Familie stukkend ná man by werk vermoor word

Jan Snyman en sy vrou Leandra. Foto: Verskaf.

Die pa van ʼn KwaZulu-Natalse man, wat verlede Woensdag by sy werkplek doodgesteek is, het Maandag vertel die familie is stukkend ná sy seun se onverwagse dood.

Jan Snyman (28) is by die slagpale in Hluhluwe waar hy gewerk het na bewering deur ʼn medewerker doodgesteek.

Dawie Cronje, Snyman se pa, het aan Maroela Media vertel die voorval het omstreeks 16:00 plaasgevind toe sy seun geslagte skape na die slagpale geneem het. Volgens Cronje het Snyman om die beurt by die slagpale en ʼn slaghuis, wat aan dieselfde eienaar behoort, gewerk.

“Jan het Newcastle toe gery om geslagte skape te gaan oplaai en het dit na die slaghuis geneem sodat die eienaar daarna kan kyk. Hy is van daar af na die slagpale, dit is so 2 km weg. Toe hy by die slagpale kom, het hy vir die werkers gevra om die skape te begin uitlaai en ophang. Een van hulle het op hom begin skree en gesê hy gaan nie die skape uitlaai nie, hy soek sy geld en gaan loop,” het Cronje vertel.

“My seun het toe vir hom op ʼn ordentlike manier gesê: ‘Hoekom skree jy op my? Ek het nie op jou geskree nie. Jy weet ek kan jou nie betaal nie, jy moet met die eienaar praat.’ Hy het omgedraai en die slagpale ingestap. Die man het met ʼn mes agter hom aangeloop; hy was in ʼn hoek vasgekeer en die man het hom drie keer gesteek.”

Volgens Cronje kon Snyman daarin slaag om uit die hoek te kom en te probeer vlug, maar die man het agter hom aangeloop en hom nog vier keer gesteek.

Jan Snyman. Foto: Verskaf.

“Daar was een steek in sy hart, een in sy longe, een in sy maag en die ander was oor sy bors en skouer.”

Cronje vertel sy seun was sterk en fiks aangesien hy gereeld rugby gespeel het. Hy kon daarin slaag om in sy bakkie te klim om dokter toe te ry. Hy het egter net ongeveer 400 m gery toe die bakkie van die pad af beweeg het.

Een van die ander werkers by die slagpale het intussen die eienaar se seun gebel en gesê hy moet kom omdat daar “moeilikheid” is. Die seun is eers slagpale toe en het daarna Snyman se bakkie ʼn ent weg van die slagpale langs die pad aangetref.

“Hulle moes die bakkie se ruit breek om by hom uit te kom. Hulle sê hy het nog met hulle probeer praat. Hulle is direk van daar af na ʼn dokter toe, maar hy het aan sy beserings beswyk.”

Volgens Cronje het die verdagte onmiddellik ná die voorval ʼn kortpad deur die aangrensende nedersetting geneem, reguit polisiestasie toe, en homself oorgegee.

Lt.kol. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media bevestig ʼn saak van moord word ondersoek.

“Die 32-jarige verdagte het op 26 April in die hof verskyn en die saak is uitgestel tot 3 Mei.”

Snyman is maar net twee maande gelede getroud. Hy word oorleef deur sy vrou, Leandra, sy ouers, Elize en Dawie, drie broers en een suster.

Sy roudiens word vandag om 11:00 vanuit die NG kerkgebou in Hluhluwe gehou.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

33 Kommentare

Lana ·

Hy het “onmiddellik” met ‘n “kortpad” na die polisie gegaan. Kan nie wag om homself oor te gee vir moord. Hy is swart en sal daarom nie swaar gestraf word nie. As hy dalk ‘n kort rukkie in die tronk moet sit, sal dit in elk geval ‘n fees wees.

Louis ·

En dan word daar gesanik oor die wreedheid en onreg van apartheid en die verlede. Ek wonder oor die wreedheid van vandag

Cornelius du Rand ·

As die persoon wat dood is swart was en die beskuldigde wit was die premier, president en MEC vir die deparment reeds by die familie en het hulle ‘n huis gekry. Nou haal die berig nie eers TV nuus nie want die man wat dood is, is WIT. Die wigte en teenwigte werk fantasties.

Louis ·

ja en alles was al afgebrand. Dan word daar ook van selektiewe nuusberigte gepraat. Sal eerder oor enige rubbish wat oorsee aangaan berig as wat werklik in die land aangaan. Veral News 24

Stoffel ·

Ek stem, sal lewenslank in hierdie land toegesluit word as ek se wat ek dink??!!!

foxi ·

EK WIL OOK SKREEU…..OP N BERG OF KOPPIE GAAN SKREEU EN SKREEU TOTDAT EK UITASEM IS!Hoekom so wreed wees, als gaan oor geld. Dit het die mense se god geword. Vir twee rand word jy wreed aangerand en dan daarna vermoor. Nog nooit was daar soveel haat en uitbarstings teenoor mens en dier nie. Wat op deesaarde is verkeerd met ons mense……..

Oom Kalahari ·

Weereens ‘n moord en familie wat hartseer agter gelaat word. Al die stemme vir VF+ word verminder. Hy gaan seker weer vry kom omdat dit weer ‘n salaris dispuut is asook sekerlik weer se die “K” woord was hom toegesnou. Alle simpatie en medelye aan hierdie gesin, familie en vriende asook kollegas met hul groot verlies en bid jul alle sterkt toe in hierdie routyd. Hierdie het Satans land geword en asb kan daar nie onderhandel word vir selfbeskikking nie. Na 24jaar is ons al moeg vir dit wat in hierdie misdadige land aangaan.

Ben ·

Hy sal as ‘n held in die gevangenis ontvang word , waar hy verder geskool sal word in misdadigheid. Sterkte aan die familie.

Sarel Strydom ·

Klink vir my of dit ‘n nuwe gier is om in die tronk te beland.

Reguit ·

Ja, want eerstens is die tronke lankal oorvol; en tweedens kan dit mos as “rassisties” gesien word wanneer ‘n swarte tronk toe moet gaan; en derdens was dit mos eintlik die witte wat in die tronk moes gesit het weens sy (outomatiese) “rassisme”; en vierdens het die witte mos eintlik die dood verdien omdat hy van geboorte af “rassisties” was. So…. daar het jy dit. Dít, in kort, is wat mens noem die normale ‘wette’ van die “getransformeerde Azanië”.

Ek probeer verstaan ·

Gister vra ‘n boemelaar vir geld (ons dra nie kontant, maar dis nie wat ek wil bespreek nie). Ons se, jammer ons het nie nou nie, die man begin skreeu. My man vra ordentlik hy moet asb kalmeer. Die boemelaar skreeu ‘ek sal jou met klippe gooi’. …. Ek ‘hoor’ presies dieselfde senario… een wil he (dalk REGTIG in nood) en die vreemdeling gee nie (dis nie die vreemdeling se verpligting nie-ek bespreek nie dit hier nie). Punt is… as ekonomie die werkende man se sak hap, hoeveel te meer nie ook die arme en werklose s’n nie. Is van hul op ‘n punt, waar hul dink hul kan niks verloor nie, hul is so woedend en word nie ‘gehoor’, ‘gehelp’ nie. Sit politiek by en jy het olie op die vuur. Wat mis ons in die gebeure. Natuurlik dink ek daar is diegene wat die situasie benut om eie gewin, wat ookal rede. Ons verhouding tot geld is verkeerd…Die een verdien miljoen rand plus per mnd (is dit nodig vir bestaan? hoeveel wil jy eet, drink, kuier?) en die ander skaars R800/werkloos. Ek het niks teen rykdom. Ons het beter balans nodig! Is wat ek se. Hoekom kom mense na SA, is dit hul laaste hoop… baklei hul vir bestaansreg? Wil ons nie almal ‘n toekoms he nie? Vandalisme en kriminele dade en geweld is verkeerd. Innig jammer vir verlies. Ek probeer verstaan.

Piet ·

Klink my jy sal sosialisme verkies of is ek verkeerd. Die armes ( ek een van hulle) sal altyd met ons wees. Nie net geestelik nie. Is armoede n regverdiging vir moord?

Gemaskerde Sopbeen ·

Nee, ek probeer verstaan, jy probeer nie verstaan nie, en jy sal ook nooit….solank as wat jy die wat HET verantwoordelik hou vir die omstandighede van die wat NIE HET NIE. Hoekom kom mense na SA vra jy? Hulle kom want hier is nog iets oor om te aas………en blankes wat jy kan verantwoordelik hou vir jou eie onvermoë.. Hoekom bly jy nie in jou land en verander die situasie daar nie? Want jy kan nie, wil nie, weet nie hoe nie……….en nou kom aas jy hier. Dis net wanneer jy politiek by ‘n saak in meng dat die uitkoms so lyk….”Jy het ‘n bakkie en ‘n werk en ek het niks…….daarom steek ek jou met ‘n mes want dis als JOU skuld”!! Politiek vra NOOIT “waarom” nie……Waarom het ek ‘n werk en ‘n bakkie en ‘n inkomste? Want ek werk daarvoor….Waarom het jy nie ‘n bakkie en ‘n werk en ‘n inkomste nie? Want jy wil nie werk daarvoor nie……..jy wil myne hê…vir verniet!!

Nel ·

Punt is ook die bevolkingsaanwas is toetentaal en al buite beheer. Daar word geraam dat daar teen 2050 meer as 2.4 miljard monde op Afrikabodem gaan wees om te voed…! Hoe gaan die prentjie dan lyk? Word dit aangespreek? – Nee, want die Afrikaan dink daar’s mag in getalle!

Lana ·

Jy is SO reg, “Gemaskerde sopbeen”!!
Dis een ou werk sy alie af vir dit wat hy het. Die ander ou wil net hê.
Ek sal nie sê jammer vir wat ek het nie, maar wel – weet jy hoe hard ek moet werk om dit te kry en te behou.
Ek betaal my alie af aan belasting wat in elk geval gaan na die ou wat nie werk, maar net wil hê.
“Ek probeer verstaan”, al wat ek nie verstaan nie, is die feit dat hulle nou die belastingbetalers vermoor. Wie gaan dan die staat aan die gang hou? Wie gaan die belasting betaal?

Pieter ·

‘Ek probeer verstaan’, sal maar ‘n bietjie harder probeer. Het hy bv somme gemaak oor hoe ver die klein getal rykes se geld kan gaan as dit oor die arm massas versprei word. Miskien eenmalig ‘n sak kruideniersware koop en dan is dit op en die rykes het nie meer die geld om dit weer te doen nie. Daar moet ook onthou word dar daar reeds massiewe herverdeling plaasvind deur ras-tellende (bedoel regstellende aksie) en BBEE. Die groot swart middeklas wat geskep is, kruip steeds agter wit skuld weg, terwyl hul bevoordeling nie juis dinge verbeter het nie aangesien dit weinig niks doen aan die groeiende armoede. ONS BENODIG EKONOMIESE GROEI WAT WERK KAN SKEP, MAAR DIE REGERING SE BELEIDSRIGTINGS WERK TEEN DIT.

Probeer nie verstaan nie ·

Die persoon wat die aaval gedoen het was by sy werk. So hy sou sy loon kry glo ek. Die probleem is vir almal word vertel hoe ryk hulle moet word, vir hoe baie geld hulle moet werk. 2 punte word uit die oog verloor. Eerstens was armoede van die sondeval deel van die lewe en dit sal deel bly tot die end van die wereld. Tweedens kan n persoon R1 000 000 000.00 verdien maar as hy/sy nie weet hoe om met geld te werk nie gaan dit nog steeds nie genoeg wees nie.

Lana ·

Stem saam, Vannessa. Hy het tog reeds erken hy het die moord gepleeg!!

Sakkie ·

(ek probeer verstaan) Ek dink jy is bietjie agter die tyd . Hulle werk lankal nie meer vir R800 nie. Dit is n gemiddeld van R3000

Peet ·

Daar is net een uitweg bring die Doodstraf terug vir MOORD VERKRAGTING VROU EN KINDER MISHANDELING maak nie saak of dit wit swart of bruin is nie die vonnisse in die howe is nie n afskrik middrl nie.

Pieter ·

Watse ras was die aanvaller? Want hulle mag moes nou sulke goed doen in SA en net oor die vingers getik word.

So tragies! Mense moet nooit ewg hardloop nie, VEG TERUG!

angelo ·

Bitter jammer vir sy familie. Baie sterkte vir sy familie. Die Zoeloes is teen misdaad gekant. Sy eie mense Sal die moordenaar straf

Lana ·

angelo, dit maak nie saak hoe die Zoeloes straf nie. Dit bring nie vir Jan Snyman terug nie!!
Wat wel saak maak is die feit dat so iets nooit moes gebeur het nie. Dit sal help as die Zoeloes hulle mense in toom kan hou.

christa ·

die moordenaar sal nog ‘n medalje ontvang en ‘n standbeeld sal op gerig word soos vir al die moordenaars en verwoesters of dalk word ‘n straat na hom vernoem

Carel ·

Wonder of dit ook onder rasse haat tel?……..of gaan dit ook wees soos die weermaglid wat die wit vrou geskiet het en nooit arresteer was nie en nou vir roof gevang is? Maar ons wittes word tronkstraf gegee as ons iemand beledig????? Ons referring en regstelsel is n grap …….

Lena ·

Só jammer vir sy geliefdes, veral vir sy vrou…baie, baie sterkte aan hulle. Ek besef net een ding: môre is dit miskien my beurt. Of joune. Só staan die saak nou in ons bebloede land. Negatief? Nee. Realisties? Ja. Want elke keer word ons onkant betrap… Dus, is ek gedurig gereed? Is jy? Lewe en dood is nie in ons hand nie, maar die dood loop deesdae rondom ons rond soos ‘n grommende, honger ondier. Is dit nie op die pad nie, is dit binne-in jou slaapkamer of daar waar jy altyd inkopies doen of brandstof ingooi, of by jou werk… waar jy dit nooit ooit verwag het nie. Terwyl ons alles in ons vermoë doen om onsself te beskerm, is ons wel gereed om te sterf as ons beurt kom? Om ons geliefdes af te gee aan die dood? Teen ons almal se grein in het hierdie vrae van alleruiterste belang geword in die huidige bloedige Suid-Afrika.

Kobus ·

Ja, Lena, dit kan jy weer sê. Niemand is lus om dood te gaan nie, maar blaai net bietjie deur elke dag se nuusberigte. Dit maak mens eintlik naar. Soos jy sê: Is ek gereed? (om my God te ontmoet?) Is jy gereed? Ons is nie lus om aan sulke dinge te dink of oor sulke goeters te praat nie, maar die omstandighede rondom ons dwing ons daartoe. In WW 2 het mense nie die erns van hul situasie besef nie totdat dit te laat was. Hulle het die lewe geniet, nie besef wat aangaan nie. Besef ons?

johan II ·

Nel, 2.4 miljard teen 2050..is dit reg! Dit gaan interresant wees.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.