Neo Mothibedi, ʼn familielid van die oorlede Dinah Koli van Jouberton in Klerksdorp, het gesê Dinah het toekennings vir skaak en tafeltennis ontvang. “Sy het dit geniet om met haar ma, Dikeledi, tyd te spandeer. Jy sou dink hulle was vriende,” het Mothibedi gesê. Dinah wou ná skool medies studeer, het haar familie gesê.
Dinah is een van drie leerders wat dood is toe ʼn brand omstreeks 01:00 by die Noordwes Sekondêre Skool vir Dowes in Leeudoringstad uitgebreek het. Altesaam 54 ander leerders is beseer toe hulle van die eerste verdieping na die grondverdieping gespring het om van die vlamme te ontsnap. Ander moes vir rookinaseming behandel word.
Mothibedi het gesê die familie was geskok oor die skielike verlies van hul dogter. “Sy was vriendelik en slim. Sy het geld verdien deur haar vriende se hare by die skool en by die huis te vleg. Ons kan niemand vir die voorval blameer nie. Die sekuriteit by die skool is goed. Ons wag vir die forensiese ondersoek om die oorsaak van die brand te bepaal.”
Mmaphefo Matsemela, Noordwes LUR van onderwys, het gesê die departement sal die families en leerders deur hierdie tragedie ondersteun. “Die skool moet gereinig word. Ek sal met die geloofsleier praat om die skool te reinig,” het sy gesê.
Dinah sal Vrydag in Jouberton begrawe word.
Elias Malindi, woordvoerder van die Noordwes onderwysdepartement, het gesê die ander twee oorledenes se name is nog nie bekend nie, aangesien ʼn laaste paar familielede nog in kennis gestel moet geword.
Hartseer. Ek het die voorreg gehad om ‘n paar jaar gelede ‘n Mej. Dowe SA te ontmoet. Die briljantheid en innemendheid van die mooie meisie sal my altyd bybly.
Ek sien ook dat ‘n vorige skoonheid as kind gediagnoseer is as “onopleibaar-doof”. Wat ‘n skande om hierdie mense só te onderskat.
Hulle humorsin is uit die boonste rakke waar op ‘n staproete hulle aan die wat kan hoor gesê het. Sodra dit donker word moet julle ophou om te gesels want dan kan ons met lippetaal nie “hoor” wat julle sê !!
Tragies
Innige simpatie aan haar ouers en geiefdes.