Familie skraap geld bymekaar vir beloning na moord op ouma

Susan Loubser. Foto: Facebook

Susan Loubser. Foto: Facebook

Die familie van ʼn 79-jarige vrou wat in haar huis in Kaapstad vermoor is, het ʼn beloning uitgeloof vir inligting wat sal lei tot die vervolging van haar moordenaar.

Susan Loubser se bebloede lyk is verlede Vrydag in haar huis in Ruyterwacht gevind. Sy is aangerand en met ʼn skerp voorwerp doodgesteek.

Merle Holdsworth, Loubser se dogter, het aan News24 gesê haar ma se liggaam is deur ʼn familielid gevind. “Sy is in haar slaapkamer gekry met steekwonde aan haar keel en bors. Haar kakebeen is gebreek en een oog was toegeswel. Haar bril was stukkend aan haar gesig,” het ʼn emosionele Holdsworth gesê.

Loubser se liggaam is vermoedelik van die voordeur na haar kamer gesleep. “Sy het dit nie verdien om so brutaal dood te gaan nie. Dit is afgryslik.” Loubser se dogter het twee ure voor die moord by haar gekuier.

Jacques Griffiths, Loubser se kleinseun, het gesê sy tannie het bevestig dat sy ouma die hek gesluit het toe sy gery het. “My ouma was baie veiligheidsbewus. Haar grootste vrees was om in haar huis verkrag te word.”

Loubser se bure het omstreeks 20:00 gille gehoor die aand van die moord. “Sy het my oom gebel wat oorkant die pad bly en vir hom gesê iets is fout.” Die oom het oor die ingangshek gespring en gesien die voordeur se veiligheidshek is uit sy skarniere geruk. Daar was bloed by die ingang op die vloer gesmeer.

ʼn Televisie en DVD-speler was na die moord uit die huis vermis. Holdsworth glo haar ma het haar moordenaar geken. “sy sou nie die deur oopgemaak het of selfs na die hek toe gegaan het as sy nie die stem wat haar geroep het, geken het nie. As sy ʼn lawaai buite gehoor het sou sy ondersoek gaan instel het, maar sy sou haarself nie in ʼn situasie geplaas het waar sy ʼn misdadiger in die gesig moes staar nie,” het Holdsworth gesê.

“Sy was behulpsaam aan almal wat bystand nodig gehad het, van mense tot behoeftige diere. Maar hoewel sy ʼn goeie hart gehad het, was sy ook baie baie versigtig.” Die familie het R10 000 bymekaar geskraap om ʼn beloning uit te loof vir inligting wat sal lei tot die suksesvolle vervolging van haar ma se moordenaar. “Ek wil net weet wie het dit aan haar gedoen. Hoekom sal hulle haar van ons af wegneem op die manier? Ons het net begin om haar 80ste verjaarsdag te reël. In plaas daarvan reël ons nou haar begrafnis.”

Lt.kol. Andre Traut, woordvoerder van die polisie, het bevestig dat die voorval ondersoek word en het gesê niemand is nog in hegtenis geneem nie.

News24

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Peet Schabort ·

Mag ons NOOIT só afgestomp raak dat hierdie wreedhede ons nie meer skok.
Sterkte aan die familie met julle groot- en onvervangbare verlies.

Ester le Roux ·

Innige simpatie aan haar familie. Mag ons Vader hul vertroos en help om hierdie saak te verwerk – ook dat die skuldige gevind en tot verantwoording geroep word.

Irma Ipser ·

So n lafaard. Ek is spraakloos. Kan n mens so gewetenloos wees?

CHRISTA ·

Ja my, hartjie, dis mos een van Suid-Afrika se nasionale sporte – MOORD!! En ek wil net sien of die skuldige/s ook LEWENSLANK gaan sit (soos Derby-Lewis) as hy/hulle gevind en skuldig bevind word aan moord – en dit als NET vir ‘n DVD en TV!!

Berhalet Beukes ·

Ruyterwacht is nie ‘n baie gegoede area nie. Weet iemand hoe mens ‘n donasie kan maak om met die beloning te help? My hart krimp ineen as ek dink my eie ouers is bejaard en ek sou hulle nie so te sterwe wou sien kom nie. My innige medelye met familie en vriende.

SNEL ·

My hart skeur in stukke om te dink wat jul mammie en ouma moes deurmaak. Hoop die skuldige word gevang. Baie sterkte aan julle almal.

Adri ·

Wonder of daar nou weer oor ‘n jaar gesê gaan word dat van die bewysstukke beskadig of onvoldoende was.

Jan ·

Waarom is dit alewig nodig dat ‘n beloning uitgereik word sodat die polisie se werk vir hul gedoen moet word?

pop ·

Jan, want in die wereld waar moordenaars rondbeweeg sal hulle beste vriende hulle verraai as hulle weet hulle gaan geld kry. So hoe groter die lokgeld hoe gouer is hulle bereid om te klik

Dan ·

En so gaan die daaglikse moorde op blankes onverpoos voort. Mnr. Snyman van Brits is ook vermoor, lees maar die berig. Die meeste moorde word nie eens in die koerante vermeld nie. Die (liberale) blankes sit lekker en TV kyk en geld maak en doen hoegenaamd niks hieraan nie, dus bly dit net al hoe erger en erger gaan. Hulle betaal darem hul belasting getrou – sodat die skuldiges, indien hul ooit gevang word, ‘n baie aangename tydjie in die gevangenis kan deurbring. Dek darem ook die polisielede wat die ondersoeke moet doen, staatsaanklaers, landdroste, ens. se uitermatige salarisse.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.