Familie blameer skokgebeure vir joernalis se dood

Suna Venter. Foto: Facebook

Suna Venter, die SAUK-joernalis wat Donderdagoggend dood in haar woonstel aangetref is, se familie glo traumatiese gebeure oor die afgelope jaar het tot haar dood bygedra of selfs haar dood veroorsaak.

Maroela Media het vroeër berig Venter se liggaam is in haar woonstel in Fairland in Johannesburg gevind. Venter se familie het in ʼn verklaring gesê ’n harttoestand genaamd stres-kardiomiopatie is onlangs by haar gediagnoseer. Die sindroom, ook bekend as gebreekte-hart-sindroom, word vermoedelik veroorsaak deur trauma en lang tydperke van onnatuurlike stres.

Venter was een van die sogenaamde “SAUK 8” – agt joernaliste wat verlede jaar in Julie deur die SAUK afgedank is nadat hulle beswaar gemaak het teen onregmatige inmenging in redaksionele beleide by die openbare uitsaaier. Venter, Foeta Krige, Busisiwe Ntuli, Krivani Pillay, Jacques Steenkamp, Lukhanyo Calata, Vuyo Mvoko en Thandeka Gqubule is almal in Julie deur die SAUK afgedank omdat hulle volgens die uitsaaier “voortgaan om die SAUK-bestuur se gesag te ondermyn” en hul “wangedrag onhoudbaar” geword het.

Nadat die joernaliste hulle na die arbeidshof gewend het, is sewe van hulle weer in hul poste aangestel.

Venter se familie het Donderdag in ʼn verklaring gesê Venter het oor die afgelope paar jaar verskeie traumatiese gebeure deurgemaak. Sy het onder meer talle dreigende SMS-boodskappe ontvang gedurende die afgelope jaar.

“Daar is verskeie kere by haar woonstel ingebreek, die remkabels van haar motor is gesny en haar motor se bande is stukkend gesny. Sy is op geskiet en ontvoer – aan ʼn boom by Melville Koppies vasgebind, terwyl die gras rondom haar aan die brand gesteek is. In ʼn aparte voorval vroeër vanjaar is sy in die gesig met ʼn onbekende wapen geskiet en moes sy ʼn operasie ondergaan om metaalkoeëls uit haar gesig te verwyder. In die afgelope jaar is sy op drie verskillende voorvalle aangerand,” lui die verklaring.

Foeta Krige, Suna Venter, Jacques Steenkamp en Krivani Pillay op 26 Julie 2016 in die arbeidshof in Johannesburg. Foto: Facebook

“Die mense naaste aan haar glo haar toestand is vererger, of selfs veroorsaak, deur die gebeure oor die afgelope jaar.”

Venter het agt jaar gelede by die SAUK aangesluit as ’n vervaardiger van aktuele sake by RSG. Krige, die uitvoerende vervaardiger van aktuele sake by RSG, het Donderdag gesê Venter was passievol oor internasionale nuus en aktuele sake. “Sy het so baie omgegee oor die situasie in Sirië, dat sy verlof geneem het net nadat die oorlog begin het om vir RSG vanaf die voorste linies verslag te doen,” het Krige gesê.

“Tot en met haar dood was sy passievol oor die kinders wat sy tydens haar werk daar ontmoet het.” Hy het gesê Venter was een van die mees toegewyde en passievolle joernaliste met wie hy al ooit saamgewerk het. “Selfs toe dokters haar aangeraai het om weg te bly van die stresvolle werksomstandighede by die SAUK, het sy geantwoord sy kan nie gaan voor die stryd gewonne is nie.”

Venter word oorleef deur haar ouers, Phillip en Christa Venter, en haar broer en suster, Wilhelm en Tessa.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

62 Kommentare

Ander Annie ·

Ek is so jammer oor julle hartseer. Dit is baie tragies. Hou die SABC verantwoordelik.

johny_walker ·

Nee eintlik moet al die rugraatlose blankes wat toelaat dat die satanskinders ons land regeer verantwoordelik gehou word

Johann ·

Maar as al die insidente plaasgevind het, moet daar tog rekord van wees? Aangemeld by iemand? Wat die feit dat dit nie opgevolg is nie blatante minagting van verskeie wetgewings is? Als deel van n beplande anargie beleid van die ANC via sy ZUMAKIE netwerk van onbevoegde gewetenlose onaantasbare misoeste van mense. Wat het geword van die veel besproke Gerrie Nel opsie van vervolging?

Adeline ·

Ek voel so hartseer? Suna was pragtig, van binne en buite. RIP engelmens??

Rina ·

So jammer oor haar dood – het haar deursettingsvermoe en durf so bewonder! Ek dink sy was ‘n yster en absolute vegter rakende nuusgebeure en bitter jammer vir haar familie en geliefdes wat met hierdie groot verlies moet saamleef. Ek salueer jou liewe Suna!

EJ de Waal ·

So hartseer. Vir soveel jare het ons haar stem gehoor by uitsendings van die SAUK. Net soms moet n mens weier om n slagoffer te word van die gekke wêreld waarin ons woon. Rus vind in die troos wat ons reeds in hierdie werklikheid waarbinne ons lewe kan vind, by ons hemelse Vader. Baie sterkte ook aan haar familie.

Sal verstaan ·

God sal verstaan, haar siel is veilig. Vir diegene verantwoordelik hiervoor draai die wiel. Die tand van die tyd sal julle inhaal. Sterkte aan familie en vriende.

Ronél ·

Ai, wát ‘n hartseerdag is dit nie dat RSG luisteraars moet totsiens sê vir so ‘n ongelooflike passievolle, professionele en uitstekende verslaggewer nie! Ons sal haar nog lank onthou! Ons bid haar naasbestaandes en vriende sterkte toe in hierdie moeilike tyd.

Eunida ·

Die pragtige dapper meisiekind se gees is eintlik vermoor!

Bets ·

So verskriklik jammer jou lewe het op so manier tot stilte gekom.ek glo sy het nog n baie mooi suksesvolle toekoms gehad wat gewag het.
Of ek het als gemis maar ek weet nie van 1 vd insidente wat eers op RSG of nuus uitgesaai is nie. Waarom dit weerhou van mens??

Blondie ·

Met die dat die lykshuise oorvol is en post mortems deur onbevoegde patoloë uitgevoer word, stel ek ‘n Privaat outopsie voor. Baie sterkte aan die familie!

Mariné Lourens ·

Dagsê

Ons vra om verskoning vir die oorsig. Die berig is gewysig.

Groetnis
Mariné
nms Maroela Media

Louise ·

Dit is heeltemal onaanvaarbaar dat beginselvaste mense so geviktimiseer word. So hartseer vir haar, jammer vir haar mense. N oulike jong dame om op trots te wees. Werksomstandighede haaglik. Skokkend. Sterkte aan die Venter gesin.

Andre Traut ·

W, eerstens, leer spel asb. Tweedens, nie almal in die mag is so useless soos jy dink nie.

Eps ·

Dit is hartseer om afskeid te neem van ‘n goeie mens.

Ek ken persoonlik baie mens war eege teistering by die werk ervaar het en op die ou end medies ongeskik af is. Dit is baie makilik vir boelies om aanmerkings te maak. Die groot probleem is dat niemand wil mense wat depressie gekry het as gevolg van teistering in diens neem nie. Niemand by ‘n werk waar jy geteister is wil vir jou ‘n goeie verwysing gee nie. Die probleem is dat daar min werkgewers is om spesialiste op skaars vak gebiede wat jou ‘n ordentlike salaris betaal.

Die blankes word ook baie erg uitgebuit met hul salarisse. Die slegste van als is dat die uitbuiters in baie gevalle blankes is.

Jacoba ·

So hartverskeurend..mag die geliefdes mekaar omarm, in die tyd móét almal ons hart en gees bewaar van die aanslae van ongenaakbares. Sterkte vorentoe. Salueer ‘n brawe vegter dankie vir al Haar durf en deusettings vermoeë. Rus in VREDE.

Jacques Venter ·

Nou is die oorlog teen joernaliste en die waarheid op sy ergste.
Tyd dat die regering wys waar hy staan

Richie Rich ·

Die SAUK is bankrot…hulle kan nie eers vir oubaas van 7 de Laan betaal nie…die arme vrou..weet jy hoe erg moet dit wees om aan n gebroke hart te sterf…ek kan daai tipe stres nie indink nie..en vir almal daar buite in die koue soms wrede wêreld..mens kan stres beheer…en ek weet baie gaan nie saamstem nie.

Uys ·

Regtig jammer aan die familie. Kom ons kyk mooi na die saak en dit wat almal weet.
Daar is op haar geskiet
Sy was aan ń boom vasgemaak en die gras om haar aan die brand gesteek
By haar huis ingebreek
Sy is ontvoer
Daar is by haar huis ingebreek
Haar kamer was omgekeer waar sy met ń wegbreek saam haar sussie was
Ens ens
Kom die die neer op “marteling” nie?

Malan ·

Ons is baie jammer oor Suna en voel saam met haar familie! Suna se integriteit sal in die geskiedenis as n voorbeeld voortleef. Ek stem saam met baie ander dat daar n behoorlike na-doodse ondersoek gedoen moet word ten spyte van haar hart-toestand siekte! RIV Suna ons gaan jou mis!

MAB ·

So intens jammer oor hierdie uitsonderlike joernalis.. sy moes soveel viktimisasie deurleef het in ‘n kort tydperk… rus sag, lieflike meisiekind… ons eer jou…

Hilda Brown Pietersburg ·

Vir Suna wat voltyds geteiken was, was daar Géén beskerming gewees nie…tot op hede géén vervolgings of ondersoeke geloods nie…Is dit wat ‘n Toegewyde, Hoogs bekwame, vreesloos -eerlike Joernalis se jong lewe in dié land wêrd is??? Wie’s Volgende? Nóu word gevra vir verdere ondersoeke..
#Too_Little_ Too_Late!!!

Leendert ·

DIT is wat Suid Afrika uitgedraai het, DIT is wat met mense in die land gebeur as gevolg van die land wat die ANC gemaak het wat dit geword het.

‘n Siek land waarin mense SO tot hul einde kom.

En die ergste van als is dat daar nie vir haar ‘n standbeeld opgerig gaan word, om ons te herinner aan wat die land in die steek gelaat het, nie.

Versaak het.

Charmaine Griffiths ·

My innigste simpatie aan Suna se gesin en ek is jammer namens ons almal dat ons nie van haar haglike situasie geweet het nie en dus nie ons ondersteuning kon aanbied nie. Hoeveel mense in die voorste linies wat veg om regverdigheid en korrupsie moet nog sterf voordat ons wakker word en iets daarom doen. Eendrag maak mag. Rus in vrede Suna

schalk ·

Motsoeneng die gemors is verantwoordelik. Maar dinge draai is suid afrika….en Zuma en al sy terroris maatjies sal een van die dae hopelik wees waar hul hoort! In die tronk of onder grond!

Jeannette ·

@schalk – hopelik eindig Zuma en sy terroris maatjies onder die grond, sommer twaalf voet onder, want ek weier om vir hom en sy gebroedsel te betaal waar hulle in ‘n tronksel sit. Dit is nou AS hulle ooit daar gaan uitkom en AS daar nie ‘n tweede Shaik- of Jackie Selebe op ons getrek word nie.

Carl ·

Sy het ongelukkig nie geleef om geregtigheid te ervaar nie. Haar familie gaan dit ook waarskynlik nie sien nie. My voorstel is private vervolging, veral teen mnr Motsweneng. Die omstandigheids getuienis is oorweldigend.

ELIZE ·

so jammer oor die verlies mag JESUS al die geliefdes dra in die hartseer tyd. my hart huil vir almal.

Magda ·

SAUK moet verantwoordelik gehou word vir haar dood – my innige simpatie met haar Familie.

Mielies ·

Dit is hartseer maar ongelukkig die werklikheid van harde joernalistiek in Suid-Afrika. Sy was ‘n dapper vrou en ek is seker haar ouers het haar grootgemaak met die besondere sin van geregtigheid waarvoor sy bekend was. Simpatie en gebede vir haar geliefdes.

Helizna ·

Simpatie met haar dood. ‘n Mens wonder waar haar ondersteuningsnetwerk asook geloof was… en hoekom is sy nie beskerm nie?

Jan ·

Regtig! Jy wonder oor haar mense en wonder oor haar geloof? Het jy in haar skoene geloop?

Eps ·

Jy pee die pot mis. Daar bestaan weinig kerke wat mense in so situasie bystaan. Ek was by 10+ kerke en moes duisende rande betaal het. Dit is hoekom ek weier om na heigelaar kerke toe te gaan wat vals belofted maak. Die meeste help jou net as jy hulle betaal. Ons onder ander sowat R40 000 vir ‘n predikant sielkundige betaal het sowat 20 jaar gelede. Meeste predikante is vals en help jou net as hulle iets uit jou kan voordeel trek. Julle bluf julself as julle dink prefikante staan agter jou. Ek is nou al oor dir 42 jaar by selfde gemeente en was amper 30 jaar gelede besoek en het vir meer as 35 jaar elke oggend en aand kerk toe gegaan. Ek kyk nou ver eerder kerk op TV.

T ·

DIT is VREESLIKE nuus. Hoekom was daar nie iets gedoen om haar te help met die duidelike teiken van haar lewe nie???

E ·

Nerens in die media was daar ooit enige beriggewing van die teistering wat Suna die afgelope jaar ervaar het. Ek wonder nou net of die mans wat deel vd SABC8 uitgemaak het, deur dieselfde tipe goed gaan en of daar darem na die dood van hierdie mens die regte ondersteuning en beskerming sal ontvang. Werklik tragies dat ons in n wereld leef waar daar so min omgee vir mekaar bestaan en waar mense al reeds so afgestomp teen geweld is, dat n vrou wat in die gesig geskiet en ontvoer word en en en, se lewe so onbelangrik geag word. Maar sit nou iemand in n doodskis…..

Inge ·

Geen mens verdien om deur te gaan wat sy deurgegaan het nie. Dit is verskriklik! Woorde kan nie beskryf hoe ek voel nie…

johann ·

LOL as jy uitgeput is van stres neem jy nie verlof on in Sirie te verslag doen oor n oorlog nie

Jebs ·

Slagoffer van ‘n verrotte land en samelewing. Daar is vele en daar gaan nog vele ander wees. ‘n Lewe is niks werd in SA nie. ‘n Knap vrou, met soveel potensiaal, wat daar haar werkgewer (en landgenote) versaak is.

Anre ·

Ek kan dink dat nie baie mense sal kan cope met dit waarmee sy moes cope nie. Dis tragies dat haar laaste lewensjaar vol van soveel gruwelike dade was – en dit omdat sy gedoen het wat reg is?! Ek is so jammer vir die familie (en vir Suna) vir wat hulle moes/moet deurmaak. Dis tragies en ‘n wrede weerspieeling van ons samelewing vandag. Rus in vrede. :(

Ada ·

Suna het nou rus gevind. Sy was deur ‘n verskriklike tydperk en haar familie ook. Liewe Jesus het haar kom haal om rus en vrede te kry.
Sterkte aan almal.

Louise ·

Ai Suna, jy was so n groot inspirasie vir my, jou veg gees. Jou vermoens.
Jy was absoluut amazing n wonderlike mens, RIV ons gaan jou baie mis.
SKAAM JULLE SAUK LAAT JULLE TOELAAT DAT MENSE SO BEHANDEL WORD.
DIS DUIWELS MAN. DINK JULLE KAN MET N YSTER HAND REGEER……
Stertkte aan al Suna se familie en vriende julle het n rots van n mens verloor, so tragies.

Hannalene greyling ·

Gaan my verstand te bowe ons as publiek nooit van hierdie dinge gehoor het nie. Koerante loop met stories, partymaal te erg, waar was hulle vir Suna. Soos iemand reeds gesê het, hulle was 8. Gaan van die ander ook deur sulke trauma, sonder dat ons dit weet. Wat het van vervolging geword. Bitter bitter jammer vir die familie. Innigste simpatie.

Catryn ·

Is regtig so jammer oor die angsvolle tyd wat sy en haar familie moes deurmaak, die dag sal kom dat diegene wat agter alles sit, tot verantwoording geroep GAAN word, en net so sal elke misdadiger en moordenaar wat ‘n blanke vrou verkrag of blanke vermoor, tot verantwoording geroep gaan word vir hul dade. Hulle skuil nou agter ‘n polisie wat hulle nie opspoor en vang nie, maar selfs die polisie is skuldig aan bloedvergieting in die land.

Een ding verseker, ons moet werk aan ons prioriteite: ons eie beveiligingsmaatreels, ons eie gesinsbeveiliging en ondersteuningsgroepe, buite sosiale netwerke. Al dink jy dit gaan jou nooit tref nie, wees verseker , as jou vel blank is, loop jy deur.

Sterkte aan die familie en mag julle gedra word deur Hom. Haar nagedagtenis wat sy julle nagelaat het, sal altyd onthou word, maak dit baie spesiaal vir julleself.

Catryn ·

Nog ‘n prioriteit is dat ons volk ‘n internasionale reg tot Selfbeskikking/Self determination het… werk daaraan en steun dit, hoe meer die volk dit steun, hoe vinniger kom ons uit die mag van kommuniste.

Sterkte ·

Ai Suna, dit was verskriklik om van jou dood te hoor. Sterkte aan die familie. Jy was ‘n uitstekende joernalis!!! …en uitgemaak om een te wees. Ek was nie bewus van dit wat jy deurgemaak het nie want daar is nooit daaroor berig wat ek van weet nie. Klink my jou lewe op aarde was loutere hel, rus in vrede nou.

Grysburger ·

Sterkte vir Suna se familie. Snaaks dat sy die tweede vroulike joernalis is wat jonk sterf agv hartkwaal. Mandy Rossouw is in 2013 oorlede op 33 nadat sy ook ewe skielik hartprobleme gekry het. Selfde met Deon Basson wat in 2008 skielik hartprobleme ondervind het.

Jacques ·

Baie jammer oor Suna en baie sterkte aan die familie . Ek kan egter nie keer om te wonder wat sou gebeur het as die rolle omgedraai was nie ?? As dit n regerings joernalis was wat so gemartel was , wat sou dan gebeer het ? Sou dit dan apartheid se skuld gewees het en rasisme ??????????????????

SP ·

Tensy ek dit iewers gemis het,het ek nog geen kommentaar van RSG se stasiebestuurder gehoor of gelees nie,dit laat baie vrae by my waarom nie?

Rene ·

My innige simpatie aan haar geliefdes. Stres kardiomiopatie (NIE gebroke hart sindroom nie) is waaraan sy gely het. Aan haar geliefdes- daar is ‘n facebook groep ‘Takotsubo Support Group’ waar julle meer kan uitvind. Dis ‘n geslote groep.

Nita ·

Die vrou is geterroriseer tot die dood toe. Waarom was daardie aanvalle op haar nie op hoofnuus uitgesaai nie? Soos alle aanvalle en moorde op witmense, word dit onder die mat ingevee sodat. niemand rerig kan weet wat in hierdie wrede land aangaan nie

Magaret ·

Jou plekkie is nou leef in RSAmaar di Hemel het n perel ontvang, My innige simpatie aan haar familie .. Onthou die woorde van ( In the arms of an Angel) dis wat hier is Jy is in God se teen woordigheid n Plekkie waar Geen Pyn Seerkry of Hartseer is nie. God Bless aan die wat agter bly…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.