Familie verheug oor vonnis van twee bendelede

(Argieffoto)

Die familie van Lorette Rubain (40) wat in 2019 in Elsiesrivier in die Wes-Kaap vermoor is, het die vonnis van haar twee moordenaars verwelkom. Dié twee mans is glo deel van ʼn welbekende bendegroep in die dorp.

Johan Goliath (37) en Jonathan Solomons (32) is Dinsdag in die Bellville-handelshof tot onderskeidelik sewe jaar en 25 jaar direkte tronkstraf gevonnis. Hulle is Vrydag skuldig bevind op aanklag van moord.

Kapt. FC van Wyk, woordvoerder van die polisie, sê Rubain se liggaam is op 19 Julie 2019 omstreeks 16:50 in haar kamer in die Springbok Place-woonstelblok in Balvinie-weg in Elsiesrivier gevind.

“Daar was ʼn klop aan haar voordeur en toe sy die deur oopgemaak het, is sy twee keer in die bors geskiet. Sy is op die toneel dood,” vertel Van Wyk.

Rubain se seun het na die voordeur gehardloop en die twee verdagtes by die deur herken as bendelede van ʼn bekende bendegroep in die dorp.

Daar was geen ander ooggetuies op die toneel nie. Die polisie se teenbende-eenheid het die ondersoek gelei.

“Vanweë die vinnige en effektiewe ondersoekmetodes en die opdrag van informante is Goliath etlike dae ná die moord in hegtenis geneem. ʼn Paar dae later is Solomons vasgetrek.”

Die twee het op 24 Julie 2019 in die Goodwood-landdroshof verskyn en hul borgtogaansoeke is geweier. Die saak is na die Bellville-handelshof oorgeplaas vir die verhoor en vonnisoplegging.

Genl.maj. Thembesile Patekile, waarnemende provinsiale polisiekommissaris in die Wes-Kaap, het die ondersoekspan geloof vir hul toewyding om die verdagtes so vinnig op te spoor en vas te trek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

4 Kommentare

jongste oudste gewildste
Herpiet

Vonisse goed en wel. Hulle sal nie langer as 7 jaar sit voordat parool goedgekeur word nie. Janus waluz sal 100 jaar sit sonder parool. Geen vertroue in die regstelsel

quartus

Ek twyfel dat die saak in die “handelshof” verhoor is.

Thea

7 jaar vir moord, 25 jaar vir moord…. Net in SA!!

Magda G

Hoekom kan die doodstraf nie teruggebring woord nie. Janus Waluz kry nie borg nie en hy sit al jare in die tronk. Ons regstelsel is regtig pateties