Familie in hof oor musikant se begrafnis

Lerato Sengadi in die hof (Foto: Thembelihle Mkhonza/ANA)

Lerato Sengadi, die lewensmaat van die wyle Hip-Hop Pansula (HHP) Jabulani Tsambo, het gesê hy het ʼn geskiedenis van depressie en verslawing.

“Ek het hom deur die jare heen ondersteun en tevergeefs probeer om hom te oorreed om vir rehabilitasie te gaan,” het Sengadi in haar beëdigde verklaring gesê.

Sy het Tsambo selfs as ʼn begunstigde op haar mediese fonds geregistreer sodat hy die beste moontlike sorg kan kry indien hy by ʼn rehabilitasiesentrum opgeneem sou word.

Maroela Media het vroeër berig die 38-jarige musikant is dood nadat hy vermoedelik sy eie lewe geneem het. Hy het aan depressie gely.

Sengadi het Dinsdag ʼn aansoek by die Johannesburgse hooggeregshof ingedien om ʼn interdik te bekom om HHP se familie te verhoed om hom in Noordwes te begrawe. Sy begrafnis vind Saterdag in Mahikeng plaas.

Jabulani Tsambo, beter bekend as Hip Hop Pantsula of HHP (Foto: Twitter)

Die Tsambo-familie het Vrydag in die hof gesê hulle herken nie Sengadi as hul seun se weduwee nie. Sy voer egter aan die familie het R35 000 lobola in haar ma se bankrekening inbetaal. Volgens haar het sy en Tsambo in Februarie 2016 getrou en sy het gevolglik die volle reg om haar man te begrawe.

Robert Tsambo, HHP se pa, voer aan die lobola-onderhandelings is nooit afgehandel nie en die ooreengekome bedrag is nie ten volle betaal nie. Volgens hom het hulle op 28 Februarie 2016 met Sengadi se familie vergader om die lobola te bespreek. “Die familie het op dieselfde dag R30 000 oorbetaal. Die bedrag wat nog uitstaande was, is R10 000 en minstens R5 000 sou tydens ʼn volgende ontmoeting betaal word, maar daardie ontmoeting het nooit plaasgevind nie.”

Die Tsambo-familie het gesê Sengadi is welkom om die begrafnis Saterdag by te woon.

Uitspraak in die saak is nog nie gelewer nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Johann cb ·

Ek het self onlangs ‘n geliefde aan die dood afgestaan, en geld het by familie ‘n kwessie geword! Ai, is dit nodig? Nee, ongeag van taal of kultuur!

Al ·

Ek stem! Geld lyk my raak n twispunt wanneer ñ geliefde afsterf. Dis skandelik. Sy is sy wettige vrou en die familie moet vrede maak daarmee.

Chantal ·

Oh no to the family , She was his wife. He chose her…. let her say her last goodbyes and give her last respects to her husband. I respects the traditions but again He chose her so respect her and his wishes where she wants to hold the funeral … Family needs to step back and let tje wife or hisband decide.
SENGANI SO SORRY FOR YOUR LOSS LADY.
GOD BLESS

Estelle ·

As daar oor die begrafnis gestry word, kan ek myself net indink hoe daar oor die boedel baklei gaan word. Sorg maar dat al jou papiertjies ge”tjap” en ge”sign” is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.