Familie glo vermiste broer is ná dekades opgespoor

Die familie van Dennis Haynes glo hierdie man wat in Pretoria opgespoor is, is hul broer wat 31 jaar gelede vermis geraak het. Foto: Facebook

ʼn Man van Bloemfontein wat in Februarie 1986 spoorloos verdwyn het, is moontlik ná 31 jaar in Pretoria opgespoor.

Dennis Haynes was 22 jaar oud toe hy van Bloemfontein na Roodepoort vertrek het vir ʼn werksgeleentheid. Sy vrou en eenjarige dogtertjie het in Bloemfontein agtergebly. Dennis het egter nooit teruggekeer nie en sy familie kon hom nie in die hande kry nie. Hy is as vermis by die polisie aangemeld, maar ʼn soektog na hom het niks opgelewer nie.

Desireé Haynes, Dennis se suster, was baie jonk toe haar broer vermis geraak het. Sy het Vrydag aan Maroela Media gesê dat die familie mettertyd aanvaar het dat hy waarskynlik dood is. “ʼn Vriendin van my het ses weke terug besluit om bietjie te begin krap. Ons het nie gedink ons sal hom lewend opspoor nie, maar ons wou graag weet wat destyds met hom gebeur het,” het Desireé gesê.

Desireé se vriendin het ʼn Facebook-blad begin waarop sy ʼn foto van hom geplaas het en gevra het dat enigiemand wat hom moontlik gesien het met haar kontak maak. ʼn Vrou wat hulp aan haweloses in Pretoria gee, het die foto gesien en haar gekontak. “Die vrou het ʼn foto van ʼn hawelose man in Pretoria op die groep se blad geplaas en gevra of dit moontlik dieselfde man kon wees. Van ons familielede wat die foto gesien het, was onmiddellik vas oortuig dat dit Dennis is,” het Desireé gesê.

Vandeesweek is Desireé en haar vriendin Pretoria toe om die man te ontmoet en te kyk wat hulle kan wys word. Die man het homself as Francois voorgestel, hoewel hy baie soos ʼn ouer weergawe van Dennis lyk wat 31 jaar gelede vermis geraak het. Volgens Desireé ly die man aan erge geheueverlies en kon sy agterkom dat hy ʼn mate van breinskade opgedoen het.

Dennis Haynes soos hy gelyk het toe hy vermis geraak het. Foto: Facebook

“Ek was baie jonk toe Dennis vermis geraak het en kan hom nie baie goed onthou nie. Maar my hele familie herken hom. Almal is vas oortuig die man van Pretoria is Dennis.” Volgens Desireé het die man haar nie onmiddellik herken nie, maar nadat sy ʼn rukkie met hom gesels het, het hy gesê hy weet sy is sy suster. Hy het ook ʼn foto van hul ma herken.

Vandeesweek het ʼn vrou ook vir Desireé gekontak wat beweer sy het as kind vir Dennis geken. Volgens die vrou was sy 12 jaar oud toe haar ouers begin het om gereeld vir Dennis kos te neem. Sy vertel dat Dennis briewe aan haar geskryf het waarin hy vertel van sy familie en lewe in Bloemfontein. Die vrou het gesê Dennis het die briewe in die styl van ʼn vervolgverhaal geskryf en elke brief het gevolg op die voriges.

“Die vrou sê ongeveer twee jaar nadat sy vir Dennis leer ken het, het hy vir ʼn ruk net verdwyn en toe hy terugkom, het hy homself as Francois voorgestel,” vertel Desireé. “Hy het snymerke en wonde gehad en sy kon sien dat hy in ʼn ongeluk was. Hy het klaarblyklik geheueverlies gehad, want hy kon nie onthou dat sy naam voorheen Dennis was nie. Hy het ook stadiger gepraat, asof hy in ʼn ongeluk was.”

Die vrou het later verhuis en kontak met Dennis, oftewel Francois, verloor. Toe sy egter die foto van hom op Facebook sien, het sy hom dadelik herken en vir Desireé gekontak om haar van die briewe te vertel. “Die inligting wat sy uit die briewe onthou, is 100% akkurate inligting van Dennis se lewe in Bloemfontein. Dit lyk asof dit regtig hy is,” het Desireé gesê. “Die vrou het vir my gesê sy het altyd gewonder hoekom sy so goeie geheue het. Nou weet sy dit is omdat die Here geweet het hierdie man gaan sy geheue verloor en sy sal sy storie moet vertel.”

Dennis Haynes se familie glo die man van Pretoria is hul broer wat dekades gelede vermis geraak het. Foto: Facebook

Desireé het ook gesê ʼn man het Donderdag deur Facebook met hulle kontak gemaak en beweer dat Dennis jare gelede voor die plek waar hy werk in ʼn tref-en-trap-ongeluk betrokke was. Volgens die man het hy vir Dennis hospitaal toe geneem, maar toe ook weer met hom kontak verloor.

Desireé het gesê die familie het DNS-toetse laat doen om te bepaal of Francois wel hul lank verlore broer Dennis is. Hoewel hulle nog op die uitslae wag, is die familie vas oortuig dat hul broer na al die jare gevind is.

“My oom was jare lank in die polisie en hy het vir my gesê destyds het hulle nie regtig baie aandag aan vermiste persoon-sake gegee nie. Daardie tyd het hulle gedink as ʼn volwassene vermis raak, het hy seker uit vrye wil geloop, so daar is nie baie moeite gedoen om die persoon op te spoor nie,” het sy gesê.

Terwyl daar op die uitslae gewag word, bly Dennis by een van Desireé se vriendinne op ʼn plaas buite Theunissen en help hulle hom met tandheelkundige en mediese behandeling.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

66 Kommentare

Reg ·

Baie bly vir julle.
Was die oom van wie julle praat (PAT ) PATRIC ARTHUR HAYNES.0827814409

Liz ·

So jy weet wat gebeur het? Erge geheue verlies, moontlik breinskade..hy’t nie net sy kind gelos nie, dan kan ek ook sê dis hartseer dat sy familie net so opgegee het in ’86 al.

Lientjie ·

Ag Elizabeth regtig, is dit nou al wat jy uit hierdie wonderlikke gebeurtenis raak lees. Dis definitely hy, jy kan dit sien in sy oe en die mond. Ek is baie bly vir die familie….

blommie ·

As dit hy is en hy was in n tref en trap ongeluk, dink ek nie hy het net sy kind gelos nie, hy is PTA vir werk en sy gesin sou volg. Dit sal wonderlik wees en alle eer aan ons VADER, as die DNA toetse positief is.

Ronel ·

Elizabeth, loop speel op die treinspoor. Jy lees weer net wat jy wil. Die man het sy gesin agtergelaat m werk en tien teen een beter omstandighede te loop soek. Hyt niemand “net so gelos” nie. Dan moet jy vir almal wat ind ie buiteland werk en so elke 3 maande huis toe kom dit ook sê. Toe, ek dare jou.
Ek hoop van harte dis die vermiste persoon na wie hulle so soek. Dit sal rerig wonderlik wees!!! Hou ons asb. op hoogte Maroela????

Tanya ·

Bly om te sien jy weet wat gebeur het Elizabeth. Dan sal jy die familie bietjie meer moet inlig. Indien jy nie die omstandighede ken nie, is dit beter om stil te bly.

Cherokee ·

Elizabeth, as jy net van geheueverlies in berigte lees sal jy jou soort kommentaar lewer.
As jy en ek saam kon tee drink, sou ek jou vertel van ‘n vrou wat drie dae opeenvolgend vir ‘n man vra of hy weet sy is en toe hy die derde dag vra hoe hy moet weet wie sy is as hy nie eens weet wie hy self is nie, en sy daarop vir hom sê dat hulle getroud is en twee kinders het, sal jy nie daardie tipe vrae vra nie. Dit wat ek nou van vertel is nie bekend nie want min mense weet daarvan maar dit skreeu ten hemele teenoor wat jy hier sê.

Margot ·

…….jy het blykbaar nie die stories gevolg nie…. hy was in n groot ongeluk en het geheue verlies. Moeilik om terug te gaan na iets wat hy nie kan onthou nie

Irene ·

Wonderlik goeie dinge gebeur ook. Wonder net die boemelaars wat so op straat geslaan en geskop word word waar is hulle familie

Magda ·

Huisgenoot het iewers in Maart berig van n ma wat haar verlore seun soek. Die het ook jare terug verdwyn. Is dit dalk dieselfde geval?? Ek kan nie die van onthou en het ongelukkig nie meer die Huisgenoot nie.

Mike ·

Elizabeth as jy geheue verlies na n ongeluk(tref en trap) sal jy kan onthou van n man en kind,

Elizabeth ·

Hy was REEDS op die straat VOOR die tref en trap en geheue verlies…

Liesbet ·

Moontlik was die ooreenkoms tussen hom en sy vroutjie van toentertyd dat hy solank daar sou begin werk en sy gesin later by hom sou aansluit. Niemand weet werklik wat gebeur het nie, dus kan niemand oordeel nie, Elizabeth. En indien die familie se langverlore broer is, is ek saam met hulle bly! Indien nie, het hulle steeds n goeie daad verrig aan n hawelose man.

Zan3 ·

Jong soos ek verstaan aan wat ek lees is dat hy sy mense gelos het. Vrou kind en familie. En n ruk lank weg was voor die tref en trap? En dat vandat hy weg is nooit kontak gemaak met einige van sy mense nie? Of lees ek verkeerd? So dit wil sê hy wou nie kontak maak nie en het almal laat dink hy het iets oorgekom of hys dood nie waar nie? Hy het dan vir die ander vrou briewe geskryf wat vertel van sy mense. So dit sê vir my ook hy wou nie kontak maak nie en het sy mense so gelos! Dink wat moes sy mense als deurgaan.

Laetitia ·

Ek hoop uit my hart uit dat dit hulle verlore broer is.
Mens weet nie of hy aangerand was of wat die omstandighede was nie.
hoop dit is ,n wonderlike reunie.

OumaLien ·

Nou wonder ek maar net, as die persoon wel NIE hulle lang verlore broer is nie, wat gaan dan met hom gebeur – gaan hulle hom dan terug strate toe vat, of sal hy versorg word? Vra maar net….

Jeannette ·

Dit wil my voorkom asof Dennis/Francois hulp nodig het (het alle mense wat uit noodsaak op straat leef maar nie almal hulp nodig nie?). Veronderstel Francois is nou níé Dennis nie (ek hoop nie so nie), sal die mense seker maar probeer om hom êrens in ‘n versorgingsoord te kry – of miskien maak iemand hul harte oop vir hom en neem hom in?

Kannaland ·

Baie mooi storie. Hou ons asseblief op hoogte oor die DNA toetsuitslag. Dit sal n goeie dokumentere verhaal kan maak.

Louise ·

Elizabeth … sien tog die mooi einde in die hartseer verhaal raak. Hoekom ‘n bitterbek kommentaar lewer? Daar is heeltemal te min goeie nuus deesdae.

Elizabeth ·

Louise, wat van ons sien die realiteit in die verhaal. Hy het gegaan om te gaan werk om ‘n beter lewe vir sy familie te kry, great! Toe land hy op die straat… hoekom is hy nie terug na sy kind toe nie? en toe eers – na hy reeds op die straat leef, tref ‘n kar hom, ek noem dit karma…

Maar ek is tog bly vir sy familie wat al die jare moes wonder oor hom… en vir sy kind wat sonder ‘n pa groot geword het…

Dovaz ·

EK STEM SAAM MET ELIZABETH!!! Hoekom is hy nie terug na sy mense toe nie! Het hy regtig geheuverlies??? ? KARMA het maar sy tol geeis! Soos hul se… Proof us wrong. Voorspoed aan die familie en hoop die beste.

Hanna ·

Kom ons wag saam met die familie op n wonderlik einde. Dink net hoe bly sy ma gaan wees en self’s sy kind.
Met die maat waarmee ons meet, sal daar vir ons gemeet word.
Wees stadig om te oordeel en loop eers n end in ander skoene.

CS ·

Dit sal wonderlik wees as dit julle langverlore broer is veral vir julle ma sal dit ‘n fantastiese geskenk wees op haar oudag – ons almal hou styf duimvas vir ‘n goeie einde

chris ·

Sal graag wil weet wa sy vrou en kind nou is . Is hulle betrokke by die goed wat nou gebeur ?
Ja hou ons almal op hoogte ASB !!!!!

Fanie ·

Lyk vir my baie soos hy op die foto! Hoop so vir die familie dis hy! Maroela hou ons ab op hoogte?

Christine ·

Ek stem saam Kannaland , dis wonderlik en ek is ook oortuig dit is die lang verlore man, sal ook graag wou hoor wat die uitslae is. Pragtige storie

Ja ·

Kannaland ek stem, sien al hoe speel hy sy eie rol in ware verhaal fliek. DNA toetse glo ek is positief/familie vir almal se onthalwe.

Mandy ·

Ek kan nie wag vir die DNA uitslae nie!! Ek voel so bly vir die gesin. Ek weet sommer dit is hy!! Na 31 jaar Mense!! Dit is so wonderlik. As ek reg gelees het in van die vorige berigte. Lewe Dennis en Desireé se Ma nog??? Hoe wonderlik sal dit nie vir n Ma wees.. om haar lang verlore seun weer te sien nie.. haar seun wat hul moes vrede met maak dat hy oorlede is. Jissie man dit is beslis wonderlik!

Jaen ·

Dit so wonderlik!!!
Hoop regtig dinge werk vir almal uit.
Ek weet hoe dit voel om ‘n vermiste familielid daar buite te hê en geen idee wat gebeur het of waar hy is nie en of hy nog leef?
Maar net die tyd sal leer…

Marisa ·

Definitief nie dieselfde persoon nie. Basiese gesigstrukture verskil heeltemal.

Mandy ·

@Marisa. Hy is al 53. En hy was in n tref en trap. Ek is seker jyt ook al heel vir ouder vanaf jou 20s. EN. selfde mond. Seflde neus. Selfde oë. Selfde jaw line. As dit nie hy is nie. Dan moes hy n 2 ling daar buite gehad het.

Sê maar net... ·

Marisa, ek stem gladnie met jou saam nie. Lyk jy nog soos jy 31 gelede gelyk het?

Hannelie ·

Marisa jy weet nie veel van gesigstrukture nie. Duidelik die oë, mond en neus. Ek glo, bid en vertrou dat hy die familie se verlore broer is. Maroela hou ons asb op hoogte.

Marisa ·

My kenlyn lyk nog net dieselfde as wat dit op 10, 20, 30, 40. 50, 60 gelyk het. Dis nou een ding wat jy nie kan verander nie. Al wat bykom is VET, en PLOOIE.

Jeannette ·

Ek stem nie saam nie, Marisa. Die kaaklyn is dieselfde, die “slant” van die oë en die vorm en grootte van die neus, selfs sy oor-vorm is alles dieselfde. Al wat vir my effe verskil, is die boogvorm van sy wenkbroue. Ons almal lyk heelwat verskillend van ons jonger weergawes hoe ouer ons word. As jy vandag ‘n foto van my moet vergelyk met ‘n foto wat geneem is toe ek 20 was, sal jy sê dit is nie dieselfde persoon nie.

Mari ·

Daar is n doel met alles in die lewe ons ken nie al die antwoorde nie. Ek voel bly dat die familie hulle broer nog wil he en help en ek voel hartseer oor wat met die man gebeur het. “Wat is die mens dat God aan ons dink” ons kan maar net dankie se vir genade elke dag.

Lollie ·

Vir my lyk dit na dieselfde persoon. Hou styf duime vas vir die familie dat dit wel hy is. Wonderlike verhaal met ń hopenlike wonderlike en gelukkige einde! Sterkte!

Delisa ·

Ons Afrikaner nasie. Met die Bybel onder die een arm en die oordeelstok in die ander. Wat ookal die uitslag gaan wees, gaan traumaties wees. En die man wat destyds daar weg is, is nie meer die ene wat hulle nou gaan terugkry nie. Hierdie man is deur baie trauma.

Anoniem ·

Ek wens daar was foto’s (jonk en ouer) waarop sy ore wys. Dit sou help om sy ore te vergelyk op die foto’s, want dit verander nie soveel soos ‘n gesig met die jare saam nie.

Elsabe van Rensburg ·

Ek lees so nou en dan die kommentaar en my mond hang behoorlik oop om te sien hoe ongeskik (party) mense is, as jy/julle nie iets goed kan se nie bly eerder stil niemand stel belang in julle negatiewe opinie nie

Charmaine Berry ·

Ek stem saam met jou Elsabe. Rather be happy for this family if it is him. Human beings are so quick to judge.

A1terego ·

My oorlede moekie het altyd gepraat van “Bybel onder die blad en duiwel in die gat” mense. So met die lees van die komentaar spring daai gesegde uit die verlede in my kop. Ek hoop dit is hy en dat jy verenig kan word met familie

Elsabe van Rensburg ·

Hoekom altyd negatief wees party mense plein ongeskik as jy /julle nie iets positief kan se nie bly eerder stil

muis) ·

Wow wow !! Dis so amazing om te weet by kan met sy familie herenig word! Waar is sy vrou en kind?

Jeannette ·

Hoe wonderlik dit ookal klink, dink ek dit sal baie tyd, geduld en genade neem om hom en sy vrou en die kind (wat nou al ‘n jong volwassene moet wees) te herenig. Dalk is sy vrou weer getroud en sal hulle net as vriende kan voortbestaan. As dit hy is en hy het sulke diepgevestigde amnesia, onthou hy waarskynlik nie eens sy vrou en kind nie. Tyd alleen sal leer, maar ek hoop vir die gesin se onthalwe dat die DNS toetse positief sal wees en dat hierdie storie ‘n gelukkige einde sal hê.

Niccy ·

Wonderlik. Kan my nie indink hoe die familie moet voel na soveel jare nie. Mag jul geseënd en baie gelukkig wees met julle boeta!

JoeV ·

Ai, lekker storie! Kan nie wag vir die DNS om dit net finaal te versker nie.

Chantell ·

Ek stem saam. Kan skaars wag om te sien hoe hierdie storie verloop. Ek bid vir goeie nuus en gelukkige eindes ongeag van die uitslae.

Eish ·

Baie interressant, dit was nou n dames artikel.
66% van kommentare is die naam gebruik, vroulik.
10% van kommentare kan die geslag nie bepaal word uit die naam nie, maar ek reken minstens helfte kan dames wees.
8 % van kommentare deur Mans gelewer.
Van al die kommentare spreek 31% hul blydkap uit oor die moontlike hereniging, 47% is n bekgeveg oor onsensitiwiteit,, 22% wissel van ontkenning dat dit die persoon is tot versoeke van opvolg beriggewing.

ekke ·

Bedaar tog almal. Laat ons wag vir die DNS uitslae. Nie nodig om ander wat opinie lug aan te val nie. Dan is jul maar ook smaakloos

Michael ·

Ek is baie bly as dit dieselfde persoon is dit lyk so maar wat ek wil se is Elizabeth het haar opinie uitgespreek en onmiddellik gekruisig deur van haar volksgenote dit is die rede hoekom n volkie gaste geword het in hulle eie land en nooit sal kan saamstaan nie.

Dovaz ·

Ag Michael! This is a real word! Lankal nie meer ‘n Long, Long ago there was a man.. Da,da,da storie wereld nie. Ek is seker daarvan dat Elizabeth wel met so iets in haar lewe tedoen gehad het en ondervinding het. Ek verseker jou ons weet van so geval. Die man het sy vrou en twee kinders ook gelos om kamstig werk te gaan soek. Toe ons ons oe uitvee is hy getroud met twee ander kinders. Glad nog nie geskei v d eerste vrou nie. Hy was by sy volle positiewe. This is a real world!!!

stella ·

Beslis hy. Wie is ons om te judge. Dit kom net die Here toe maar ek verstaan wat Elizabeth bedoel. Het EK n kind gehad wat verdwyn het sou EK nie ophou soek het nie. EK en n pel het Nou die dag met boemelaars gepraat. Een met n mooier taalgebruik as ek en ek weet net die duiwel het gekom om te steel en te verwoes. Op so baie maniere en daarom moet ouers op hul kniee bly vir hul kids

Jeannette ·

Ai, Ekke, is dit nou nodig om so katterig te wees? Elizabeth het net haar opinie uitgespreek – sy is tog seker geregtig daarop, of moet sy eers toestemming gevra het?

Ekke ·

Jeanette waar val ek Elizabeth aan?? ANDER doen dit en dis juis op hulle wat my skrywe gerig is. Jy moet lees!

Carien ·

Wat ‘n aangrypende verhaal, ons bid saam met julle dat die toets uitslae posetief is, die man lyk inderdaad soos die jongman wat vermis geraak het. Sterkte aan julle en aan hom, dit gaan ‘n groot aanpassing wees vir beide parteie aangesien jul deur erge trauna is. Hou ons asb op hoogte aangaande DNA uitslae. Mag dit die Here se wil wees dat alles vir julle ten goede uitwerk….♡

Dovaz ·

Hoera vir Elizabeth!! Jy het lees lees deur die lewe gegaan. Ek stem nog saam met Elizabeth till they proof me wrong!!

estie ·

Ek is een van die niggies van vermiste.Ja sy moeder leef en dit wat hy se dui als,daarop dat dit hy is. En my nig Disere het n goeie hart vol liefde as dit nie haar broer is nie sal sy help tot op die ende maar daar is,geen twyfel dat dit nue hy is nie. Dit is hy en Dennis is Trug prys my God die dinge het baie in my lewe,verander,, en hy word vandag met sy moeder en ander broer verenig, dit is ek glo vir, ieder en elk in ons Haynes familie n groot voorreg om hom trug te verwelkom en God met alles te loof en te prys en te se Dankie dat U hom lewendig,aan ons,trugbesirg het. En dankie Desere dat jy nooit opgegee het nie. My Gid het meer as n wonderwerk aan ons gewys Glo want Hy LEEF in die naam van Jesus Bloed En dit gaan ek Sondag getuig Amen

Re ·

Ai Estie, jy is die enigste een met ‘n verbintenis met die familie wat kommentaar gelewer het. Ons almal sal baie graag wil weet wat het van sy vrou en kind geword!
Julle, dink net deur watter hel daardie arme vrou en kind moes gaan die afgelope jare. Dink aan al die emosies waardeur daardie arme 2 mense die afgelope tyd is.
Shame, ek wens hulle 2 veral baie sterkte toe.

Estie ·

Jammer vir die spel foute was deur oggend ure geskry die persoon wat verwys na Patric Athur Haynes oom Pat is my Oom so om en by 5 jaar trug oorlede die wonderlikste mens wat ek geken het.mense wat nie die verhaal van Dennis ken nie moet asseblief geen kommentaar lewer nie. Hy word vandag met sy ander broer en moeder vereenig en ons almal Glo dit is Hy, wat n wonderlike verhaal Dankie Desire dat jy Geglo het jy is n Engel en eks trots om te se jy is deel van my Familie.Die Haynese is mense met goeie harte

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.