Familie gebroke ná Krugersdorp-seuntjie se dood

Matthew Ryan Olivier wat op 27 Desember 2015 in die Tarlton-omgewing verdwyn het.

Matthew Ryan Olivier wat op 27 Desember 2015 in die Tarlton-omgewing verdwyn het.

Slegs ure na die liggaam van die vyfjarige Matthew Ryan Olivier Dinsdag in ʼn leivoor in die Tarlton-omgewing naby Krugersdorp gevind is, het verskeie gemeenskapslede ingespring om die begrafnis namens die familie te betaal.

Maroela Media het vroeër berig ʼn grootskaalse soektog na Matthew is Dinsdag afgelas nadat sy liggaam in ʼn leivoor ongeveer 500 m van sy huis op Groenplaas gevind is. Hy het vermoedelik verdrink.

Lee Lerm, ʼn traumaberader wat die familie sedertdien bystaan, het Woensdag aan Maroela Media gesê die familie is gebroke ná Matthew se dood. “Dit is vir Sharon en Lawrence [Matthew se ouma en oupa] baie moeilik om die gebeure te verwerk. Die ander kinders in die familie kry ook baie swaar,” het sy gesê.

“Daar is nou baie emosies en dit gaan tyd neem om Matthew se dood te verwerk. Hulle kry egter baie ondersteuning uit alle oorde uit.”

Lerm het gesê ʼn plaaslike begrafnisonderneming het aangebied om die begrafnis teen ʼn verlaagde tarief te hou en verskeie inwoners het vinnig bygedra om die onkoste daarvan te dek. “Die familie is baie dankbaar daarvoor en ons bedank almal wat bygedra het,” het sy gesê.

Matthew se begrafnis sal Dinsdag om 14:00 in Krugersdorp plaasvind.

Volgens kapt. Appel Ernst, ʼn polisiewoordvoerder, is ʼn geregtelike doodsondersoek geopen en word daar nog gewag op die uitslag van die nadoodse ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Janet ·

Waar is sy ouers. My hart gan uit na sy oupa en ouma eks bitter jammer oom en tannie God is saam hule in hierdie tragediese geval Hy gee jule elke minuut die krag. Baie baie sterkte vi tannie hule

Eliza-beth ·

Janet – wees asb sensitief met kommentaar. Dis niemand se saak waar sy ouers is nie, die feit is die kind is oorlede en die mense kry swaar. Laat ons liewer hul in ons gedagtes en gebede hou in plaas van vrae vra oor dinge wat niks met ons te doene het nie. Liewe familie – baie sterkte vir julle, dit is bitter swaar, ek kan dit glo; weet net honderde mense dink aan julle en bid vir julle.

aletta ·

Eks regtig jamer oor julle verlies dit gaan by julle bly die res van julle lewe die hoekoms waaroms dit raak nie makliker nie nie eens met tyd nie ekt my seun die 31 des 2013 verloor sterkte aan die famielie

candice ·

Rus in vrede liewe liewe kindjie. Die verskriklike pyn wat sy groot ouers moet hê, laat Onse Liewe Heer julle toevou in Sy Hande. Niks op aarde sal dit beter maak nie, maar deur Gebed kan julle met hom gesels, Jesus hou hom vas en hulle luister saam na julle. Ooo my hart is baie seer vir julle. Sterkte oom en tante.

Bev Du Preez ·

Baie dankie Lee vir als wat U vir die familie doen. Jou plekkie in die hemel is klaar bespreek

RGrobler ·

Ek wil net weet. Is ons polisiehonde nie opgelei nie. As hul was, sou hul sekerlik die seutjoe gouer opgespoor het?

Poppie ·

Janet jy gaan nie glo hoe vinnig verdwyn n seuntjie van 5 nie. Die een oomblik is hy by jou en die volgende net weg. Vra my ek weet. My kleinkind van 5 moet ek dan aan n stoelpoot vasmaak om hom heeltyd onder my oe te he. My dogter het vandag binne n kwessie van n minuut wat hy onder haar oe uit was by die swembad gekry. Sy het hom met n valkoog dopgehou. 3 keer het sy hom daar gekry. Dan is hy besig om in te klim. Ongrlukkig nie hul huis en swembad nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.