Familie rou ná tiener in motorfietsongeluk sterf

Brendon John (18)

Brendon John (18)

Brendon John, ʼn 18-jarige matriekleerling aan Hoërskool Fichardtpark in Bloemfontein, se familie is in rou nadat hy Woensdagmiddag in ʼn motorfietsongeluk dood is.

“Hy was ʼn wonderlike kind,” het Eugene Botha, Brendon se pa, Donderdag aan Maroela Media gesê. “Niemand kon sleg van hom praat nie, en hy het altyd grappies gemaak. Hy het ook altyd gehelp waar hy kon.”

Maroela Media het Woensdag berig Brendon het met sy motorfiets in ʼn draai met sy motorfiets op die nat pad gegly voor hy die sypaadjie en daarna ‘n boom getref het. Hy is op slag dood. Die ongeluk het in die Uitsig-woonbuurt, naby aan sy huis plaasgevind.

Dit is waar die water uitloop.

Dit is waar die water uitloop.

“Water lek al vir byna drie weke lank uit ʼn drein in ons straat, Bermudasingel. Die eienaar van die huis, waar die lekkasie is, het gister op die ongelukstoneel vir my gesê hy het dit al drie weke gelede by die Mangaung-munisipaliteit aangemeld,” het Eugene bygevoeg.

Hy sê werkers van die munisipaliteit was ná die ongeluk op die toneel om die lekkasie reg te maak, maar toe hy Donderdag daar was, was die lekkasie nog erger. “Die ongeluk sou nooit gebeur het as die munisipaliteit die lekkasie gestop het nie. Dit is hulle skuld,” het Mariana Botha, Brendon se stiefma, gesê.

Volgens Eugene ry sy seun al motorfiets sedert hy 13 jaar oud is en het hy altyd verantwoordelik bestuur.

Eugene installeer houtvloere en het sy eie nutsman-besigheid. Brendon sou ná skool saam met hom begin werk het. “Sy dood is vir ons almal ʼn groot skok. Ons is baie hartseer, dit is vir ons ʼn groot verlies,” het hy bygevoeg.

Die nat pad waar Brendon gegly het.

Die nat pad waar Brendon gegly het.

Brendon se begrafnisreëlings word nog getref.

Maroela Media wag vir nog kommentaar van die Mangaung-munisipaliteit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Brenda ·

Dagvaar die munisipaliteit!!! Dit sal natuurlik nie die seun terugbring of vergoed vir sy lewensverlies nie, maar sal dalk die munisipale werkers twee keer laat dink voor hul weer so traag is om noodsaaklike instandhouding te doen……..maar dan weer, ons bly in Suid-Afrika!!!! NIKS pla hulle nie en NIKS kry hulle wakker nie!!!!

Baie sterkte aan die familie!!!

pop ·

Dis erger as erg!!!!!!! Is hierdie 3de wereld waarin ons moet leef. Dagvaar, dagvaar,DAGVAAR
Laat hulle betaal vir hulle laksgeit.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.