Familie van vermoorde KZN-man gesoek

Erich Dorr. Foto: SAPD

Erich Dorr. Foto: SAPD

Die familie van Erich Dorr, ʼn 69-jarige man van Pinetown in KwaZulu-Natal, is nog nie opgespoor nadat sy liggaam Donderdag onder bosse buite sy huis gekry is nie.

Maj. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê Erich Dorr is omstreeks 15:30 in sy huis in Angusweg in Moseley Park deur twee verdagtes oorval. “Hy is doodgesteek en sy liggaam is buite onder bosse gekry. Twee selfone is gesteel. Dorr het glo alleen gebly,” het Zwane gesê.

ʼn 25-jarige verdagte is op dieselfde dag van die moord in hegtenis geneem, maar ʼn tweede verdagte is steeds soek.

Volgens Zwane kon die polisie nog nie daarin slaag om Dorr se familie op te spoor nie. “Ons doen ʼn beroep op enigiemand wat Dorr geken het of weet wie sy familie is om maj. Myrin Ogle by 082 556 8719 of Crime Stop by 08600 10111 te kontak.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Winston ·

Goedkoper om n mens dood te maak as om te werk om n selfoon te koop. Barbaars

Jo ·

Ja en nou hoor ek oor die 5uur RSG nuus hoe “geskok” is die anc oor die 9 mense wat in ‘n Amerikaanse kerk doodgeskiet is. Terwyl dit uiters tragies en hartseer is, wonder ek net hoekom die “geagte” anc nie net so geskok is oor die volksmoord wat in SA plaasvind nie? Of is dit dalk alles net deel van ‘n groter plan?

Debs ·

NOG ‘N MOORD …………. !!!!! NOG ‘N MOORD !!!!!! NOG ‘N ONSKULDIGE BEJAARDE !!!!!!

Danel ·

Stem saam! Ek weet j mag nie haat nie maar sulke mense haat ek!

anet ·

Ai tog net nog weer ‘n statistiek, so verskriklik hartseer, en niemand weet waar sy familie is nie. Dit breek my hart as ek hoor van bejaardes wat so eensaam en alleen bly en dan vermoor word vir die bietjie wat hulle nog oor het in die lewe.

Eliza-beth ·

Anet – ek stem so saam met jou! Dis vir my erg om te hoor familie ag mekaar nie meer nie. Bel niemand hom dan nooit nie en wonder hulle nie as hul wel doen oor waar hy is of hoekom hy nie antwoord nie? Dis vir my erg…Dit het al Donderdag gebeur – amper ‘n week gelede!

Se Maar Net ·

Jy weet ons het sogenaaamde wette!! Maar dit word nie toegepas nie.
Dit is hoekom daar so gemoor word. Hul kan hul kommer oor die moord in Amerika uitspreek soos Jo tereg se, maar hier word daagliks mense wreed vermoor. En dit is nie eens ‘n gedagte by hul nie. My vraag is wanneer gaan die sinnelose moorde stop? En nog beter wanneer gaan die wette toegepas word en uitgevoer word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.