Familie ‘diep geskok’ oor Limpopo-plaasmoord

Die stoor waar Badenhorst se liggaam gevind is. Foto: Die Spoorsnyers/Facebook

Die stoor waar Badenhorst se liggaam gevind is. Foto: Die Spoorsnyers/Facebook

Die familie van die boer wat op sy plaas buite Modimolle (Nylstroom) in Limpopo vermoor is, het gesê hulle is geskok en bedroef oor sy dood.

Carel ‘Bossie’ Badenhorst (63) se liggaam is Saterdag deur ʼn eiendomsagent en voornemende kopers van die plaas Doelgerig gevind. Sy liggaam is in ʼn stoor gekry en hy het ʼn wond aan sy agterkop gehad.

Henry Badenhorst, Bossie se broer, het aan Maroela Media gesê hulle weet baie min in dié stadium. “Ek verstaan Bossie se vrou was die dag van die moord in Johannesburg.” Volgens Badenhorst sou sy broer in September 64 jaar oud geword het.

Kol. Ronel Otto, woordvoerder van die polisie, het vroeër gesê ʼn persoon wat op die plaas gewerk het, het intussen verdwyn.

Volgens Die Spoorsnyers, ’n private veiligheidsmaatskappy, is Badenhorst vermoedelik Donderdag vermoor en word daar slegs ʼn selfoon vermis.

Volgens die polisie kan ene Charles Chikaz hulle in die ondersoek bystaan. Enigiemand wat weet waar Chikaz hom bevind kan die polisie kontak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Nico ·

My ouers boer op ‘n plaas in Wes-Transvaal en ek vra hulle altyd mooi om ID afskrifte van alle werknemers te hou. Dit gee jou ‘n beginpunt in enige misdaad-ondersoek. Ek bid egter die ergste gebeur nooit nie.

Jo ·

Ons sit almal byna elke dag oor die moord en doodslag en sanik. Het ons waaragtig so sleg geword om net te sit en sanik? Om voordurend net te sit en praat met ‘n regering wat ons aflag en die situasie ignoreer? Om te gaan lawaai in die buiteland? Help dit? Op die wyse sal dit net voortgaan en waarskynlik vererger. Dis tyd om plan te maak i.p.v. Praat.

Ampie ·

Behalwe praat of kommentaar lewer soos wat jy hier doen… wat stel jy voor Jo? Of sanik jy ook?

Boesman ·

Ek is betrokke by die gemeenskap polisiering forum.

Jo? Wat doen JY???

HANSIE ·

kan ons nie sien dat ons in n’ burgeroorlog betrokke is nie. dit is tyd dat ons opstaan. maar voor dat ons dit kan doen moet ons eers weer die kerke vol kry. ons moet weer op ons kniee gaan. ons moet bid tot God en erken dat hy ons enigste hulp is.Dan sal Hy vir ons die pad wys wat ons moet loop.

Swanna ·

Jy het ‘n goeie punt daar beet Nico. Neem sommer ‘n paar goeie foto’s ook van die b%$#&^s sodat daar behoorlike opvolg werk gedoen kan word, want juis omdat hy verdwyn het weet hy wie is die skuldigs. As hy dood of ook vermoor was het die polisie sy lyk alreeds gevind. My oorlede Pa het sommer foto’s van diè geneem wat daar by hulle op die plase rond geloop het .
Dit is ‘n redelike afskrik middel.

Pierre Celliers ·

Familie “diep geskok en bedroef”. Wat vir ‘n opskrif is die?
Is dit nie ‘n natuurlike reaksie van familie lede en vriende om diep geskok en bedroef te wees nie? U opskrif skep die indruk, hulle moes anders gevoel het!

Drieks ·

Is waar Nico, elke persoon in hierdie land kan vermoor word, tot babatjies word geskiet in bende geweld. Anc se pooging om ‘n land te bestuur…

rola fourie ·

Ons enigste behoud is om aan te dring om selfbeskikking anders gaan ons almal vermoor word erger as in die konsentrasie kampe!

Blom ·

Wat anders kan ons doen as om te sit, sanik en te praat.
Altyd die wie die probleem so mooi uiteensit (soos jy Jo) maar te sleg is om ‘n voorstel en oplossing te gee.

Alien ·

Inwoners van SA kan nie meer hul oë sluit vir die absolute arrogansie en wreedheid van aanvallers wat ons blanke nasie teiken nie. Ek het nie die antwoorde nie, maar dit is tyd dat ons PARAAD is vir enige iets. Dag en Nag.

willem niemandt ·

Ja ons moet elke sekond dag of nag gereed wees vir eenige gebeerlikheid oud of jonk …..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.