Familie veg terug teen plaasaanvallers

Argieffoto

Argieffoto

Vier plaasaanvallers moes Woensdagaand met leë hande vlug nadat hulle ʼn familie op ʼn plaas buite Nelspruit in Mpumalanga oorval en die mense dadelik terugbaklei het.

Kapt. Dawie Pretorius, woordvoerder van die polisie, het gesê vier mans het die familie omstreeks 19:30 op ʼn plaas in die Brondal-gebied oorval terwyl hulle besig was om buite die huis te braai. Twee van die aanvallers het vuurwapens gehad en een van hulle het ʼn stok by hom gehad.

Volgens Pretorius het Adolf Botha (27) een van die rowers probeer oorrompel, maar is met die stok geslaan. Adolf se ouers het nader gehardloop om te help en is ook met die stok aangerand. Nog twee familielede was ook op die toneel.

“In hierdie stadium het [Adolf] die aanvaller met ʼn stoel geslaan en die aanvaller het op een van sy makkers geskree om te skiet. Een van die ander verdagtes het drie skote afgevuur, maar niemand is gewond nie,” het Pretorius gesê. Hy het gesê Adolf is daarna in die huis in om ʼn haelgeweer te kry en het op die aanvallers geskiet. Weereens is niemand gewond nie.

Die aanvallers het met leë hande op die vlug geslaan. “Ek dink nie hulle het verwag dat die slagoffers hulle só sou teësit nie,” het Pretorius gesê.

Albert Gryvenstein, die operasionele bestuurder van Bossies Community Justice wat op die toneel was, het aan Maroela Media gesê die aanvallers se spore is gevolg tot waar dit by ʼn teerpad geëindig het. Volgens Gryvenstein moes Adolf se pa na ʼn hospitaal geneem word nadat hy met die stok aangerand is. Hy kon nie die aard van die man se beserings bevestig nie, maar het gesê hy verneem hy is nie ernstig beseer nie.

Pretorius het gesê die polisie ondersoek ʼn saak van poging tot roof. Niemand is nog in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

58 Kommentare

Dirk ·

Boere spirit. ONS SAL VEG TOT DIE EINDE. JY SAL NIE ONS GROND EN EINDOM NET KOM VAT NIE.

DPJ ·

Terroriste maak van onverwagsheid gebruik maar weet nie om dit te handteer as hulle onverwags aan geval word nie en slaan voet in die wind. Lafaards!

Gerrit ·

Lekker!!! Ek wens meer mense kan so goed daarvan afkom.
Adolf jou yster!!!!!!

Jakalas ·

Hulle was baie braaf gewees om die aanvallers so af te veg. Was ook ‘n baie groot risiko wat hulle daar gevat het. Dit kon lelik op geeindig het. Dank Vader daar was geen erensige beseerings nie. Ek dink nie daai rowers sal enige tyd gou weer by daai plaas ‘n draai kom maak nie.

Chrisjan ·

Die risiko word groter as almal vasgebind is wena sit die strykyster aan.

al ·

pragtig! dank die Vader! Die ANC Jeugliga Maine maak weer rassistiese uitsprake dat ons wittes is kwaad omdat ons nie bevoordeel word deur die nucleardeal van Eskom. Nietemin sekere rassistiese uitsprake so jaar terug hul maak om wittes aan te val is te wag tot wittes braai en vol brandewyn is dan slaan hul toe. Sterkte aan die gesin.

Robert ·

Word daar ooit iets gedoen omtent die rassistiwse aanmerkings teen die wittes?

al ·

Daar was niks gedoen nie. Dit was onder news 24 se fb kommentaarblad. Zuma moet ook vasgevat word sy uitsprake raak nou al meer rasgebaseer soos dat die ekonomie nog in die hand van die wittes is.

Netekke ·

Maar het julle dan nou nie geweet nie…….. Net blankes is rassisties. Anders kleuriges is nie……… Belaglik maar ongelukkig is dit waar, hulle en die regering mag sê wat hulle wil, ons mag niks terug sê nie dan is ons rassiste……..

DW ·

Hulle moet vir aanranding en poging tot moord ook mos aangekla word of hoe dan? Wys net hoe maklik is dit om n krimineel te wees in SA

GES ·

Knap gedaan. Die boosdoeners moet 3x dink voor hulle weer so iets waag. Sterkte en wees altyd paraat.

steve ·

Poging tot wat???? Hoe weet Wie wat die perps se planne was?????? Is daar op die slagoffers geskiet??? Ja… Dan is dit pogong tot moord… Iemand Moet aan my Verduidelik waar kom die klagte vandaan want daar was n aanval, aanrading, poging tot moord en daarna het hul gevlug… Sover Ek hier lees was daar geen poging om enige iets Te vat terwyl die slagoffers aangehou is nie want op Geen tydperk is hul onder dwang geplaas nie… Ek is Bly die SAPS Kan die minds van die perps lees sonder dat hul daar is nie…

Grassie ·

Steve – die polisie besluit nie waarvoor die aanvallers uiteindelik aangekla gaan word nie. Hulle maak ‘n dossier oop met ‘n aanklag wat so min of meer strook met die omstandighede van die voorval. Wanneer die ondersoek afgehandel is gaan die staatsaanklaer die getuienis na en besluit dan wat die klagtes gaan wees. ‘n Mens kan sekerlik nie verwag dat veral die jonger polisiemanne genoeg regskennis moet hê om dadelik die regte klagtes te kan formuleer nie.

ekke ·

Ons almal weet daar gaan niks van kom nie, so hoekom verder spekuleer daaroor

Dries ·

Ja Steve, ek moet tog een kry wat besig is om my eiendom t steel en dan n vuurwapen op hom rig en skote skiet. Dan kry ek watse klag teen my?? En dan is daar steeds mense wat vertroue in ons regstelsel het????

Dries ·

Grassie hoeveel ander berigte lees ons waar die aanvallers ook mense barbaara verrinneweer het en op hulle geskiet het wat hulle wel gevang word en die klagte bly roof

CJ ·

So as hulle by jou kom aanklop vir koffie en koekies met ‘n stok en paar wapens moet jy tog net vir ons sê na die tyd of julle lekker gekuier het.

Bokkie ·

Fantasties!!! Hulle is lafaards en kom altyd in n tros. Val dadelik aan en veg tot die bitter einde. Dis wat ek ook gedoen toe ek half vier in die oggend aangeval is. Hardloop dan soos lafaards weg as hulle met eie munt terugbetaal word.
Mooi man mooi. Die Vierkleur sal weer wapper.!!!

tom ·

Of jy braai of toilet toe gaan dra jou wapen wees wakker hulle die aanvallers is lafaards

Petro ·

Watse wapen Tom? Meeste van ons besit nie n wapen nie omdat mens nie n lisensie kry vir die ding nie .En sou ek dit onwettig gebruik is tronkstraf my voorland!!

Chris Ws ·

Petro jy is ver verkeerd.Mens kry nog lisensies vir vuurwapens.My skoonseun het vir my dogter ‘n 6 skoot pomp aksie Maverick haelgeweer gekoop.Syt haar lisensie 2 weke terug gekry en spog nou met ‘n mooi yster by haar.Sy wag nou vir haar rewolwer lisensie maar dis mos nou krismis . . . .Skoonseun se 30-06 lisensie is al goedgekeur nou wag hy vir sy kaartjie om te kom.Seker eers volgende jaar!Kry vir jou ‘n vuurwapen maar maak eers seker jy kry hom hanteer VOOR jy besluit of dit ‘n pistool of rewolwer moet wees en moenie kleiner as 9mm/38Special koop nie al se wie vir jou wat.Sterkte!

Sê maar net ·

Wys jou net, kom altyd met wapens.. Die sleg goed moet sonder wapens kom dat hulle gewys kan word wat is wat. Dis die ding, hulle genruik wapens want hulle weet hulle is niks sonder wapens nie….. Mooi so julle!!!!!! Trots dat julle terugbakeli het en dat niemand seergekry het nie

Bolander ·

Dit is goed om dit te lees. Ons moet almal ten alle tye wakker loop. Hierdie duiwels gaan ons nie so maklik onder kry nie. Wys hulle, ons sal almal saam staan!!!!! En dan het ons nog vir Pappa Vader aan ons kant, waar wil jy beter kry!!!!!!!!!!!!!!!!!

Johanna ·

Dit kan nie net poging to Roof wees nie – hulle het gegaan om te moor en dan te roof.

Gerry ·

Gelukkig hierdie keer… Hou maar altyd daai vuurwapens byderhand!!
En skaf wakker agressiewe honde aan om vooraf te waarsku, en te help verdedig

jennefer ·

Boere kan nie meer in helder verligte areas braai nie, en hou die honde en vuurwapen byderhand.

Lance ·

Belangrik is om altyd jou eie wapen byderhand te he ….moet nie dink jy gaan tyd he om eers jou kluis ooptesluit en jou wapen te laai nie ….dis te laat dan !

goga ·

Boere moet maar braai met vuurwapens aan die sy..hulle het geen genade vir ons boere nie..so geen genade vir hulle nie

AbelKNabeL ·

Adolf, hoe kan jy mis geskiet met ‘n haargeweer?
Daai geweer mis nie maklik nie of was hulle net buite bereik afstand van die koeels gewees?
Welgedaan boere, ons sal terugveg tot die dood toe…

Tommi ·

Ons sal moet saamstaan tot die einde en die lafaards oorwin.

Johan Pretorius ·

Ek wonder of dit nie dieselfde aanvallers was wat op Mnr du Preez se plaas verkenning gedoen het toe hulle op die CCTV Kamera’s gesien is nie. Sy plaas sit mos tussen Hazyview en Witrivier?? Plekke sit mos naby aanmekaar.

oumie ·

Wow stunning artikel so trots om n wit Boer te wees mag ons almal met GOD aan ons kan hul in eie munt terug betaal ag ek so bly Jul is ongedeurd mag ons almal n les hier leer al wat ek wil weet waar shop hul vir gewere ek kan doen met een

Buks Barnard ·

‘n Familie is almal wat aan mekaar verwant is, insluitende oumas, oupas, agterkleinneefs, ooms, tantes, oupagrootjies, die lot. Waarmee ons in hierdie storie te doen het, is blykbaar eerder ‘n GESIN.

Retha ·

Mens lees deesdae al hoe meer van mense wat aanvalle oorleef het omdat hulle terug baklei het. Hulle sal klippe kou as hulle by ons probeer inkom. Ek, my man en kind is fighters. Swaarigheid vir die skelms…

tamboti ·

Mandie jou kommentaar oor brandewyn drinkers is erg onvanpas en heeltemal verkeerd. Baie mense, boere gesinne inkluis, word in die middel van die nag, dag vroeg oggend en enige tyd aangeval en dit het niks met drink of on-paraatheid te doen nie, ek kan maar net se sies vir jou.
En ook sies vir die SAP en almal wat hul probeer verdedig, na net 6 maande van opleiding behoort enige SAP lid die verskil tussen roof, moord, diefstal, annranding gewoon of ernstig, of poging daartoe te ken – in elk geval die lid wat die klagte besoek behoort alreeds meer ondervinding te he as ‘n nuwe lid. Dit wys net op totale onwilligheid en onbekwaamheid van die SAP om die misdaad probleem in die algemeen te beveg.

Tammy ·

Uitstekend! Hoop die klomp gemors vlug tot vandag toe nog. Hulle moet hardloop tot hulle neerval. Adolf, jy is n dapper jongman. Mooi so . Veg terug. Ek is seker julle het waardevolle ondervinding opgedoen. Nou gaan hulle baie baie sleg tweede kom as hulle dit weer sou waag.

VICKI ·

Ja dis reg dit is al wat ons gaan red om terug te baklei want hulle is nie bang nie hulle moet 2 keer dink voor hulle iemand aanval hulle moet bang wees.

Tammy ·

Henning ek hoop nie ek is verkeerd nie, maar ek lees tussen die lyne met n groot glimlag!!!!

Johan ·

Die boere gaan hulle self op militere basis moet begin beskerm….gewapende wagte met R1 gewere….soos ons die renosters beskerm gaan ons die boere ook moet beskerm…….ek weet wat se lewe is dit dan…..maar die skelms gaan nie ophou as hulle dit nie self voel nie…..die polisie gaan hulle nie beskerm nie……

nickey ·

Boere op plase moet n gewoonte daarvan maak om te alle tye hulle wapens aan hul lywe te dra,,,,,,,, DIE VROUENS OOK.

MOOI SO JULLE HET HULLE OP GEDONS!!!!!!!!

Gys ·

Ons gaan maar moet braai met die bullet proof aan en 9mm aan die sy. Wel gedaan. Ek is net bly die plaas mense het nie seer gekry nie. Bere maar die skatter gun langs die braai volgende keer.

vytjie ·

ADOLF U verdien om geprys te word. EK is ‘n nie- blanke, Maar ek staan vir dit wat reg is. DIT WAS REG!!!!

F Roodt ·

Polisie ondersoek saak van pogong tot roof. My vraag is, wat van onwettigge betreding van eiendom en poging tot moord vir skote wat afgevuur was

Johan Bester ·

Baie mooi dank die Here dat Hy julle krag gegee het en bewaar het.Stem saam ons moet parraat wees en ons wapens by ons dra.Ons mag dit doen dit is ons reg.Dit is tyd dat ons God soek soos by Bloedrivier en Hy sal ons nie begewe nie.

CHRISTA ·

Dis reg! Ons moet ons man staan en terugveg, soos my kommentaar bevestig wat ek op die Pretoria-aanval gelewer het, maar Maroela wou dit nie plaas nie!!!

treurgrond ·

Vat so julle inbrekers – ek is so trots op julle dat julle hulle aangevat het. Weereens VAT SO INBREKERS.

Neilia ·

N roof saak ? WEER EENS N POGING TOT ROOF ? RERIG ? SO JY DAAG MET N GEWEER OP N PLAAS OP OM TE ROOF. EK sou se dis poging tot moord . Imbisiele wat roof ondersoek as daai satan dan gese het hulle moet skiet . So ek verstaan nie lekker waneer is dit moord en waneer roof.

Dave ·

Sal soos in die wilde weste moet leef geweer aan die heup teen alle tye.

Chris Ws ·

Ons leef reeds so Dave.Ons bly op ‘n plaas-pensioenarisse ek en my vrou.Ek wens net ek kon blanke mense aan hul nekke vat en wakker skud want wragtig die blanke mensdom is vas aan die slaap in die land!Lyk my almal dink die aanvalle is ‘n grap of feetjie verhaal.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.