Familie soek steeds antwoorde ná moord

Ané Jacobs. Foto: Facebook

Ané Jacobs. Foto: Facebook

Meer as drie weke nadat Ané Jacobs, ʼn tienermeisie van Alberton, se halfnaakte liggaam in ʼn veld gevind is, is niemand nog in verband met dié gru-moord in hegtenis geneem nie.

Kapt. Mavela Masondo, woordvoerder van die polisie, het Vrydag aan Maroela Media gesê die polisie is steeds besig met hul ondersoek na die moord en kon geen verdere besonderhede bekendmaak nie.

Maroela Media het vroeër berig Ané (16) se halfnaakte liggaam is op 1 November in ʼn veld naby ʼn sokkerklub in Alberton gevind, nadat sy die Saterdagaand vermis geraak het. Sy het kneuswonde aan haar gesig gehad en haar grimeersakkie is ʼn paar meter weg van haar liggaam gevind. Haar liggaam is vermoedelik gesleep tot daar waar dit gevind is.

Fred Albrecht, Ané se oom wat as woordvoerder van die familie optree, het Vrydag aan Maroela Media gesê die familie sal binnekort met die polisie se ondersoekspan vergader om oor die vordering met die ondersoek te praat. Volgens Albrecht is daar aan hulle gesê dat die ondersoekbeampte reeds die uitslae van die forensiese ondersoek ontvang het, maar die uitslae is nog nie met die familie gedeel nie.

Anthea Jacobs, Ané se ma, het vroeër aan Maroela Media gesê Ané was die Saterdagaand saam met vriende uit. Toe Anthea die Sondagoggend wakker word, het sy gesien Ané is nie tuis nie. Sy het familie en Ané se vriendinne gekontak in ʼn poging om haar op te spoor en later is ʼn volskaalse soektog van stapel gestuur.

ʼn Verbyganger het Dinsdag op haar liggaam in die veld afgekom.

Lees alle vorige berigte oor Ané Jacobs op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Mel ·

Shame so pragtig!! Daar is net ni meer woorde ni, soveel moorde in so kort tydjie, sterkte aan haar naasbestaandes. RIV Ane

Leon Pit ·

Ouers moet verantwoordelikheid teen oor hul kinders neem. Vandag kan jy nie toelaat dat jou alleen uitgaan sonder toesig nie dis vrek gevaarlik. My dogter het al baie kwaad geword maar sy sal nie uit gaan sonder toesig nie. Sterkte aan die familie deur die moeilike tyd. Ons troos is bid tot ons Hemelse Vader.

Sarie ·

Diè berigte maak mý bang. Ek het òòk kleindogters in hul tienerjare… Hul word soos goud opgepas. Hulle besoek nie eens klubs nie. Gelukkig het hulle ‘n pappa wat intens in hulle belangstel & hulle deel meeste dinge met hom. Hy is ook ‘n goeie rolmodel van hoè ‘n pa & eggenoot moèt wees. Verder kan ons maar net bid. En net vir die rekord; hy is my skoonseun, niè mý “ou seuntjie” nie…

Buitestander ·

Innige meegevoel met die naasdestandes. Mag die Heilige Gees julle ryklik vertroos en naby wees. Onthou God is net ‘ n gebed ver.
Glo en vertrou sy is nou by Jesus.

Bekommerd ·

Ek is innig jammer vir die ouers, maar vra myself hoe gaan slaap jy sonder dat jy seker is jou 16 jarige is by die huis? Daar is te veel gevaarlike predatore daar buite. Ouers moet weer ouers wees en na hul kinders kyk.

Manie ·

Kobus as jy so liberaal wil wees dat jong kinders in nagklubs en kroeë mag wees dan moet daar ook nie simpatie wees as gebeur wat met die arme meisie gebeur het. As vorige berugte waar was dat sy in n kroeg was sê ek vir jou haar ouers het haar nie die leiding gegee wat nodig is toe sy dit die nodigste gehad het. Ouers is daar om hulle kinders teen gevare te beskerm

LB S ·

Ek dank die Liewe Vader nog elke dag vir my seuns. Ek sou slaap, maar klokslag wakker word wanneer ek verwag hy in die huis terug moet wees en binne ‘n halfuur hoor ek hom inkom. Ek kan op my een hand tel die kere wat daar ‘n uitsondering was dat hy geweet het hy gaan heelwat later wees, maar dan het my ge-sms om my gerus te stel, want hy het geweet hoe sy Ma kon bekommer oor hulle! Ek is vandag nog so, nou begin ek bid vir my kleinkinders wat nog maar klein is. (Seks toegelaat op 12?) Dankie Vader hulle word reg grootgemaak soos hulle ouers ook grootgemaak is. My seuns was nooit toegelaat in ‘n nagklub voordat hulle 18 was nie en daar was tye gestel wanneer hulle by die huis moet wees, wat natuurlik later geraak het soos hulle ouer geword het, maar steeds het hulle my gevoelens gerespekteer. Ek sê weer : Dankie Liewe Vader…. Ek dink sommige kinders kan maar net rebels ook wees.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.