Familie, skool rou ná onnie se dood

Maretha en Diviniis van Dyk. (Foto: Facebook)

“Vanaf die eerste oomblik dat ek jou gesien en geweet het ek gaan jou my vrou maak tot die oomblik dat ek jou vir ewig moes groet … My hart, my rots, my trots, my mev. Van Dyk. Die Here het jou vir my geleen en te vinnig van my afgevat.”

Só het Diviniis van Dyk oor die naweek op sosiale media geskryf nadat sy vrou, Maretha, verlede week deur ʼn MiCiTi-bus op die R27 naby Sunset Beach in Kaapstad doodgery is.

Maretha was 30 jaar oud en ʼn gr. 4-onderwyseres aan die Laerskool Van Riebeeckstrand in Melkbosstrand.

“Here Jesus, ek het haar regtig bitter, bitter lief. Sy is by U waar sy net kaalvoet kan loop en mooi na almal kan omsien,” lui die inskrywing.

Die egpaar is in Oktober 2015 getroud.

Trish Dolley, skoolhoof van die Laerskool van Riebeeckstrand, het Maandag in ʼn verklaring namens die skool haar medelye met Maretha se naasbestaandes betuig. Sy het Maretha as ʼn geliefde kollega, onderwyseres en vriendin beskryf.

‘n Skermskoot van die skool se verklaring.

Die skool sal egter uit respek vir die familie geen verdere kommentaar lewer nie, het Dolley verduidelik.

Maroela Media het vroeër berig Maretha se gesin kom oorspronklik van Upington in die Noord-Kaap en haar broers, Cobus en Jasper Wiese, speel professioneel rugby vir onderskeidelik die Stormers en die Cheetahs.

Jasper het ondanks sy sussie se dood die naweek vir die Cheetahs uitgedraf.

Kapt. FC van Wyk, polisiewoordvoerder, het aan Maroela Media gesê die polisie ondersoek ʼn saak van strafbare manslag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Gesiggie ·

Dit is so hartseer… my innige meegevoel aan die ouers, familie en aan Diviniis haar man. Mag Jesus jul vertroos en aan jul die krag gee om sterk te bly in die tyd van hartseer. RIV Maretha.

Sandra ·

My Citi het Baie ex taxi bestuurders in diens geneem. So jammer fat sy met haar lewe moes boet. Sterkte aan die naasbestaandes

Lee ·

Ai dis so hartseer. Baie baie sterkte aan haar man en familie. Mag Jesus julle styf vashou in die moeilike hartseer tyd. Rus Sag Maretha xx

Jaco ·

Ek was nie daar en het nie gesien wat gebeur, maar ek ry daardie pad n paar keer daagliks, die MyCiti busse ry teen n ongelooflikke spoed op hulle baan. By die verkeerslig by Sunset beach is al n paar lewens ge eis waar My Citi busse betrokke was.

B.B. ·

Hoekom n kind, so jonk, en klein…wat niks en niemand skade aandoen nie, deur soveel Trauma sit..?
Ons Bid die Ouers en Familie sterkte toe…en hoop dat sy vinnig ver-enig sal word met julle.

PJC ·

Ek bly in die skiereiland en is daagliks op die pad. Is baie bang vir hierdie busse want dit lyk gedurig of hulle probeer om spoedrekords op te stel maar skynbaar sien niemand dit raak nie.

Jacqueline ·

Dit is so hartseer wat met die jonge dame gebeur het. Net so hartseer dat haar man in die tyd van rou dink Jesus het haar weggeneem. Mense maak mense dood, nie God nie. Sterkte en innige meegevoel vir haar familie en vriende.

lh ·

Ag asseblief Jacqueline? DIT, is mos nou GLAD nie wat die man gesê het nie. Moenie jou eie afleidings maak en dan woorde in ‘n seer siel se mond lê nie.

Bertie ·

My innige, innige simpatie aan haar man, ouers en al haar geliefdes – dis sò tragies!

Lizzie ·

Dit is baie tragies en hartverskeurend. Hoekom net saak van strafbare manslag? . ‘n Persoon is dood. Dit is blatante moord!!! Ek weet dit sal nie help om MiCiti busdiens te dagvaar nie, maar ek voel net geregtigheid moet geskied. Sterkte aan die familie en vriende.

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.