskiet het

lewies ·

Doen ‘n bietjie navorsing op internet oor die ware en valse kerk. Dit is die moeite werd.

Susan ·

Ja, né. Skynheiliges sit die kerke vol. Daar is so baie verskillende kerke en gelowe, en almal glo hulle manier van bid en glo is die regte manier. En eintlik glo jy maar net wat jou ouers jou geleer het om te glo. As jou ouers Christene is, glo jy dit, want dis wat vir jou geleer word. As jou ouers Hindu is, glo jy dit. As jou ouers Jode is, glo jy dit. En jy is vas oortuig jou geloof en jou Bybel is die regte een. Hoe kan jy so seker wees? En laat een dit nou kom bevraagteken of van jou verskil, dan spat die vonke, koeëls en klippe.

wet ·

Ek dink jy het die kat aan die stert beet. Daar bestaan ook politiek in die kerk en dit het niks met die bybel te doen nie. Die bybel praat egter dat lidmate en christene mekaar moet dien en hoog ag. Nie wat hier gebeur nie.

Jesus se Kerk ·

Jesus maak dit duidelik hoe Sy kerk moet lyk. ń Plek waar die Heilige Gees welkom is. lees die Bybel boek Handeling en sien hoe het die eerste kerk en hoe moet die kerk vandag wees. Wonderwerke, liefde, omgee.

Ronnie ·

@susan moet nooit veralgemeen nie . Onthou die spreelwoord van ou agter die deur

SNEL ·

Susan, mens sal net weet iets is eg as jy dit self gesmaak het. Mense kan in die kerke sit en net daar wees oor hul ouers of dat mense dink hulle is goed en oulik, maar voordat jy nie jou lewe oorgee aan die Here en jouself voor Sy voete werp nie, sal jy nooit weet of dit eg is of nie. Net jammer die dag as ongelowiges besef die nutcase Christene was toe al die tyd reg en daar is slegs een ware Almagtige God dan is dit te laat. Buitendien, as mense in kerke sit en fokus op almal om hulle sal hul der duisende vrot appels kry en mense wat jou teleurstel, fokus moet op God wees, onthou Satan plant mense in kerke juis om ander gelowiges tot n val te bring. Die meeste getuienisse van Moslems wat tot bekering kom, het n onderwinding/visioen van die Here gehad, hulle is nou ‘devoted Christians’, ek weet die Here bestaan, maar net met dit kan ek vir jou vra, hoe gee n moslem se geloof sommer so prys as dit nie werklik die Here was nie. Dit moet beslis iets eg en reg wees, die real mcCoy wees voordat hulle sommer net hul geloof los. Take the world and give me Jesus, op Hom sal ek fokus nie op mense in kerke wat nie volgens Sy Woord is nie, dan is hul mos nie van dieselfde Familie nie.

Ja-nee ·

Net weereens n bewys dat “geloof” seker DIE grootste klug in die gezkiedenis van die mensdom is…..

Sarel ·

Jammer om jou dit te sien se, jy is egter geretig op jou opinie . Die Woord is egter duidelik dat jy nie twee gode kan dien nie, dus nie GOD en ook voorvadergeeste nie . GOD se hy is n jaloerse GOD .

Spark Plug ·

Dit was net n kwessie van tyd…ons word dan beroof en aangeval in die kerk. Hoekom nie op mekaar ook skiet vanuit die kerk nie. Suid Afrika klink soos daai amerikaanse rolprente. Die mense rook boom, dan raak hulle zombies en val mekaar aan en gewone mense kruip weg in die kerk en moet hulle self verdedig terwyl die rykes in hul mooi torings sit en kyk hoe alles vergaan

ES ·

Hierdie kerk is al lank in die nuus. Dit gaan oor wie die nuwe leier moet wees, want daardie persoon het toegang tot die kerk se honderde miljoene rande… dit gaan nie oor geloof nie – daai is ‘n kek van Mammon, nie ‘n kerk van Christus nie.

Hannes ·

Kerke is die maklikste manier deur die kriminele om geld te waa

Anita ·

gaan jy kerk toe om te skiet? of om God se woord te hoor? ons gaan steeds meer in die verdoemenis in, wie is hierdie persone ? ons kan net bid dat God ons genadig is in al ons sonde, maar dit kan nie christene wees as hulle op mekaar skiet in kerk nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.