Familie stukkend ná ‘droomdogter’ sterf

Anja Nel. Foto: Facebook

Anja Nel. Foto: Facebook

ʼn Boeredag vol pret het vir ʼn gesin van Rouxville in die Vrystaat in ʼn tragedie ontaard toe hul 13-jarige dogter in ʼn motorfietsongeluk gesterf het.

Anja Nel, ’n gr. 8-leerder aan die Hoërskool Zastron, is vermoedelik op slag dood nadat sy van haar motorfiets afgeval het.

Anja se pa, Jaco, het aan Maroela Media vertel Anja het baie uitgesien om op die Boeredag motorfiets te ry en hy het juis verlede week spesiaal nog ʼn valhelm en beskermende motorfietsryklere gaan koop sodat Anja en haar jonger boetie, Wilco, saam kon ry.

“Ons het meer as ʼn jaar terug ʼn motorfiets gekoop en het vir Anja en Wilco gereeld gevat om te gaan ry. Hulle moes altyd ʼn valhelm en die korrekte klere aan hê om hulle te beskerm. Vir die Boeredag het ek ʼn motorfiets by iemand geleen sodat Anja saam met my en Wilco kon ry. Anja was reeds ʼn ervare ryer en het uitgesien om op die dag motorfiets te ry,” het hy gesê.

Hy het gesê hy het die eerste ronde saam met Anja gery terwyl Wilco vooruit gery het. Sy vrou, Anso, het by die beginpunt gewag. Jaco is later weggeroep om ʼn foto elders te gaan neem en Anja het besluit om die tweede ronde saam met Wilco te ry. “Nadat ek die foto geneem het, het ek weer teruggery toe ek my selfoon in my sak hoor lui. Ek het geantwoord en dit was Wilco. Hy was histeries en het net gesê: ‘Pappa, Pappa, kom gou. Sussie het geval.’”

Jaco het na die toneel gejaag waar hy Anja langs ʼn draad aangetref het met die motorfiets langs haar en haar valhelm ʼn entjie weg. Die trane loop wanneer hy vertel hoe hy Anja vasgegryp en haar probeer bybring het. “Ek het net heeltyd vir haar gesê: ‘Sussie, Pappa is hier. Ek is hier.’ Ek het probeer CPR doen soos my vrou [wat ʼn verpleegster is] my geleer het. Ek het vir die mense gesê: ‘Bel net die ambulans. Iemand, bel net.’ ʼn Paramedikus wat toevallig ook daar was, het kom help. Ons het alles probeer,” sê hy.

Hy sê hoewel hy in daardie stadium geweier het om te glo dat sy geliefde dogter weg is, dink hy sy was reeds oorlede teen die tyd dat hy by haar gekom het. “Ek het in haar potblou ogies gekyk en daar was niks. Ek dink sy was klaar dood, ek wou dit net nie glo nie,” sê hy hartseer.

Anja Nel by haar ouers, Jaco en Anso, en haar broer, Wilco. Foto: Facebook

Anja Nel by haar ouers, Jaco en Anso, en haar broer, Wilco. Foto: Facebook

ʼn Ambulans het Anja na ʼn hospitaal in Smithfield geneem, maar daar was niks wat vir haar gedoen kon word nie.

Jaco sê hy is steeds nie seker wat gebeur het nie, maar vermoed Anja het dalk te vinnig oor ʼn walletjie gery en beheer oor die motorfiets verloor. Wilco het ook net gesien toe Anja val en kon ook nie regtig verduidelik wat fout gegaan het of hoekom haar valhelm van haar kop afgeval het nie.

“Ons almal vat dit baie swaar. Ek, Anso en Wilco is stukkend. Anja was die wonderlikste kind vir wie ʼn pa kan vra. Sy was vriendelik en spontaan en vol grappies. Sy was mal daaroor om jou been te trek en het ons altyd laat skaterlag. Al haar maatjies was so lief vir haar. Sy was slim en sportief en goedhartig en ons almal kon so baie by haar leer. Sy was ʼn droomkind – my droomdogtertjie. Ons gaan haar so verskriklik baie mis.”

Sers. Yanga Ngcukana, woordvoerder van die polisie, het gesê ʼn saak van strafbare manslag word ondersoek. ʼn Nadoodse ondersoek sal na verwagting vandeesweek gedoen word.

Geen begrafnisreëlings is nog getref nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

37 Kommentare

tom ·

Mense sterkte die liewe Vader sal julle omhels met liefde en krag bid net hy sal julle vertroos.Al is daar baie vrae

Marieth Grobler ·

My gebede gaan uit na die hele familie, sterkte God die Vader met julle hy droog alle trane af..My innige meegevoel aan ieder en elk.

Veronica ·

Mag julle vrede, berusting en genade ontvang van Hom wat julle sal dra .

Bittereinder ·

Strafbare manslag? My magtag man, teen wie? Die motorfiets of die Pa?

sê-maar-net ·

Sover ek weet word daar altyd ‘n saak van strafbare manslag oopgemaak as ‘n persoon nie dood is aan natuurlike oorsake nie of onnatuurlik soos die geval…

Jan Karsten ·

Vra dieselfde vraag, strafbare mansslag teen wie? Wys net hoe onnosel hy kan wees, geen medisyne daarvoor nie. Sterkte aan die familie.

polisieman ·

Strafbare manslag word in enige ongeluk waar iemand oorlede is oop gemaak, n nadoodse ondersoek word gedoen om die oorsaak te bepaal en in hierdie geval sal die motorfiets getoets word vir defekte. Vermoed die ouers sal ook graag wil weet wat gebeur het. Alle simpatie met die familie.

MissDemeanor ·

Ag hemel. Ek kan nie glo jul kla oor dit nie. Dit is goed dat die polisie n kind se dood ondersoek. Elke kind. Hul moet sekermaak haar dood is nie deur nalatigheid veroorsaak nie. Was die motorfiets in n goeie toestand, was daar goed wat op die baan rond gele het wat nie daar gehoort het nie, was haar helmet goedgekeur deur die SABS (for what it is worth) Moet nooit kla omdat die polisie werk nie. Dit mag dalk uitkom dat haar dood voorkom kon wees as iemand anders nie nalatig was nie. Julle gal brakers maak my naar. Doen julle jul werk ordentlik ?

Sjoe ·

Jaco, Anso, Willco al wat ons as mense kan bied is troos en gebed. Mag jul die krag kry om aan te gaan. Jaco, ek luister na die woorde soos ek jou woorde lees en ek wil vandag vir jou troos deur die vlg: Julle was altyd vir alles daar, jy het haar die roete gewys. Soos ek haar getuienis lees en hoor, besef ek hierdie pragtige Engelkind het in haar 13 jaar voluit gelewe, meer as meeste mense en fokus maar elke dag op die lesse wat sy jul geleer het en al die pret/lag/poetse, dit sal haar nooit terugbring, maar dit sal die gemis sagter maak.

Mariana ·

My innige meegevoel met julle hartverskeurende verlies van julle pragtige dogtertjie en sussie. Ek bid dat Ons Hemelse Vader julle sal vertroos en dra deur hierdie verskriklike donker tyd.

Pippa ·

Liewe Here ons dra hierdie gesin aan U vertroostende arms op. AMEN

Willie ·

So onnodig! Ek was by twee motorfiets ongelukke die eerste op die toneel. En my hart gaan uit na die naasbestaandes. Dit is onaardig om te sien hoe die lewe uitvloei uit iemand wat so jonk is. Raak ontslae van julle kinders se motorfietse, asseblief?

Cryosphear ·

“LANGS ‘n draad”? In ‘n veldjie naby ons was daar ‘n draad gespan deur iemand, weet nie wie nie. Fietsryer deur draad gery kop amper afgehaal. Valhelm ook van kop af geruk. Sterkte met gesin!

Benita ·

My hart bloei vir julle. Mag julle versterk word deur die wete dat sy steeds in gees by julle is.
Ek huil saam oor julle groot verlies

Rone ·

My 13 jarige dogter en my 22jarige seun is in motorfiets ongeluk oorlede Okt 2010.. My innige innige meegevoel met die ouers, familie en vriende!!! Is die hardste pad wat daar bestaan vir die van ons wat agter bly!!! Ride the sky babygirl!!!

Adele ·

So jammer oor jou verlies. Kan my nie indink hoe swaar dit moet wees nie. Baie sterkte ook aan hierdie gesin

Mariaan ·

Dit laat my hare rys as ek iets sois hierdie lees…om 2 kinders te verloor…NIEMAND verdien sulke hartseer nie…so jammer

ERIKO ·

En steeds sal mense aanhou dink die doodskis op wiele is speelgoed…

Kobus Koen ·

Ons harte gaan uit na jul familie in hierdie moeilike tyd. Mag GOD julle van krag voorsien.
Sterkte, Kobus, Bella en David Koen Calvinia

Marthinus ·

Is dit nodig om hulle uit te haal oor die feit dat hul kinders motorfietse ry? Al wat ons kan doen is om hulle op te dra in gebed vir krag van bo.

CAV ·

Baie jammer oor die tragedie an innige simpatie met die gesin. My hart gaan uit na hulle.
Net n vraag. Is 13 nie dalk nog bietjie jonk om n lisensie te he vir n motorfiets nie

Cherokee ·

Lisensie word benodig om op ‘n publieke pad te ry. Miskien word daar slegs op privaatgrond gery. Ek het trekker bestuur en lande geploeg op 8jarige ouderdom. Niemand kon dit keer.

Bekommered ·

Ek het my pa in n motorfiets ongeluk verloor, hy was onverskillig ….maar wat op dees aarde maak n 13 jarige agter die stuur van n motorfiets ??? Age limit is 16 jaar …dis hartseer.

Kan wees ·

Dit kan wees dat 13 dalk té jonk is vir ‘n motor of motorfiets MAAR daar is 13-jariges wat ek eerder op openbare paaie sal vertrou teenoor die buffels en padvarke met hulle wettige lisensies. Ek is nie ten gunste van die tweewiele nie maar hier was nie die moontlikheid om deur ‘n vark op die pad doodgery te word. Daar is ander tydverdrywe wat ook gevaarlik is en ons hoef net te gaan kyk wat het met Schumacher gebeur. Ek twyfel of die meisiekind onverskillig was. So wees dus versigtig met ongepaste sêgoed. Sterkte aan die familie met ‘n kind wat altyd jonk sal bly.

chris.L ·

slim mense wat se sy het onwetig gery word wakker asb dit was n VELDFIETS WEDREN
en jy nodig mie n lisensie nodig nie asb

Della ·

Die wat hulself so sterk uitspreek oor n 13-jarige op n motorfiets – as julle die artikel behoorlik lees sal julle besef sy het met n veldfiets gery – sou julle ook sulke uitlatings gemaak het as sy met n bergfiets dieselfde roete gery het en oor daardie selfde hobbel geval en gesterf het. Tipies Suid-Afrikaner om oordeel uit te spreek met tonnelvisie – ook die leuke wat hulself uitspreek oor die opening van n mansslagsaak – as julle nie weet waarvan julle praat nie en clueless is oor wetgewing, wees dan liewer stil as om stupid goed daaroor kwyt te raak. R.I.V. pragkind en sterkte vir die ouers om berusting en troos te vind.

Connie Janse van Rensburg ·

Baie sterkte aan familie.Mag God met julle wees met die seer.

christo kemp ·

R.I.P die bike angel het jou kom haal ry daai goue straat daar my vriende se pa het ook saterdag gesterf in n bike ongeluk.. sterke aan van die families van altwee gesinne dit bly nooit n maklik ding nie so jonk en vol lewe maaknie saak reen watter spoed nie net n slegte val en jy kan jou nek breek

tru ·

Hierdie was n tragiese ongeluk wat niemand kon voorsien nie. Sy het iets gedoen wat haar vreugde verskaf het. Niemand sal weet hoekom dit moes gebeur nie. Rus in vrede kleine meisie. Sterkte aan die gesin x

Dellaq ·

sjoe, baie jammer oor julle verlies. Dis ‘n tragiese ongeluk. En die wat nou hul monde uitspoel oor ‘n “kind op ‘n motorfiets”, sy kon enige ander manier verongeluk het…’n familie het hul kind verloor en julle sanik oor so iets. My swaer en sy vriend het albei verongeluk op sy motorfiets en dit was nie sy skuld nie. Die vrou wat haar motor voor hulle ingedraai het, oor ‘n dubbelbaan, by ‘n rooi robot, op haar selfoon….

Lynn ·

So sorry for your loss. :-(
Our deepest condolences to all the family members and friends.
Sending big hugs. xx

frederick ·

Om ‘n kind te groet is die moeilikste pad wat ‘n ouer kan loop. Al meer as 7 jaar wat my vrou en my twee dogters weg is. Daar is nie advies nie. Dit is soos om vastehou aan ‘n wiel wat teen ‘n berg af rol. Jy weet nooit tref volgende nie.. ‘n speelding, ‘n foto, ‘n straat naam.. dalk iemand wat jou herinder.. al wat mens kan doen is vashou en die stukkend dra as ‘n getuigskrif vir die liefde wat julle met haar gedeel het. Wees sterk vir mekaar. Jammer vir julle verlies.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.