JC Nel, Petro se man, het Donderdag gesê hulle het tot op hede nog niks nuus gehoor nie, maar is wel ingelig dat die weer in Nepal begin opklaar. Nel sou Donderdag na Nepal vertrek. “Ek vlieg vanaand en my twee seuns sal Saterdag vertrek. Ons hoop dat sy met ons aankoms opgespoor sal wees.”
JC het gesê talle mense het hulle op verskeie maniere ondersteun sedert sy vrou vermis geraak het. Petro het verlede Donderdag vermis geraak nadat die ligte vliegtuig waarin sy ʼn passasier was oor ʼn bergagtige gebied verdwyn het. Nel en ʼn Russiese vlieënier was die enigste insittendes in die vliegtuig toe dit vermis geraak het.
Nicolize van der Walt, woordvoerder van die DA, het Donderdag gesê die soektog fokus tans op ʼn baie spesifieke gebied in die woude, maar kan moontlik deur geloofsaktiwiteite geraak word. “Vandeesweek was die begin van ʼn nege dae lange Hindoe-geloofsgebeurtenis en dit kan moontlik ʼn geringe uitwerking op die soektog hê omdat sommige lede van die soekgeselskap aan die geloofsaktiwiteite sal deelneem,” het sy gesê.
Petro dien as DA-raadslid in die Matlosana-munisipaliteit in Noordwes. Sy is as die DA se adjunkleier in Noordwes verkies by die party se provinsiale kongres in Mei.
Ons gebede gaan uit na die familie.
Baie sterkte aan die familie, hoop sy word gevind.