Familie rasend ná 24-jarige in Germiston verdwyn

Belinda Theunissen

Belinda Theunissen

Belinda Theunissen (24) van Dorandia in Pretoria is laas op 4 Mei in Primrose, Germiston gesien.

“ʼn Vriend het haar laas by ʼn park in Primrose opgemerk op die hoek van Wynswood- en Ixiaweg,” het Lea Blignaut, Belinda se tannie, aan Maroela Media gesê. Sy bestuur ʼn silwerkleurige Opel Corsa Lite met die registrasienommer PSG 529 GP.

Belinda se ouers is in 2010 oorlede en sy en haar tweelingsussies het sedertdien by hul oupa gebly.

“Sy het al vantevore ook verdwyn, maar die langste wat sy nog weggebly het, was drie dae. Sy het vantevore ook klere saamgevat, maar hierdie keer het sy sonder klere of haar medikasie verdwyn.”

Blignaut het gesê hulle is baie bekommerd en hulle wil net weet waar Belinda haarself bevind. “Ons is nie kwaad vir haar nie, ons wil net weet waar sy is.”

Belinda het nie ʼn bankrekening nie en sy is finansieel afhanklik van haar oupa.

Belinda is ongeveer 1.6 m lank en weeg tussen 80 en 90 kg. Sy het bruin oë en lang donkerbruin hare. Sy het gaatjies in haar neus, lip en ore. Sy dra ʼn swartraambril.

Enigiemand met inligting oor waar Belinda haarself bevind word versoek om die polisie in Primrose te kontak of om ao Semosa te bel by 011 842 0503 of 060 390 2956.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Lize-Marie ·

Ek was saam Belinda op Hoërskool gewees hier in Lydenburg. Ek hoop van harte julle vind haar.

Neptunus ·

Kom ons hoop sy word ongedeerd gevind. Ek mag seker niks sê oor die kombinasie van swart klere, dwelms en “body piercings” nie? Seker net ‘n Goth of hoe?

Lea Blignaut ·

Sy is nie meer ‘n “Goth” nie. Die foto is ‘n hele ruk terug geneem. Die foto op die Pink Ladies “poster” is hoe sy lyk, maar met donkerder hare.

Peet Schabort ·

Lea, dis nou goeie nuus. Mag dit so bly. Vreemde mense bid vir haar. Elke mens is uniek. Voor jou was- en na jou sal daar nie nog ‘n wese wees soos jy. Dis die wonder van die Skepping.

Yolandi ·

Neptunus,
Ek wens dat die mensdom meer oor die Goth kultuur wil leer. Ons is nie slawe van soorte of gebruikers van dwelms nie. Ja ek het swart/pers hare, ja ek dra meestal swart, ja ek het piercings as ook baie tattooss. MAAR… dit maak my nie ‘n beter of slegter persoon as die volgende nie. Die berig gaan oor Belinda en haar familie, nie dit wat jy “dink” is die waarheid nie.

Peet Schabort ·

Sterkte aan Oupa met die kleinkind en ook die sussies.
Die ‘Opal Corsa’ is eintlik ‘Opel Corsa’.

Sune van Heerden ·

Dankie Peet, ons het die regstelling gemaak.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Gina ·

Sterkte aan die Familie, bid dat sy veilig sal terug keer. Dalk net n fase waardeur sy gaan, ONS almal gaan mos maar deur n fase in ons lewe

Neptunus ·

Almal gaan deur fases? Verstaan jou stelling nie so lekker nie. Wat jy ook al probeer sê: nie almal gebruik dwelms, loop weg en laat hulle mense rasend van kommer nie. Ek het nog nie van ‘n dwelmgebruiker gehoor wat beweer hy is gedwing om dit te probeer nie. Dit gaan alles oor keuses.

Lea Blignaut ·

Weet jy Neptunis, soms moet ‘n mens eers AL die feite kry voor jy so oordeel. Dis geensins vir enige van ons maklik nie, maar asb. dink voor jy so onsensitief kommentaar lewer oor ‘n saak wat jy nie eers ‘n kwart vanaf weet nie.

Vra net ·

Hoop hierdie meisie word ongedeerd gevind. Ek sien depressie in haar oë. Vra maar net oor die wat dwelms noem, sien nerens in die berig iets v dwelms nie. Hoe ookal sy, hoop sy word gevind en kry hulp.

Rone ·

Neptunis ek ken die meisiekind se sussie en ek weet wat in hulle lewe aangaan… Ek dink jy moet liewer op joi kniee gaan en bid dat JY of jou dogters nie die help beleef van die 3 meisie kinders nie! En my persoonlike meening van “Goth” is ‘n boemelaar siel… My hart breek stukkend vir die 3 meisiekinders!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.