Familie van Durban vermis ná Nepal-aardbewing

'n Reddingspoging in Nepal. Foto: Facebook

‘n Reddingspoging in Nepal. Foto: Facebook

ʼn Suid-Afrikaanse familie is desperaat op soek na vyf familielede wat op pad was na die basiskamp van die berg Everest toe ʼn aardbewing Nepal Saterdag getref en ʼn sneeustorting op Everest veroorsaak het.

“Ons het geen berigte oor hul veiligheid ontvang nie,” het Serina Rajakan aan News24 gesê. Haar 52-jarige pa, Raymond Rajakan, is saam met haar tiener-broer, haar neef en twee ooms na die berg toe. Hulle kom almal van Durban en het die reis saam met die Himalayan Social Journey-groep aangepak.

Die familie het die afgelope twee dae geen kontak met die vyf mans gehad nie. “Die laaste keer wat ons met hulle in verbinding was, was Donderdagaand en hulle het gesê hulle is op pad na ʼn area waar geen selfoonsein is nie. Volgens hul reisplan sou hulle Saterdag by Dingboche gewees het,” het sy gesê.

Rajakan het gesê sy het een van die beamptes van die Himalayan Social Journey gekontak en dat hy gesê het die groep is ongedeerd. Hy kon egter nie vasstel waar die groep hulle bevind nie.

Die Himalayan Social Journey kon nie onmiddellik vir kommentaar bereik word nie.

Die Rajakan-familie het intussen die departement van internasionale verhoudinge en samewerking gekontak. Clayson Monyela, woordvoerder van die departement, het bevestig dat hulle bewus is van die vermiste familie en het gesê die departement sal die land se hoë kommissariaat in Sri Lanka in kennis stel wat die owerhede in Nepal sal kontak om te help om die familie te vind.

“Die persone waarvan ons Saterdag in kennis gestel is, is almal opgespoor, maar ons gaan voort om die ander te soek,” het Monyela gesê.

Terwyl reddingspogings in Nepal steeds voortduur, word daar berig dat ongeveer 2200 mense in die ramp dood is.

News24

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

des jelliman ·

bull …… die belastlng betalers is di privaat donateurs

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.