Familie soek antwoorde ná eenjarige by dagskool sterf

Chiedza Sjambok en haar dogter, Britney. (Foto: ANA)

Die familie van die eenjarige Britney Ruguwa wat dood is toe sy Saterdag by haar dagskool in die ooste van Johannesburg raakgery is, beweer polisiebeamptes het hulle by die polisiestasie weggewys sonder om ʼn saak oop te maak.

Chiedza Sjambok, Britney se ma, sê hulle het die Sandringham-polisiestasie besoek ná die ongeluk en beamptes gesmeek om die bestuurder van die motor in hegtenis geneem, maar is glo weggewys en aangesê om Maandag terug te kom. “Die polisie het gesê die motoris was vroeër by die stasie, maar hulle het hom net laat gaan. Ek het my kind verloor en dit is [die diens] wat ek by die polisie kry,” het ʼn emosionele Sjambok aan African News Agency (ANA) gesê.

Volgens Sjambok het sy klein Britney Saterdagoggend op pad werk toe by die dagsorgsentrum afgelaai. “Ek het later ʼn boodskap van iemand af gekry wat gesê het hy is die man van die hoof en hulle probeer my bel. Toe ek terugbel het hy vir my gesê my kind het geval en ek moet hulle by die Edenvale-hospitaal ontmoet. Dit is eers by die hospitaal dat ek ingelig is my klein engel was op lewensondersteuningsmasjiene besig om te veg vir haar lewe,” het Sjambok gesê.

Britney het kort daarna gesterf.

Britney se tannie, Veronica, beweer die polisiebeamptes by die Sandringham-polisiestasie het aan die familie gesê hulle kan nie ʼn saak oopmaak nie omdat dit naweek is.

“Ons was baie geskok om te hoor ons moet Maandag teruggaan stasie toe om ʼn saak oop te maak. Dieselfde polisiebeamptes het vir ons gesê die motoris was by die polisiestasie en ʼn saak van nalatige optrede is oopgemaak. ʼn Onskuldige kind lê op hierdie oomblik in ʼn lykshuis, maar ons word aangesê om Maandag terug te kom. Werk die polisie nie oor naweke nie? Hierdie [optrede] maak ons verskriklike rou soveel meer pynlik.”

Veronica het gesê hulle voel die polisie het hulle in die steek gelaat deur nie die bestuurder in hegtenis te neem nie.

African News Agency het Saterdagaand die Sandringham-polisiestasie besoek, maar beamptes het alle vrae na die stasie se woordvoerder verwys wat op ʼn kennisgewingbord aangedui is as kapt. MM Mamabolo, asook die stasiebevelvoerder, L Ndlovu. Nie een van hulle het hul selfone beantwoord op die nommers wat in die polisiestasie aangedui word nie.

Brig. Mathapelo Peters, Gautengse polisiewoordvoerder, het gesê die saak word wel ondersoek. “Ek het die stasiebevelvoerder gekontak en hy sal onmiddellik die saak ondersoek om eerstens seker te maak dat die familie polisiebystand ontvang en ook om ondersoek in te stel na die bewerings dat die familie weggewys is. Hierdie saak sal die nodige aandag ontvang,” het Peters gesê.

Teen middernag Saterdag was die familie se huis volgepak met naasbestaandes en vriende wat hul medelye kom betuig het.

“Ons soek antwoorde. Mense moet aanspreeklik gehou word. Kan ʼn eenjarige na haarself kyk? Dit is hoekom ons haar aan die dagsorgsentrum toevertrou het. Maar nou wil niemand iets sê nie,” het Veronica gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Rikku ·

My hart gaan uit na die Mamma van Britney. Dit is so seer om ‘n kind te verloor, en dan kom sy by die Sandringham- Poliesiestasie en hulle wyer om haar verklaring te neem. Wie kan so onmenslik wees. Jy kan jouself indink in watter toestand die Mamma was, en daar is niemand om haar te help nie. Die Kaptein en Stasie Bevelvoerder antwoord nie hulle oproepe nie. Ek wil ook die vraag vra: ” werk die Polisie nie oor naweke nie”. Hierdie saak moet goed ondersoek word en nie onder die mat ingevee word nie. Mamma ons treur saam met jou oor kleine Britney,

Leone du Toit ·

Ek is so so jammer vir die mamma en woedend vir n regstelsel wat haar in die steek laat. Ongelukkig.is dit die verval van ons land. En dit het absoluut niks met rassisme te doen nie. Dit is pleinweg die agteruitgang van ons land onder huidige regering. Daai mamma kan nie haar kindjie terugkry nie maar sy sal berusting kan vind as die verantwoordelike persoon tereg staan vir wat gebeur het. Dít is n polisie stelsel wat beskerming moet bied. Ons land is in sy kanon in

Mening ·

Dit is verskriklik.
Hoekom net die bestuurder van die motor toe sluit? Wat van die skoolhoof?
Hoe kom n een jarige uit!!
My innige meegevoel met hierdie ouers.

Sarel ·

Stasiebevelvoerder moet onthef word van sy pos. Wat is die reaksie van die Vakbond?

McG ·

Hopelik hoef ons nooit ‘n regte poliesman nodig te kry nie want daar is nie meer nie. Vanoggend vroeg probeer motordiefstalsaak open by Villieria maar hulle het nie verstaan nie en die kaptein was maar lusteloos. Daar was soveel redes hoekom NIE dat ek opgegee het :-(

Zenithia ·

Mag God vertroosting gee aan die familie. Die SAPD moet eintlik verander word na ANC. WANT hulle rule die SAPD!

McG ·

Hopelik hoef ons nooit ‘n regte poliesman nodig te kry nie want daar is nie meer nie. Vanoggend vroeg probeer motordiefstalsaak open by Villieria maar hulle het nie verstaan nie en die kaptein was maar lusteloos. Daar was soveel redes hoekom NIE dat ek opgegee het :-(

Steven de Lange ·

Nonsens Piet!!!! Ek is dan jammer as jy net useless polisiebeamptes ken, ek doen gewis nie!!!

Penellope Jones ·

Die “Nuwe” Suid-Afrika.
Sterkte vir die Mamma!

Helena. ·

Daar is groot fout met die polisie diens in die land. My innige meegevoel met daai mamma. Dis n mensie wat sy verloor het nie n dier nie. Daar is meer as een persoon skuldig..laat die waarheid uit kom en laat hulle boet. Dit sal nie die lewe red nie maar laat dit n les wees.

Antjie ·

Ek wil nie onsimpatiek klink of dat ek misdadigers se bevoordeling ondersteun nie, maar uit bg berig is die volgende duidelik:
1. Daar was reeds ʼn saak oopgemaak voor Veronica by die Polisie uitgekom het. Hulle is dus dalk nie weggewys om geïgnoreer te word nie, maar om te kalmeer.
2. Dat Veronica eis dat die bestuurder in hegtenis geneem moet word, is nie ʼn besluit wat ooit by Jan Publiek hoort nie. Die man het self die ongeluk aangemeld, waarop die saak geopen is, en daar is dus geen rede om te vermoed hy gaan die ondersoek of moontlike hofverrigtinge, later, ontduik nie, dus geen rede vir huidige inhegtenisneming nie.
Mense verstaan nie die begrip dat polisie en howe die besluite oor straf van die publiek wegneem nie, en min vorme van kommunikasie leer mense dit vandag in SA voordat emosionele krisisse ontstaan. Media en polisie kort beter verbale ondersteuningvaardighede.

Stuiwer ·

Antjie, vlg. een van die familielede kon die saak (aldus die polisie) nie oopmaak word nie, omdat dit naweek was. Ek wonder hoe het die motoris dit dan reggekry…….laat mens wonder……

Jean ·

Mens kan amper nie geskok wees nie want dis waar ons nou staan in Suid Afrika. Mense wat in poste sit,wat glad nie wil werk nie,eerder toi toi in die strate of te sit en slaap as om n dag se werk te doen! Jy pla hulle met jou probleme ! Sterkte vir die mense waf hulle kindjie verloor het,waar dit vir niemand saak maak nie,Afgryslik!

HJ ·

Maar wat van die nasorg? Hue was uiters nalatig! Hoe kom n eenjarige in die pad? Hoekom die ma bel en se haar kind het geval. Daars geen toesig daar nie. Dis duidelik. ek sal dit nie daar los nie. ek sal die nasorg verantwoordelik hou en ook n koag teen hulle le

Ai ·

Kan maar net bid vir jou Mev Chiedza…dit breek n mense se hart…

Hendrik UAE ·

Eish, Wat maak die kleintjie buite waar ‘n kar haar kan trap?Almal verguis by voorbaat die motorbestuurder maar wat soek die kind daar? Moet sy nie veilig in ‘n speel area of gebou wees nie?

Stuiwer ·

Hendrik, ‘n mens kan seker spekuleer, maar die feit van die saak is, die kind is dood. ‘n Mens gun dit vir niemand nie! Uit jou onsimpatieke kommentaar is dit duidelik vanaf watter hoek jy kom. ‘n Kind word omgery (nie getrap nie). Diere word getrap. Of verstaan ek jou verkeerd?

Heksie ·

Die data tikster was seker weer aflui toe wil niemand sake open nie want dan gaan die volgende skof se data tikster te veel werk hê en kan sy nie lê en slaap gedurende nagskof nie!
Wat ‘n patetiese diens, julle smeer daai blou uniform swart!!!!!
IPID moet hier ondersoek instel, en die lot afdank!!!!

Jem ·

Skandelik Suid Afrikaans Polisie Diens. Waar is die Diens. So jammer vir die naasbestaandes. Gebede met hulle. Wat n flou verskoning van die SAPD. Hoekom kan hulle nou nie sake oopmaak op n naweek nie. Hulle word betaal om n diens te lewer. Absoluut sleg.

Oujongvrou ·

Maroela ek vra mooi, gee ons n opvolg oor die storie. Dis om van naar te word dat die polisie so harteloos is. En daai kleuterskool. Weereens kindertjies wat uitgelewer is aan iemand wat nie eers een kind daar moes he nie. En dit oor daai stomme mamma moet gaan werk om voedsel vir haar kinders te kry. Ek huil saam met haar.

Mellie ·

PATETIES!! Om die minste te sê.
Ja, hoekom sal die stasiebevelvoerder en die SAPD woordvoerder nou hulle amptelike selfone op n naweek antwoord? Soos die familie van die arme slagoffer sê: lyk my hulle werk nie oor naweke nie.
Goeie genade ek is skoon naar vanmagrelose woede en teleurstelling oor hierdie land so in sy glorie is.

Pop ·

As ek nou reg verstaan sou daai dagmoeder weggekom het met die leuen as die motor bestuurder nie polisie toe gegaan het nie.

Lizelda ·

Die grootste hartseer in die berig is dat die ma haar kind by n dagsorg afgelaai het waar sy glo haar kind was veilig. Syt nie haar kind sommer net bd huis gelos waar n oom of n iemand kon booshede aanvang nie en kyk nou. Meer klem moet gele word oor waarom die arme klein kindjie uit die hekke vd dagsorg kon beweeg. Dit is sekerlik die grootste seer wat ek bid sal ek nie beleef nie. Baie, baie jammer v groot verlies.

honourable member ·

Die leuens maak alles net erger. Duidelik is daar geen ordentlike toesig oor die kinders nie en iets soos die moes nou eers weer gebeur om almal se oe oop te maak. Dis so onnodig. Sterkte aan die familie wat moet probeer verstaan wat hier gebeur het.

Johan ·

My innigste simatie met die Moeder.
Net ʼn paar punte. Die kind is by die versorgingsoord “afgelaai”. Beteken dit die kind is deur die Moeder tot in die fasiliteit geneem en aan toesighouers oorhandig?
Die bestuurder van die voertuig het die saak gerapporteer en ʼn saak is geopen. Die saak gaan ondersoek word en die ondersoekbeampte sal van alle belanghebbendes verklarings verkry en dit is moontlik waar die Maandag storie inkom om die ondersoekbeampte te besoek. Die publiek kan ook nie sommer aandring dat iemand in hegtenis geneem moet word nie. Daar moet in elk val eers ʼn ondersoek wees van wat presies gebeur het.
Ek besef dit is ʼn baie emosionele saak maar daar moet ook helder gedink en geredeneer word. Dit geld ook sommer vir mense wat kommentaar lewer en sonder meer die SAPD aanval, veroordeel en verkleineer. Nie een van ons was ʼn getuie wat op die toneel gebeur het nie asook wat by die polisiestasie gebeur en gesê was nie.
Kom ons lewer kommentaar wanneer al die feite op die tafel is.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.