
Belinda Theunissen
“ʼn Vriend het haar laas by ʼn park in Primrose opgemerk op die hoek van Wynswood- en Ixiaweg,” het Lea Blignaut, Belinda se tannie, aan Maroela Media gesê. Sy bestuur ʼn silwerkleurige Opel Corsa Lite met die registrasienommer PSG 529 GP.
Belinda se ouers is in 2010 oorlede en sy en haar tweelingsussies het sedertdien by hul oupa gebly.
“Sy het al vantevore ook verdwyn, maar die langste wat sy nog weggebly het, was drie dae. Sy het vantevore ook klere saamgevat, maar hierdie keer het sy sonder klere of haar medikasie verdwyn.”
Blignaut het gesê hulle is baie bekommerd en hulle wil net weet waar Belinda haarself bevind. “Ons is nie kwaad vir haar nie, ons wil net weet waar sy is.”
Belinda het nie ʼn bankrekening nie en sy is finansieel afhanklik van haar oupa.
Belinda is ongeveer 1.6 m lank en weeg tussen 80 en 90 kg. Sy het bruin oë en lang donkerbruin hare. Sy het gaatjies in haar neus, lip en ore. Sy dra ʼn swartraambril.
Enigiemand met inligting oor waar Belinda haarself bevind word versoek om die polisie in Primrose te kontak of om ao Semosa te bel by 011 842 0503 of 060 390 2956.
- Belinda Theunissen
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
13 Kommentare
Ek was saam Belinda op Hoërskool gewees hier in Lydenburg. Ek hoop van harte julle vind haar.
Kom ons hoop sy word ongedeerd gevind. Ek mag seker niks sê oor die kombinasie van swart klere, dwelms en “body piercings” nie? Seker net ‘n Goth of hoe?
Sterkte aan Oupa met die kleinkind en ook die sussies.
Die ‘Opal Corsa’ is eintlik ‘Opel Corsa’.
Sterkte aan die Familie, bid dat sy veilig sal terug keer. Dalk net n fase waardeur sy gaan, ONS almal gaan mos maar deur n fase in ons lewe
Hoop hierdie meisie word ongedeerd gevind. Ek sien depressie in haar oë. Vra maar net oor die wat dwelms noem, sien nerens in die berig iets v dwelms nie. Hoe ookal sy, hoop sy word gevind en kry hulp.