Familie ondersoek self Belfast-slaandood

Pierre de Necker was 'n groot diereliefhebber. Foto: Verskaf

Pierre de Necker was ‘n groot diereliefhebber. Foto: Verskaf

Pierre de Necker (24) se familie sal sorg dat diegene wat verantwoordelik is vir hul geliefde se wrede slaandood in Belfast, Mpumalanga, vervolg word, al moet hulle self die saak ondersoek.

Lion de Necker, Pierre se pa en ʼn oudpolisieman, het Maandag aan Maroela Media gesê hy het ná Pierre se moord sy eie ondersoek begin aangesien hy nie tevrede is met die manier waarop die Belfast-polisie die saak sover hanteer het nie.

“Ons het verskeie bewyse en inligting ingewin van mense en voertuie wat by die voorval betrokke was. Ons sal dit aan senior polisiebeamptes, wat nie aan die Belfast-polisie verbonde is nie, oorhandig in die hoop dat iets dan gedoen sal word.”

Pierre is verlede Vrydagaand so erg aangerand dat hy ʼn dag later in die hospitaal aan sy beserings beswyk het. ʼn Groep van tussen 15 en 20 mense het glo die reg in eie hande geneem nadat hulle Pierre van die diefstal van ʼn motor verdink het. Die voorval hou glo verband met die diefstal van ʼn wit Volkswagen Golf, wat vroeër as gesteel by die polisie aangemeld is.

Vier mense is verlede Maandag in verband met Pierre se moord in hegtenis geneem, maar is later dieselfde dag weer vrygelaat nadat hul verklarings afgelê is. Die verklarings is aan die senior staatsaanklaer verskaf, wat nou sal besluit watter verdere optrede teen die mense gevolg moet word.

Sers. Kwapa Macdonald, polisiewoordvoerder van die Belfast-polisie, het Maandag aan Maroela Media gesê niemand is verder weens die moord in hegtenis geneem nie en dat die staatsaanklaer se besluit steeds hangend is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Theresa ·

Ja, ek kan verstaan dat mens self ‘n ondersoek van stapel sal stuur. Mens se kind is te kosbaar om dit daar te laat. En wanneer 15 – 20 mense deelnaam aan so ‘n vreeslike aanval, is grens dit nie meer aan menslikheid nie. Baie sterkte en mag regverdigheid seëvier. Baie sterkte aan die familie.

Asjas ·

Kan ‘n seviele saam teen betrokkenes gemaak word as privaat persoon hul betrokkenheid kan bewys??
Wat van die versprei van die foto? Dit is sonder sy toestemming gedoen?

Charmaine ·

My hart gaan uit na daai ouers – dis n skande dat n wit kind se moord as onbenullig gesien word. As ek daai ouers was sou ek dieselfde gedoen het want of hulle gee nie aandag aan die probleem nie of die docket gaan 1 voudig net verdwyn….Jammer hulle het die reg gehad om jou lewe te neem, ongelukkig het die inbrekers, verkragters en moordenaars vandag meer se in ons land as die mense aan wie dit gedoen word.

MissDemeanor ·

Dit is ‘n skande as enige moord as onbenullig beskou word, wit mense verdien nie een of ander spesiale status nie. ‘n Lewe is ‘n lewe en jou of my lewe is niks minder of meer werd as enige iemand anders se lewe nie. Die skande hier is dat 20 mense aan die moord deelgeneem het en niks onder mekaar gedoen het om dit te stop nie. Dit is ‘n skande dat hulle die reg in eie hande geneem het. Dit is ‘n skande dat die polisie nie ordentlik werk nie. Dat hy wit was maak dit nie’n groter skande nie.

Ek ·

Wat verwag julle hy is wit wie wil nog opstaan vir ‘n wirman.

Charmaine ·

Many many sommer many moons ago was die Polisie wat hul werk met liefde en passie gedoen het, vandag???? Laat my dink aan Noot vir Noot….en hier is n R100’tjies vir jou, draai jou gesig anderkant toe!!!! Jammer vir die wat so hard probeer om ons anders te bewys, 1 vrot aartappel, maak n hele sak vrot!!!!

Elsie ·

Hiervan gaan niks kom……..Mnr de Necker volg jou kop en handle dit self

Joann ·

Ja wat kan mens se en doen? Witte en daar gaan niks van kom nie.

Gesiggie ·

Mnr jy doen die regte ding, want jy sal jare wag as jy nie self die gereg in jou eie hande neem, jou seun is van jou weggeneem deur hierdie monsters… hul het geen reg om vry rond te loop.. met die hulp van ander mense, sal jul die moordenaars vastrek. Al die seer wat jy moet deur maak… Sterkte mag als vir jul uitwerk. hoop om gou nuus te ontvang aangaande die saak. Hierdie Pa sal aanhou veg tot die einde …

Ella ·

Ek is nie sommer een wat die ras kaart gebruik nie maar die Parys boere het die Hawks op hulle spoor en hierdie ondersoek word nie eers opgevolg nie. MMmmmmm laat n mens maar net wonder

MissDemeanor ·

Ja moet eerder nie die raskaart gebruik nie, want dan klink dit asof jy graag wil he wit kriminele moet wegkom omdat hul wit is. Dit sal beter klink as jy eerder wil he alle kriminele moet vervolg en volgens dieselfde riglyne gestraf word.

Retha ·

Polisie is te slapgat en onopgelei om ordentlik te ondersoek. Verder is belangstelling in hulle werk power. As jy nie self werk maak van dit nie gaan daar niks van kom nie. Hoop jy kry hulle almal en kla hulle aan van moord. Wens dire doidstraf was nog deel van ons powere regstelael. Die duiwel sorg egter vir sy kinders.

Wern ·

Ons moet maar self opvolg en onsself baie hard maak. Ek moes my eie saak ook oplos want die polisie het nie die minste belanggestel nie.

Wern ·

Ek het maar self probeer uitvind wie skuldig was want daar was nie veel belangstelling om my te help nie en toe ek vir die polisie die info gee was dit weggesmyt en niks verder gedoen nie. Dit laat mens so magteloos voel. Ek wens regverdigheid het geskied, dit het toe nie, maar ek wens julle meer sukses toe.

arizona ·

Mnr De Necker, my hart is verskriklik seer vir jou en jou familie. Mag ek jou net iets vra. Jy doen die slapgat SAP se werk vir hulle, wat dan? Is data nog SAP lede wat jou harde werk sal beloon met die vervolging van jou seun se moordenaars. In hierdie land is ons blanke mense net mooi niks en jou blanke kinders nog minder. Ek hoop en bid nadat jou ondersoek voltooi is dat jy iemand sal kry wat na jou ouer hart sal luister en nie n R50.00 sal aanvaar om die doket te laat verdwyn nie. Mag julle vrede en berusting vind in n land waar daar geen vrede is nie.

KP ·

Mnr ek wens jou alle sterkte toe, jaag hulle tot by oom daantjie in die kaller hok.

Nicolette ·

Dis nie die enigste moord wat so hanteer word nie my vriendin se seun is in sy huis vermoor en daar is nog niemand in hegtenis geneem nie….dis nou al sewe en n half maande later en nog niks……….

Stem ·

Doen dit self mnr de Necker. Het self paar jaar gelede my eie gewapende roof gehelp ondersoek. Daar was vasgrstel dat polisie beamptes my inligting op gevolg en die geld tussen hulle gedeel het. In die hof is die ondersoek beampte se onvolledig en sakboek vermis. Hy was totaal ongeloof waardig in sy getuienis en veroorsaak dat dat die rowers weer terug op straat was. Niks het verder ooit daarvan gekom nie. Joune mag dalk anders verloop! Sterkte

MissDemeanor ·

Ek onthou 30 jaar gelede het die polisie wit studente wat teen apartheid was ontvoer en gemartel. 30 jaar gelede het hul bloot iets soos ‘n boek op jou boekrak beskou as ‘n bewys dat jy ‘n komunis was en dit was genoeg rede vir hul om mens te teister en in sekere omstandighede te laat ‘verdwyn’.

Jan maak n Plan ·

As dit nou 15 – 20 wit mans was wat een swart man dood geslaan het was die Valke nou al lankal in hulle hordes daar en elke stukkie getuienis besig om deeglik na gegaan te word, maar heellaas is daar nou nie eers een mossie by hierdie saak betrokke nie.
Proudly weer South Africa.

snoefie ·

Enige moord verdien om ondersoek te word. Daar was dan
‘wit polisie man op die toneel. sy getuienis behoort van groot waarde te wees. Verder, van wanneer af mag mens self die persoon wie jou of jou familie se motor gesteel het, straf en sommer op ‘n wrede wyse teregstel? Die kangeroe howe moet end kry. Ek onthou so ‘n aantal jare gelede was twee wit manne in polisieselle ook doodgemaak deurdat ‘n rookgranaat in hulle sel gegooi was. Wat het van daardie saak geword? Mens hoor net nooit weer van sulke sake nie.

plaasjapie ·

Mens raak sommer die wetter in….vier verdagtes ondervra en selfde dag weer laat gaan…mens sal sweer iemand is net aangerand….nie vermoor nie volgens hulle optrede. Hulle nog nie een in hegtines geneem nie.
Komaan…hoeveel moet ons witmense nog vat ?

PMB ·

Dit is tragies dat WIT MOORDE nie dieselfde prioriteid ontvang en media dekking as die van ander kleuriges. Dit word slegs onder die mat ingevee want waar begin jy soek onder die 52 000 000? Sterkte met jul ondersoek en pas julself op!!!!

Vra net ·

Ek kan regtig nie verstaan hoe werk die verskillende regsstelsels nie. Tzaneen se voorval was hul binne ‘n week gevonnis? In die geval word hul ondervra en laat gaan? Ek is ook jammer om so negatief te klink maar ek sê ook hier gaan niks van kom nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.