Familie ‘getraumatiseer’ ná 7-jarige verdwyn

Die 7-jarige Kgothatso Ntomzodwa Molefe word vermis. (Foto: ANA)

ʼn Sewejarige dogtertjie van Tlhabane naby Rustenburg word steeds vermis twee weke nadat sy op pad terug van die skool af verdwyn het.

Mmaphefo Matsemela, LUR vir onderwys in Noordwes, het Dinsdag gesê sy was geskok om te hoor van die verdwyning van Kgothatso Ntomzodwa Molefe, ʼn gr.2‑leerder by Rampa Primary School.

Kgothatso het op Woensdag 24 Julie van die skool af teruggestap huis toe toe sy vermis geraak het. Sy het ʼn lang grys skoolbroek, wit skoolhemp, donkerrooi-en-wit oortrektrui, donkerrooi-en-wit skoolbaadjie en donkerrooi mussie aangehad.

“Die departement is baie geskok deur die nuus dat een van ons skoolleerders vermis word. Dit is hartverskeurend vir die familie,” het Matsemela gesê.

“Ons doen ʼn beroep op enigiemand wat dalk hierdie dogtertjie kon gesien het, om die inligting by die polisie aan te meld. Dit is uiters kommerwekkend, veral nou in Augustus, ʼn maand wat aan vroue gewy word.”

Nthabiseng Molefe, Kgothatso se ma, het gesê die familie is getraumatiseer deur die verdwyning van die dogtertjie.

Die saak is by die polisie aangemeld.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

32 Kommentare

Db ·

Gaan begin by die toordokters in die omgewing en dan sommer die Nigeriërs wat alles oorvat.

Nika ·

hoekom laat ouers sulke jong kinders alleen huistoe stap van die skool af?

Lizelda ·

Ek sien dit hier waar ek werk in Pretoria CBD en Sunnyside ook. Klein, klein kindertjies wat alleen skool toe stap. Twee weke? Ongelukkig gaan die ook nie n goeie einde he nie. Dit is so hartseer wat die arme kindjie moes/moet deurmaak…

lh ·

Omdat almal nie so bevoorreg is om vervoer te hê, of te kan bekostig nie Nika.

Hattie ·

Dan stap jy skool toe In en stap saam met jou kind huis toe? Ek het. Soggens 3km skool toe 3 terug en middae dieselfde.

Lana ·

Ek het begrip vir mense wat nie vervoer kan bekostig nie, MAAR dan maak jy ‘n ander plan. Daar is so baie kinders wat almal uit dieselfde omgewing skool toe loop. Kry ‘n verantwoordelike persoon om saam met ‘n paar kinders skool toe te loop en hulle weer na skool te kry. Mense kan beurte maak om saam met die kinders te stap.
Die harde feit in vandag se tyd is: as jy nie wil hê jou kind moet iets oorkom nie – pas hom/haar op. PUNT

Nika ·

@lh, ek het nie gesê hoekom word daar gestap nie, ek verstaan mense is nie bevoorreg met vervoer nie, my vraag was hoekom alleen? In die tye wat ons vandag leef kan n volwasse vrou nie eers alleen iewers stap nie wat nog van n kind?

Abe ·

Mens kan mos sien hoe mooi is sy versorg. Die ouers is seker baie lief vir haar.

Popsa ·

Ek hou vir dogtertjies van haar ouderdom skool. Hulle is dierbaar verby. BESEF mense nie dat hulle klein kindertjies in gevaar is nie??!?!

GM ·

Sy het ‘n pragtige gesiggie.

Ai, dis so hartseer dat kinders so gou ‘groot’ moet wees en alleen moet regkom. Ken die ouers niemand wat na die dogtertjie kon omsien indien hul werk nie? Maatjies wat dalk kon saamstap?

Nie te lank terug nie, kon mens oral heen stap, en dit was veilig – enige tyd van die dag of nag. Ek mis daardie tye.

koos ·

Dit is vreeslik.
Ek sien dit elke dag, sulke jong kinders alleen oppad skool toe of huis toe.
Kan die regering nie dalk ‘n projek van stapel stuur om werklose mense wat SASSA kry, te dwing om saam met ‘n groep kinders skool toe en huis toe the stap?

Girla ·

Dis saam met die NP maan toe. Gedorie in hulle tyd was kinderverdwynings nie ongehoord van nie, maar dit was die uitsondering nie die norm soos vandag nie.

Adel ·

Ai so pragtige klein poppie, kan net nie verstaan hoekom hulle sooooo klein alleen moet skool toe loop nie? Baie van die mammas is huisvrouens en kan saam hulle kleine lyfies skool toe loop en hulle weer gaan haal. Ek oordeel nie, maar ek sou beslis nie my kind alleen laat loop het nie.

Hoop sy word veilig gevind xxx

Pieter Botha ·

.
Hier is twee kinders in ons straat van 4 en 6 jaar oud wat alleen na die kafee toe stap vir n brood, die dogtertjie hou die sussie se hand vas dan stap hulle alleen 13 huise vêr voor hul by die kafee is…dis gewoonlik eers naby 6pm as die ma hulle stuur sodra sy by die huis kom…oor naweke of in skool vakansies doen hulle daai stappie meer as eenkeer n dag…die helfde van die straat is nie eers belig nie…oppad terug hardloop hulle altyd die laaste 2 erwe se afstand….dit gaan baie plekke in die land so.

bambi ·

neeeee neee neee!! dis verskriklik!! mooiste ou dingetjie! Ek kan nie meer nie; hoop werklik sy word gevind.

colleen ·

Ek bid en vertrou sy word ongedeerd gevind en terugbesorg aan haar familie. Dit moet harverskeurend wees om nie te weet waar jou kind is nie.

Gwen ·

Ons bly in n siek land!!!! Ek hoop die kindjie word gou ongedeerd gevind.

Erica ·

Ek ken nie die ma se omstandighede nie maar om ‘n 7jarige kind weerlose kind alleen in die bose land van ons te laat stap is net so goed soos ‘n doodsvonnis. My hart breek as ek dink wat sy moes deurmaak. Hoe is dit reg.

Janet ·

Dit gaan net my verstand te bowe dat jy n 7jarige kind laat alleen huistoe stap in hierdie tye waarin ons lewe

Hanlie ·

Janet ek stem saam, hoe kan ‘n ouer toelaat dat hulle kind alleen kan skool toe stap. Daar is mos naskool by skole beskikbaar. As ek nie my kind by die skool kan gaan haal nie, sjoe laat hulle eerder dan by die skool bly.

wilma ·

Hanlie, ek stem 100% saam wat die naskool aanbetref, maar ongelukkig kan nie almal dit bekostig nie en merendeels is dit ook nie gratis nie. Daar is dus geen ander keuse as dat die kind òf alleen huiswaarts keer (indien die ouers wel werk nie) òf voor die skoolhek (indien daar wel ‘n hek is) sit en wag totdat iemand haar/hom kan kom haal nie. Dalk is dit ‘n goeie idee dat SASSA-ontvangers vir wie dit moontlik is, die kinders vergesel!

John ·

En binnekort gaan 4-jariges skooltoe stap met hul doeksak op die rug want mamma het ‘n vername beroep. En as die kleuter wegraak rol groot trane. Hoeveel gaan dan in puttoilette val of saam met die vuil doek afgegooi word of…

J ·

Ek hoop van harte sy word veilig gekry. Johan 4jariges wat nog doeke dra huhu dai sal n groot probleem wees

Rina ·

Naskool kos geld iets wat baie mense nie het nie. Mense werk ook tot laat en het nie vervoer nie. Miskien kan skole en beheerrade probeer om gratus vervoer vir die kinders te probeer kry of so iets soos buurtwag bv skoolwag te reel????

Heksie ·

jaaa nee Nika wil ek ok weet, so blerrie klein en moet huistoe stap.

Se iets ·

Hoekom kan mense nie onskuldige kinders uit los nie, regtig.
Daai mense moet asb net ook verdwyn. Dan kry die Bxxxxxx nog bail.
Mag die mense wat vir hulle opkom en bail gee ook net spoorloos verdwyn

hannelie ·

Liewer te versigtig: My seuns is 10 en 14 jaar oud. Hulle gaan nerens aleen nie. Siek wereld hierdie.

Johanna ·

Ek sien dit oral baie dat jong kinders alleen moet skool toe en huistoe stap. hulle mammas en pappas werk en seker nie n ander opsie beskikbaar nie. baie van die kinders bly ook alleen tuis todat mamma en pappa van die werk af kom. En die booswigte hou natuurlik hierdie kinders se kom en gaan dop. Ek bid opreg dat sy ongedeerd gevind sal word.

Erika ·

Hoop hulle kry haar gou en dat sy vereenig word met haar familie.
Sterkte aan haar familie, ek kan my net self indink hoe traumaties dit moet wees.

Sirkus ·

Ons moet baklei vir die doodstraf om terug gebring te word. Dit is opportunistiese mense wat kleintjies dophou en weerbare mans en vrouens. Daar word onuitspreeklike dinge aan onskuldige mense gedoen, want die mense verantwoordelik weet hulle kan of wegkom daarmee of net ‘n rukkie in die tronk sit. En daarna kan hulle voortgaan met wat in hulle bose harte ronddraai. Dankie ANC vir ‘n vrot siek land

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.