Familie gesoek ná liggame in rivier gevind is

Die liggame van twee onbekende mans is uit ’n rivier by Driftsands gehaal. (Foto: SAPD)

Die Mfuleni-polisie in die Wes-Kaap is op soek na die naasbestaandes van twee onbekende mans wie se liggame oor die afgelope naweek uit ’n rivier by Driftsands gehaal is.

Dié rivier loop verby ’n informele nedersetting genaamd Covid-19.

Volgens Novela Potelwa, polisiewoordvoerder, is op die mans se liggame afgekom tydens ’n soektog na vier vermiste jong mans wat glo die slagoffers van boendoegeregtigheid  was.

Polisiebeamptes is al die afgelope drie dae na dié vier mans, tussen 19 en 23 jaar oud, op soek.

Die rivier loop verby ’n informele nedersetting genaamd Covid-19. (Foto: SAPD)

“Die mans is tussen Saterdag en Sondag deur familielede as vermis aangemeld. Volgens ooggetuies is hulle glo deur ’n groep mense aangeval en in die rivier gegooi.”

Die soektog het egter na die ontdekking van twee onbekende mans gelei, terwyl die vermiste persone steeds soek is.

Volgens Potelwa is die eerste liggaam Saterdagaand gevind terwyl die tweede liggaam Sondagmiddag uit die rivier gehaal is.

Naasbestaandes van die vier vermiste mans het reeds bevestig dat hierdie liggame nie dié van hul vermiste familielede is nie.

Duikspanne het die soektog Maandag oor ’n afstand van sewe kilometer voortgesit en sal die soektog Dinsdag hervat.

Intussen ondersoek die polisie die omstandighede van die dood van die twee persone wie se liggame in die rivier ontdek is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

WynandM ·

Ja as ek net skeef kyk na die rivier op my grond dan is Omgewingsake daar om my te beboet, maar alles is reg as plakkers op die banke van ñ rivier of vleiland nes maak

LD ·

Is die nedersetting se naam werklik Covid-19? Wonder hoe lank bestaan die nedersetting nou al…. Dis hartseer om te hoor van liggame wat gevind word, iewers het iemand hulle as vermis aangemeld, die polisie moet net bietjie dieper krap!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.