Familie rasend ná sakeman se verdwyning

Roelof “Rassie” Harmse (Foto: Facebook)

Die familie van ʼn vermiste sakeman van Polokwane in Limpopo sê hulle het nog nie ʼn “enkele oog toegemaak” sedert Roelof “Rassie” Harmse (56) van dié dorp op 9 Desember verdwyn het nie.

Doreen Harmse, ʼn familielid van Rassie, sê sy vrou, Annatjie, het hom Saterdag om 09:00 laas gesien net voordat sy en ʼn vriendin by die huis gery het. Volgens Harmse sou Rassie, wat ʼn verkoelingsonderneming besit, ʼn kliënt gaan spreek en dan weer huis toe gekeer het.

“Volgens sy dogter, Anzel, was hy wel weer by die huis, maar het later weer gery en nie teruggekeer nie,” sê sy.

Harmse sê die gesin is rasend van bekommernis en het “geen benul” waar Rassie hom kan bevind nie. Sy kan volgens haar nie mediaberigte bevestig wat daarop dui dat Rassie aan depressie gely het nie. Rassie het geen nota agtergelaat nie.

Sy het ʼn pleidooi aan “enigiemand met meer inligting” gerig om na vore te kom. Rassie is sowat 1,6 m lank. Hy bestuur ʼn wit Izuzu-bakkie met die nommerplaat BPR 591 L.

Die polisie in Limpopo het intussen bevestig dat ʼn vermistepersoonsaak in verband met Rassie se verdwyning aangegee is.

Lt.kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, sê die polisie het ʼn soektog na Rassie van stapel gestuur. Hy het lede van die publiek wat meer inligting oor Rassie se verdwyning het, aangemoedig om ao. Mangakeng te bel by 082 788 8525.

Harmse se bakkie (Foto: Facebook)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Niklaas ·

Ons hou maar almal duim vas dat hy net net gou verdwyn het vir blaaskansie iewers en binnekort weer sal opduik. Ek kan myself indink hoe dit vir familie lede van verdwene geliefde moet voel. Laat ons hoop vir die beste.

Heksie ·

Ek dink jou vermoede is reg Niklaas. Daar is gerugte dat hy in Polokwane opgemerk is.

Johan ·

As daar gerugte is volg asb op.Dit is my vrou se neef.Ons hoop hulle kry hom gou.

wilma ·

Is Mnr Jaco Labuschagne oor wie vroeër berig is, al gevind?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.